Walvisse
November 5, 2012 in Uncategorized
Gister was weer een van daardie dae. ‘n Stil see met ‘n mistigheid wat kom en gaan, maar die hele baai was vol walvisse. Die grotes lê net die heeltyd en slaap of iets, maar die kleintjies baljaar.
Ek het net so vinning getel in een gedeelte van die baai en daar was meer as 20 walvisse.
Die fotos was met ‘n baie eenvoudige mik en druk kameratjie geneem, ek sal later die week bietjie met ‘n ordentlike kamera en lens gaan kyk wat is wat.
Hulle was sommer naby aan die wal.
exionperfexi het gesê op November 5, 2012
pragtig – die sagmoedige reuse van die groot oseaan !
vega het gesê op November 5, 2012
Dis een van die most exciting goed om hulle so te sien. Wat ‘n voorreg!
monicahaddad het gesê op November 5, 2012
Dit was mos sondagmiddag, die tyd wat die grootmense slaap en die kinders hulle arms breek of met die kaskar teen die muur vasjaag…….
Walvisse is ook mos soogdiere :*)
adage het gesê op November 5, 2012
En hier sit ons in die binneland
🙁
Net Ek @ cbl1979 het gesê op November 6, 2012
@vetjan – Wat ‘n voorreg om dit te kan sien! Ek beny jou 🙂
Henry @kompethenry het gesê op November 10, 2012
Is daai goed orcas?
Petrus Pap se Oefenkamp het gesê op November 10, 2012
Nee, hulle is gewone Noordkappers (Eubalaena australis)
Zeppie - @zephur het gesê op Desember 9, 2012
Ja al walvisse wat ons hier bo in Gauteng sien is die vet staats amptenare
Hi daar Petrus