Die Bobbejaan en die Impala

Oktober 31, 2012 in Uncategorized

As die kos skaars is moet ‘n bobbejaan maar doen wat hy moet doen, en ‘n stukkie wildsvleis is nie te versmaai nie.

Ek het nie gedink dat ‘n bobbejaan dit sal regkry om ‘n rooibok te vang nie, wys jou net.

16 antwoorde op Die Bobbejaan en die Impala

  1. adage het gesê op Oktober 31, 2012

    Hoekom nie hy is ook maar mens en ook maar lus
    🙂

  2. Ek het nie eers geweet ‘n bobbejaan eet vleis nie. Gedink hulle is vegans want hulle steel net altyd die brood en die vrugte, o ja en die tjoklits.

  3. loudavisi het gesê op Oktober 31, 2012

    As hulle so lus/honger is, sal hulle seker ook mens eet

    ?

  4. was jy ‘n ooggetuie van die vangs, Petrus ? die bokkarkas lyk nie so vars op die foto nie ~ is bobbejane nie ook soms aasdiere soos jakkalse en haienas nie?

    • Bobbejane is baie beslis aasdiere, maar net soos jakkalse en hiënas sal hulle in die regte omstandighede wel prooi vang. Ek het nie die vangslag self gesien nie, maar baie kort daarna daar aangekom, en daar is geen manier dat ‘n groter roofdier deur ‘n bobbejaan verjaag gaan word nie.

      • dis vir my net ook te ongelooflik dat bobbejaan se kind die rooibokkie eiehandig sou kon plattrek, toe wonder ek maar net of die bok nie maar aan natuurlike oorsake omgekap het en honger bojaan nie net eerste op die toneel was nie ?

  5. jade het gesê op November 1, 2012

    Great shots PP, I have never seen anything like this, you were very lucky, must be good karma 🙂

  6. bobbejane se tanne is beter as mens s’n…

Los ’n antwoord vir exionperfexi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.