Verbrands

November 30, 2010 in Sonder kategorie

Kort nadat ek my splinternuwe tweedehandse bakkie by ‘n car rental plek gekoop het, toe het sy ‘n klep gebrand wat ek moes laat regmaak. Dit blyk toe ‘n algemene kwaal van daardie enjins te wees, en 60 000km’s later toe is dit weer so. Ek troos my toe maar daaraan dat ander ouens met meer eksotiese voertuie in elk geval normaalweg vir ‘n diens betaal wat dit my kos om die fout op my ou-tegnologie bakkie te herstel.

 

Die enjin herbouer het dit goedgedink om sommer al die kleppe vervang. Ek het besluit ek sal waarde vir geld uit hierdie bakkie van my kry, kom wat wil. Dus gebruik ek nou my kleppe om my grondseil in die grond vas te slaan as ek kamp.

 

Jy’t nie ‘n idee hoeveel bevrediging ek daaruit kry om telkens daai kleppe in die grond vas te moker met die hamer nie!

 

 

 

 

 

 

 

10 antwoorde op Verbrands

  1. zephur het gesê op November 30, 2010

    Hahahaha ja boer maak ‘n plan

    en vind ander gebruik vir goed wat rondlê in die garage

  2. Jis dis nou slim tentpenne!

  3. Moker hulle.

  4. My raai: swak materiaal. As jy ‘n 3 liter V6 van 1966 vintage ombou in ‘n 3.4 liter en jy beveel loodvrye petrol aan terwyl jou valve seats van te sagte materiaal is (soos van 1966 af)dan gebeur dit. Voeg daarby dat die viscous fan eers inskop as die naald in die rooi is. Vreemd net dat dit tipies die #3 klep is wat brand by hierdie enjins, alhoewel ek ook ‘n #1 klep gebrand het.

  5. jannel1 het gesê op November 30, 2010

    Daar is ‘n grênd sielkundige naam vir jou toestand…wag… O ja!

    Kleptomanie!

  6. pgjonker het gesê op Desember 2, 2010

    Klep, klep?
    Wie’s daar?
    Ford?
    Ford wie?
    Ag, For de love of me… nog ‘n klep gebrand.

  7. pgjonker het gesê op Desember 2, 2010

    Die lekker deel is om hulle te moker.

  8. Kan glo!

    🙂

  9. pgjonker het gesê op Desember 2, 2010

    Yup, carburettor model. In my geval ‘n #3 klep en daarna ‘n#1 klep gebrand. Daarna ge-dyna tune en 80 000km later nog nie weer gepla nie. Maar daai enjin het tipies blykbaar sy #3 klep gebrand. SAC het die dyna tune gedoen en my vertel hulle is bewus van die probleem, maar hulle kliënte kom nie weer terug met die probleem na dyna-tune nie. In my geval, addisioneel daartoe, is al my valve seats vervang – hopelik met die meer moderne verharde seats, wat ook moet help om die probleem op te los.

  10. Faansie, dis nou ‘n reaksie op ‘n baaaie ou kommentaar van jou, maar ek het nou toevallig op inligting afgekom wat min of meer verduidelik wat die probleem is: http://www.africanmusclecars.com/forum/viewtopic.php?f=5&t=361: “The 3.4 uprated engine (SA development) was in fact a failure. Ford SA experienced many problems with these engines and the cam/head setup was a dissaster. They eventually recommended a change to the cam and mods to the heads……”

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.