Litnet blogs 101 veral vir Maryna

Augustus 16, 2012 in Sonder kategorie

‘n Blog is maar net dieselfde as ‘n muur waarop iemand graffiti skryf.

Dis daar vir almal om te sien, en elke ander maat van Jan Rap kan ook sy stukkie twak daar loop skryf.

Heelwaarskynlik maak dit van elke blogger ‘n gek en ‘n dwaas, maar ons hou aan om op die kubermuur te skryf.

Noodwendig gaan hier ‘n groot verskeidenheid skryfsels verskyn.

Nature of the beast.

Wanneer mens iets op jou blog plaas is dit in die openbare domein, op Litnetblogs is daar ook spesiaal terugvoer geleentheid – sterre gradering en ook kommentaar.

Natuurlik gaan mense allerhande kommentaar kry, hoe meer omstrede en hoe belagliker, hoe meer kommentaar.

Die internet is by uitstek die plek waar con artists, malles en aanhangers van allerhande splintergedagtes uithang en skryf, internet gebruikers moet maar hulle bullshitfilters aanskakel. Nie net tov blogs nie, maar veral gevaarliker op epos waar phishing en die Nigeriese “jy het geld gewen” slenters algemeen is. Ditto allerhande kettingbriewe.

Hier by die blogs het ons so bietjie Chinese spam, ek praat nou nie van Francois se anargistiese skrywes nie, maar van Ching Tjong Chai wat gereeld aan ons klere wil verkoop.

Ek beweer ook nou nie dat alle bloggers bedrieërs is nie, veral nie heaven forbid, litnet se bloggers nie, maar helaas daar is altyd uitsonderings né Maryna.

Ek het altyd waardering vir ‘n eerlike interressante blogpos. Al stem ek nie eintlik saam met wat die persoon sê nie.

Natuurlik gaan ek vir mense skryf dat hulle twak praat wanneer hulle dit doen, en mense skryf greeld die grootste twak denkbaar op die blogs, en dit is hier waar sekeres gereeld alle perspektief verloor en die kluts heeltemal kwyt raak.

Dis nog okay, Anha en FW se histeriese geswets kan nog gaan.

Dit is wanneer mense prontuit begin lieg en konkel wat ek my moer strip en geniepsig raak. Verstaan jy tannie Frannie ?

Ek het nie tyd vir ‘n agteraf oneerlike doos nie.

Ek is nie so seker dat mens iemand wat bloot van jou verskil, of as jy allerhande nonsens skryf, dit vir jou uitwys, as ‘n trol behoort te beskou nie. Sommiges se definisie is wel so wyd. Myne nie. As iemand uiters omstrede stellings of totaal onkundige twak op sy blog skryf, dan sal ek die gepaste kommentaar daar skryf  byvoorbeeld:

1. plastiekarmbandjies maak skete gesond.

2. kwarts kristalletjies het toorkrag

3. Ruimtemannetjies het die piramides gebou

4. Vorster het Verwoerd laat vermoor

ensovoorts

O ja en as jy prontuit lieg soos Maryna sal ek dit uitwys.

Al vee sy al my kommentaar voor die voet uit. Sy bly ‘n infame leunaar.

Watter land het die beste gedoen by die Olimpiese spele

Augustus 14, 2012 in Sonder kategorie

Soos altyd het die VSA span met ‘n groot gros medaljes huistoe gegaan, 104 medaljes met 46 goud. Alles baie mooi, maar hoe goed is dit regtig ?

Hulle bevolking is 314 miljoen, so per kapita is dit een medalje per 3 miljoen mense.

China wat meer as 1000 miljoen mense het, het 88 medaljes gekry. Dit is een medalje per 15 miljoen mense. Nie te waffers nie.

Engeland, oftewel Brittanje, het die derde meeste medaljes gewen, 65, maar hulle bevolking is 62 miljoen, so dit is een medalje per 950 000 mense.

Brittanje het dus eintlik beter gedoen as die VSA en China.

Hoe het Suid Afrika gevaar? 6 medaljes, ons het 50 miljoen mense, so een medalje per 8 miljoen of so. Swakker as die VSA maar darem beter as China.

En wie is die “wenners” ?

Die klein eilandjie Grenada. Bevolking 105 000. Een medalje, goud. Een medalje per 105 000 mense.

Een goue medalje in ‘n wedren waarin RSA ook deelgeneem het.

Kirani James (19)  het die 400 meter naelloop gewen, en frokkies met Oscar Pistorius geruil.

Grenada , los hande die mees sportiewe land op aarde !!!

kirani james

Die 3 podiumplekke gaan aan :

Goud – Grenada  1 medalje ( goud) per 105 duisend siele.

Silwer – Jamaica  een medalje per 225 duisend    (12 medaljes waarvan 4 goud)

Brons – Nieu Zeeland  – een medalje per 314 duisend mense.      ( 13 medaljes met 6 goud)

Die Haaie

Augustus 5, 2012 in Sonder kategorie

Van die Sharks het miskien oorsee gaan pakslae kry, maar die regtes was onder die see op die Suidkus. Toe ons later die oggend aan wal kom, was ek bly ek het liewer onder die water gaan kyk hoe speel die haaie.

‘n Vriendin, Raffa, het die fotos geneem. Dis Swarttiphaaie (Carcharhinus Limbatus), nie eintlik gevaarlik nie. Een donkerhaai het ook opgedaag, maar hy wou nie bly nie.

Die Hengelaars

Julie 2, 2012 in Sonder kategorie

Die Amerikaanse naam “Frog fish” is erg verwarrend. Veral as mens dit direk vertaal. ‘n paddavissie is tog maar net ‘n padda voor hy ‘n padda is, en geen vis nie. Daarom is die Australiese benaming “Angler fish” baie beter.

“Hengelaar” hier by ons, familie Antennariidae. As jy nie versigtig gaan soek in water warmer as 20 C nie, gaan jy nie ene te siene kry nie. Daarom plaas ek maar die foto wat Tienks laasweek in Mosambiek met die nuwe  kamera geneem het.

Frog fish

Uitstekende kamoeflering, hy smelt perfek saam met die sagte koraal vanwaar hy vir sy prooi lê en wag.

 

Laaste winter skoolvakansie vir Tienks, mens moet die geleentheid benut. Van die niggies was ook saam en het dit ook in die water gewaag. Ons was op die regte plek daarvoor.

 

Op pad terug het ek nie eintlik genoeg aandag gegee aan padtekens nie, spesifiek die “ry 60” bordjies nie. Daarom het Mosambiek se ekonomie ‘n ekstra hupstootjie gekry, uit my beursie uit. Die spietkops het seer sekerlik baie bier gekoop met my geld, en die kroeg eienaar het sekerlik die geld weer verder aangewend ens.

 

Paindane se  riwwe is baie mooi, so ons kyk liewer na nog fotos eerder as om verder te worry oor gedane sake op die pad.

 

duik

 

 

Op pad rif toe.

 

coral garden

 

 

Onderwatertuin

 

 

klipvis

 

Vir hierdie kalant moet jy pasop !!!

 

Moenie aan hom raak nie.

Cancun

Junie 21, 2012 in Sonder kategorie

Alberto en ek is nou goeie maats.

Hy het my alles vertel van hulle ondersese monument in Cancun.

Volkswagen borg die volgende werk, ‘n kewer in sement gegiet wat hulle ook daar gaan plant.

Hy reken al die sement beelde en goed is eintlik nie so swak idee nie, want daar is mal donners wat oor dit wil rond snorkel.

Dan as dit by die eintlike koraalriwwe kom is die mense al klaar koud en die stupid beelde bewaar inderwaarheid die riwwe, wat die 2de grootste koraal stelsel is na die Great Barrier van Oz. Die mense is meer op die beelde as die rif.. en dis goed vir die rif.

Ek wou ‘n foto neem van Alberto se vrou. Sy is 54. Ek het nie. Hel, sy het ‘n stel bene aan haar.

Goeie gene, maar ek het ook besef dat ons liewe boere tannies geheel en al GEEN verskoning het nie… want sy het na 3 kinders nie in ‘n seekoei verander nie, maar is steeds pure gazelle.. en sy is ook die hoof van ‘n taal departement en praat 6 tale vlot !!!

Winter !

Junie 11, 2012 in Sonder kategorie

Hoe koud is die windjie en al daai.

Selfs in Maun, wat ver in die Noorde is, laasjaar was net so verdomp koud op die Okavango. Gisteroggend was die windjie nogal snerpend koud daar.

Toe jaag ek maar terug. Vanoggend net na 6 was dit minus 1 so paar km aan die Potgietersrus kant van die Limpopo. Ek wonder of Kobus weet die kafee by Kwanokeng het ‘n moerse Wiesenhof koffie tentoonstelling, fles , “branding” en alles, maar as jy kwart voor ses daar koffie soek terwyl jy vir die grenshek wag, dan is daar net Ricoffy. Hel !

Ten minste het Menlyn se Newscafe vinnige internet en okay koffie.

Maar die son bak darem nie te sleg nie.

Een oog is koning ( uiters pornografiese prente van beroemde mense)

Mei 23, 2012 in Sonder kategorie

Nog steeds in die land van die blindes.

Omdat Petrus so kranige branderry entoesias is het Brett Murray spesiaal sy portret op ‘n surfboard geverf.

Hiermee vertoon ek dan graag die XXXrated poronografie aan julle, ek weet die kuise dames wat spontaan pornografie op hulle google soektogte kry sal glad nie uit nuuskierigheid op hierdie blog kom loer nie.

Julle is gewaarsku.

‘n Bottel whisky vir die eerste een wat kan sê watter portret myne is:

Bart

Skiettragedie

Mei 22, 2012 in Sonder kategorie

Op Facebook is daar nou mense wat algemene misdadigheid in die land verantwoordelik hou vir die dood  van Edi Boshoff (8) nadat haar pa haar per ongeluk deur ‘n toe deur geskiet het.

Mense blameer die regering, die SAP, misdadigers ens.

Natuurlik is ons ontevrede met misdaad en swak regering. In baie dorpe doen die SAP ook swak werk, maar in my dorp is hulle heeltemal redelik sover dit algemene misdaadbestryding en diens betref. Perlemoensmokkel is weer iets anders, maar ek wil nie nou daaroor skryf nie.

Hier gaan dit oor “gun control”.  Ek besit nie self ‘n vuurwapen nie, en beskou dit ook nie soos daai belaglike Amanda Gouws in Stellenbosch as ‘n falliese simbool nie. As dit nie so helse beslommernis was nie, het ek dalk wel ‘n vuurwapen of twee besit.

Nietemin, myns insiens is die ware definisie van “gun control” : “the ability to hit your target”

Dit is my punt.

‘n Vuurwapen is ‘n verantwoordelikheid en moet reg hanteer word, die dag wat jy een in besit neem is daardie verantwoordelikheid joune.

As jy dit uithaal en rig moet jy bereid wees om jou teiken te skiet.

Teiken is belangrik, as jy skiet moet jy ‘n teiken in die visier hê. Anders skiet jy nie. Klaar !

Julle onthou seker nog die geval van rugbyspeler Rudi Visagie, wat ook in die nag skote in die algemene rigting van geraas geskiet het, en ook sy dogter dood geskiet het. Soorgelyk aan die tragiese Boshoff geval.

Om jou eie kind per ongeluk dood te skiet is sekerlik een van die ergste goed wat mens kan oorkom, ‘n swaarder straf as om met daardie selfverwyt saam te moet leef kan mens jouself nie indink nie.

Ek bly die bliksem in vir mense wat vuurwapens het en dan “skietongelukke” maak.

Daar is geen verskonings nie.

‘n Mens moenie die 2 verskillende sake verwar nie. Misdaad is een. Die regte gebruik van vuurwapens is ‘n ander.

Jy skiet eenvoudig nie blindelings skote af as jy nie duidelik sien waarna jy skiet nie.

Geraas agter ‘n deur is NIE ‘n teiken nie.

Ek voel verskriklik jammer vir die pa, maar hy het ‘n basiese reël verbreek.

Ja, ek weet hoe dit voel as daar mense rondom jou huis rondsluip…. en by die venster probeer inklim. Sien ek het nie heinings, diefwerings en sulke goed nie. Vensters is oop. Laat Sondagaand hoor ek die geraas hier agter iewers. Gaan kyk in die kombuis. geblaaste buislig, kyk in die toilet.. hoekom staan die venstertjie op sy grootste oop, kan nie dink dit was ek nie. Kom in die kamer en hier is ‘n bliksemse hand wat deur die gordyn kom. Ruk die gordyn weg, vloek die gesig, storm vir knopkierie en flits. Die sluiper(s) laat spaander. Het nie die SAP laat kom nie, die buurman agter en ek het met helder flitse om en om gestap, die sluipers was weg.  Na die tyd voel ek aan my agterdeur, en soos ek eintlik weet was dit nie gesluit nie, darem beter as die kere wat ek in die oggend gaan koffie maak en sien die deur staan nog wawyd oop.

Jammin vir Kerneels en die djuffrouens.

Mei 11, 2012 in Sonder kategorie

Al ons liewe onderwyseres vriendinne op die blogs, asook hulle kollegas wat nie hier teenwoordig is nie, gaan geweldig baat vind by vandag se blog. Dis nou as julle oorgaan tot aksie.

Dit is eintlik ons plaaslike musiekkenner se brief in die koerant wat my laat onthou het van die besigheid.

Ek bely ook dat ek eintlik nie soseer aan die juffrouens gedink het nie, baie onbedagsaam en alles, maar ek weet hierdie inskrywing bevat noodsaaklike opvoedkundige inligting, en van hulle sal baie bly wees oor wat hulle hier gaan lees.

Ons sal open met sang deur Bob Marley en die Wailers:

Ooh, yeah! All right!
We’re jammin’:
I wanna jam it wid you.
We’re jammin’, jammin’,
And I hope you like jammin’, too.

Ain’t no rules, ain’t no vow, we can do it anyhow:
I’n’I will see you through,
‘Cos everyday we pay the price with a little sacrifice,
Jammin’ till the jam is through.

We’re jammin’ –
To think that jammin’ was a thing of the past;
We’re jammin’,
And I hope this jam is gonna last.

Kerneels se brief in Die Burger :

kerneels

Kerneels, moenie worry nie !!!

Krygkor het die ding inderdaad uitgevind en die planne toe aan die kommuniste in China verkoop, dis wat gebeur wanneer die donnerse kommuniste jou land oorneem.

Hulle word kapitaliste !!!

Vra maar vir Blade as hy weet met sy Porsche deur Bettiesbaai jaag om vir die dames by die Arabella golf hotel te gaan hallo sê.

Nietemin, hier is die antwoord. Kyk, hier is ‘n sigaretboks model ook.

jammer

sigaret jammer

Raait, ek weet nie van julle nie, maar ek gaan ene koop, en saamvat fliek toe. Laat een bliksem nou probeer om sy selfoon in die fliek te operate, en sommer op baie plekke wat die mense onophoudelik met hulle swartbessies en mix en smartphones speel.

Vat hulle flaffie !!!

Dienslewering.

April 27, 2012 in Sonder kategorie

Ek het vanaand verneem dat indien mens ‘n knoffel broodjie kry binne 15 minute, dan is dit okay as jy die voorgereg ‘n uur later en die hoofgereg twee uur en 12 minute na die voorgereg ontvang.

Aldus die doos wat die eienaar van Die Buitesteen poep en gril  in De Kelders is.

As ek ‘n steak braai vat dit normaalweg so paar minute, miskien 5 of selfs 8 minute, maar kom ons veronderstel well done vir amal ( die gode hehoed ons daarvan !) , en verdubbel die tyd na 20 minute vir ‘n rooster vol.

Selfs op ‘n Vrydagaand van ‘n lang nawweek is dit nie aan nie, en die fokken baas reken dat ek vol kak is !?

maybe is hy reg, maar liewe hel meer as ‘n uur ? …WTF !!!

Intussen moan en bitch hulle by die sakekamer vergaderings oor die stand van die ekonomie.

Pateties.