ORFF

November 29, 2010 in Sonder kategorie

Vanaand het ek my graad 2 seun se ORFF konsert bygewoon.  Weet nie mooi waarvoor dit staan nie, maar dis soortvan ‘n zooped up slagorkes, met ‘n woonhuis vol xillofone en so om dinge bietjie aan te help.
 
Die juffrou in beheer verstaan duidelik van kindertjies.  Wanneer die spannetjie op die verhoog staan, dan lat sy hulle eers gou almal vir hulle se ma’s en pa’s waai om dit net eers uit hul gestel uit te kry dat hulle kan aangaan met die besigheid van musiek maak.
 
O ja, daar is ‘n paar blokfluite ook in die prentjie.   Ek het altyd gewonder hoekom mense hoekom blokfluit baasraak.  Ek meen nou maar, het jy nou al ooit ‘n blokfluit in ‘n orkes gesien speel?  Enige orkes.  Behalwe nou by die eistedfodd.  Mmmm…?   Nee.
 
Die wysheid van blokfluit is egter as volg deur bro’ Johnie aan my verduidelik.
 
Blokfluit leer die kind die basics van musiek.  Ook kom jy agter of hy enigsins ‘n aanleg het en of hy hou daarvan, teen ‘n geringe kapitale uitleg.  Jy kan verskeie blokfluite koop vir die prys van een klavier, byvoorbeeld.
 
Dan, as dit blyk dat musiek nie eintlik die bloedjie se ding is nie, dan kan jy darem agterna met die blokfluit borrels blaas in die bad.  Die klavier, daarenteen, sukkel vreeslik om by die badkamerdeur in te gaan.
 
Maak eintlik sin, né.  Party mense is net so slim.
 

2 antwoorde op ORFF

  1. My dogter is tans in graad 3, Stellenbosch Waldorf Skool. Daar neem die hele klas ook blokfluit. Ek dink dit het al in graad 1 begin. Dit net so ‘n vak soos enige ander – almal neem dit. Ek hou nogal baie van daardie idee.

  2. Miskien moet jy voorstel dat hulle ‘n spesiale borrelblaas okkasie hou aan die einde van die jaar? Veral vir die wie nie die blokfluit kon baasraak nie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.