Are you ready, Steve?

Oktober 7, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil nog eendag in ‘n band speel. Dit hoef net eenkeer te wees. Maar ek wil die ou wees wat in die mikrofoon sing. En daar moet ‘n ou in die band wees wie se naam Steve is. Dan wil ek so oor my skouer kan roep: “Are you ready, Steve?”

Hier in die sewentigjare het my broer ‘n langspeelplaat gehad waarop hierdie song was wat so begin het. Ek kan nie eintlik die song onthou nie, net hierdie intro. Dit het my gefassineer. Die leier van die band skrou daar vir Steve om te hoor of hy gereed is. Steve is nie ‘n man van baie praat nie. Hy praat niks terug nie (amper soos Koeloe, maar dis volgende keer se storie). Dan die nexte ding dan kom die musiek met ‘n groot kabaal aan die gang.

Dis vir my een van daai ikoniese momente, man.  Amper soos Clint Eastwood se “C’mon, make my day,” in die fliek Sudden Impact.  Of Clark Gable se “Frankly my dear, I don’t give a damn,”  in Gone with the Wind.  Ek soek natuurlik nog vir die gepasde geleentheid om self hierdie twee frases ook aan te wend, maar ek is maar ‘n bietjie versigtig, jy verstaan. 

Anyway, terug by Steve:  ek was te jonk om te weet wie die band was. My broer was 5 jaar ouer (hy’s eintlik nou nog 5 jaar ouer as ek, noudat ek daaraan dink) en bietjie van ‘n musiek nut. Hy sê my dit was een van daai ou Sprinbok Hits, of dit was dalk die real Mccoy, ‘n LP van The Sweet. Ballroom Blitz, was die song se naam blykbaar.

 

 

Ek het lanklaas van Steve gehoor. Ek dink dis nou weer tyd vir bietjie inspirasie.

PGJ

 

6 antwoorde op Are you ready, Steve?

  1. Neander het gesê op Oktober 7, 2010

    Jip, Ballroom Blitz. Ready Steve, Andy, Mick, all right fellas!! Boem boem boem!!

    Ek hou van.
    Gewonder wanneer gaan iemand ietsie daaroor skryf.
    Die hoop beskaam nooit.

  2. zephur het gesê op Oktober 7, 2010

    Eendag as ons groot is…

  3. Izakdv het gesê op Oktober 7, 2010

    A one, two
    A one, two
    A one, two, three, four, take it away!

  4. Ek onthou daarvan! ook so vaagweg. Ballroom Blitz sou ek nie self mee kon opkom nie, maar dit klink reggerig

  5. Sal you-tube moet besoek, want waar anders luister mens so lekker na al daardie ou goed

  6. Lekker pittig PG. Voor die band wegtrek is daar natuurlik eers die sound check met die onvermydelike, oorverdowende kringfluit. ‘OK, sorry,’ sê die sound ou daar van agter die konsole af. En die ou by die Mike, wat Steve kan wees, sê dan in die mike: ‘Testing ONE, TWO!’ Dit moet in Engels gedoen word. Of jy nou sakkie-sakkie by ‘n bokjol speel en daar nie ‘n Engelsprekende in ‘n radius van 500km is nie, maak nie saak nie, want met die soundcheck maak jy jou eerste geluide in die venue en jy moet klink of jy nie van hier is nie. Dit gee die indruk van geseisoeneerdheid. Anyway, ek dink Steve vaar goed. Op verskeie gebiede. Is hy nie die ou wat ‘n spruit op elke dorp verwek nie? Die vraag: ‘Are you ready Steve’, is bietjie retories. Hy is altyd fokken ready. Steve was born ready!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.