Die Bobbejaan en die Impala
Oktober 31, 2012 in Uncategorized
As die kos skaars is moet ‘n bobbejaan maar doen wat hy moet doen, en ‘n stukkie wildsvleis is nie te versmaai nie.
Ek het nie gedink dat ‘n bobbejaan dit sal regkry om ‘n rooibok te vang nie, wys jou net.
adage het gesê op Oktober 31, 2012
Hoekom nie hy is ook maar mens en ook maar lus
🙂
Petrus Pap se Oefenkamp het gesê op Oktober 31, 2012
is waar, maar dis nogal tricky om ‘n bok met die kaal hande plat te trek
monicahaddad het gesê op Oktober 31, 2012
Ek het nie eers geweet ‘n bobbejaan eet vleis nie. Gedink hulle is vegans want hulle steel net altyd die brood en die vrugte, o ja en die tjoklits.
Petrus Pap se Oefenkamp het gesê op Oktober 31, 2012
O nee, hulle is soos mense.. eet alles
loudavisi het gesê op Oktober 31, 2012
As hulle so lus/honger is, sal hulle seker ook mens eet
?
Petrus Pap se Oefenkamp het gesê op Oktober 31, 2012
Hulle is omnivore soos mense. As jy 40 bobbejane in ‘n hok uithonger en dan ‘n mens ingooi sal hulle hom beslis eet, varke sal dieselfde doen, honde sal ens.
exionperfexi het gesê op Oktober 31, 2012
was jy ‘n ooggetuie van die vangs, Petrus ? die bokkarkas lyk nie so vars op die foto nie ~ is bobbejane nie ook soms aasdiere soos jakkalse en haienas nie?
Petrus Pap se Oefenkamp het gesê op Oktober 31, 2012
Bobbejane is baie beslis aasdiere, maar net soos jakkalse en hiënas sal hulle in die regte omstandighede wel prooi vang. Ek het nie die vangslag self gesien nie, maar baie kort daarna daar aangekom, en daar is geen manier dat ‘n groter roofdier deur ‘n bobbejaan verjaag gaan word nie.
exionperfexi het gesê op Oktober 31, 2012
dis vir my net ook te ongelooflik dat bobbejaan se kind die rooibokkie eiehandig sou kon plattrek, toe wonder ek maar net of die bok nie maar aan natuurlike oorsake omgekap het en honger bojaan nie net eerste op die toneel was nie ?
Petrus Pap se Oefenkamp het gesê op Oktober 31, 2012
Dit is beslis baie ongewoon, maar glad nie onmoontlik nie.
Ons was te voet, die karkas was vars, en ons kundige veldgids het uitgewys dat bobbejane wel omnivore is.
Dit was by Mana pools, langs die Zambesi rivier.
exionperfexi het gesê op Oktober 31, 2012
fantastiese blogbydra , Thanks PP !
jade het gesê op November 1, 2012
Great shots PP, I have never seen anything like this, you were very lucky, must be good karma 🙂
Petrus Pap se Oefenkamp het gesê op November 1, 2012
🙂
Henry @kompethenry het gesê op November 1, 2012
bobbejane se tanne is beter as mens s’n…
Petrus Pap se Oefenkamp het gesê op November 1, 2012
beslis ja
blikskottel het gesê op November 1, 2012
Honger is nie enige bobbojaans e maat nie.
http://blogs.litnet.co.za/blikskottel/2012/11/01/voedsel-oorlogfood-war/