Jy blaai in die argief vir Uncategorized.

Okay een vir 2013

Oktober 9, 2013 in Uncategorized

Tyd vlieg en kyk waar is ons nou al weer, en terwyl “the powers that be” by blog nog nie uitgewis het nie, plak ek nou ‘n foto hier op.

Dit is twee weke gelede geneem.

IMG_0023Wie herken die plek?

 

‘n Prys vir die Suikerman

Desember 9, 2012 in Uncategorized

Daar was al reeds ‘n rits pryse, en die fliek is goed.

Die dokumentêr het nogal ‘n gesogte prys by IDA  the International Documentary Assn.,ingepalm.

Verder ook al  amper 3 miljoen dollar behaal by die VSA loket.

Is mens verbaas?  Ja en nee, ons ken die musiek mos goed.

Dat  Malik Bendjelloul so mooi fliek van Roderiguez se storie gemaak het is die aangename verassing.

 

 

 

Searching for Sugarman

Walvisse

November 5, 2012 in Uncategorized

Gister was weer een van daardie dae. ‘n Stil see met ‘n mistigheid wat kom en gaan, maar die hele baai was vol walvisse. Die grotes lê net die heeltyd en slaap of iets, maar die kleintjies baljaar.

Ek het net so vinning getel in een gedeelte van die baai en daar was meer as 20 walvisse.

Die fotos was met ‘n baie eenvoudige mik en druk kameratjie geneem, ek sal later die week bietjie met ‘n ordentlike kamera en lens gaan kyk wat is wat.

 

Hulle was sommer naby aan die wal.

 

 

 

Die Bobbejaan en die Impala

Oktober 31, 2012 in Uncategorized

As die kos skaars is moet ‘n bobbejaan maar doen wat hy moet doen, en ‘n stukkie wildsvleis is nie te versmaai nie.

Ek het nie gedink dat ‘n bobbejaan dit sal regkry om ‘n rooibok te vang nie, wys jou net.

Curriebekervoorspellings

Oktober 30, 2012 in Uncategorized

Kyk, in die Kaap het ons geweet die WP was die “underdogs” Saterdag. In die Kaap laasweek was die gevoel oor die algemeen versigtig optimisties, een van “kom ons kyk  hoe vaar die laaities, hulle is honger en wil ‘n punt maak.” Hulle het !

Die eindstryd was verseker spannend.

Raait ons weet dis menslik om foute te maak, maar skeidsregter Jaco Peyper het darem baie ooglopende foute gemaak.

‘n Strafskop teen die WP oor Joe Pietersen die bal kwansuis vasgehou het terwyl in die kykweer het ons gesien hoe albei se hande los was in die tip tackle wat die Sharks op hom uitgevoer het… en toe sy “aanslaan” omdat hy die bal met die voet geskop het … en al die ander 50 50 beslissings en die ooglopende partydigheid ten gunste van die Haaie… maar puur verniet!

Dit is lekker as die WP die beker wen, en Christo Buchner het daardie oorwinning besonder soet gemaak in Saterdag se Beeld :

“Jy moet óf baie diep in jou papsak gekyk het óf blindelings Streeptrui-eenogig wees dat die realiteit van vandag se eindstryd jou nie in die gesig staar nie.”

en

“Die wisselwerking tussen voor- en agterspelers is ook sonder weerga en boonop wen hul ongelooflike verdediging wedstryd ná wedstryd vir die Haaie.”

en

“Ek is bevrees die wyn gaan soos asyn proe en die snoekie op die kole gaan ’n bitter smakie hê en soos ’n stuk leer verteer as jou hart Wie Pie pomp.”

In die ware styl van sekere bloggers hier op Litnet het Buchner toe heengegaan en Saterdagaand sy artikel in Beeld verander om minder van ‘n verleentheidd vir homself te wees, maar o weë, daar vergeet hy toe dat die artikel ook in Die Volksblad geplaas is, en in sy volle glorie nog daar staan :

http://www.volksblad.com/Sport/Rugby/Swem-of-sink-in-Durban-20121026

http://www.beeld.com/Sport/Rugby/Op-hul-tuisveld-het-Haaie-te-veel-byt-20121026

Toemaar, Buchner is nie al ou wat sy naam vergat het nie, maar niemand het meer eier oor hulle gesig as hy nie, en ek moet hom bedank vir ‘n ekstra teelepeltjie suiker by ‘n soet oorwinning.

 

 

 

Agteros

Oktober 21, 2012 in Uncategorized

kom ook in die kraal