Walvisse

November 5, 2012 in Uncategorized

Gister was weer een van daardie dae. ‘n Stil see met ‘n mistigheid wat kom en gaan, maar die hele baai was vol walvisse. Die grotes lê net die heeltyd en slaap of iets, maar die kleintjies baljaar.

Ek het net so vinning getel in een gedeelte van die baai en daar was meer as 20 walvisse.

Die fotos was met ‘n baie eenvoudige mik en druk kameratjie geneem, ek sal later die week bietjie met ‘n ordentlike kamera en lens gaan kyk wat is wat.

 

Hulle was sommer naby aan die wal.

 

 

 

8 antwoorde op Walvisse

  1. pragtig – die sagmoedige reuse van die groot oseaan !

  2. vega het gesê op November 5, 2012

    Dis een van die most exciting goed om hulle so te sien. Wat ‘n voorreg!

  3. Dit was mos sondagmiddag, die tyd wat die grootmense slaap en die kinders hulle arms breek of met die kaskar teen die muur vasjaag…….
    Walvisse is ook mos soogdiere :*)

  4. adage het gesê op November 5, 2012

    En hier sit ons in die binneland
    🙁

  5. @vetjan – Wat ‘n voorreg om dit te kan sien! Ek beny jou 🙂

  6. Is daai goed orcas?

  7. Nee, hulle is gewone Noordkappers (Eubalaena australis)

  8. Ja al walvisse wat ons hier bo in Gauteng sien is die vet staats amptenare

    Hi daar Petrus

Los ’n antwoord vir Petrus Pap se Oefenkamp. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.