Kyk, in die Kaap het ons geweet die WP was die “underdogs” Saterdag. In die Kaap laasweek was die gevoel oor die algemeen versigtig optimisties, een van “kom ons kyk hoe vaar die laaities, hulle is honger en wil ‘n punt maak.” Hulle het !
Die eindstryd was verseker spannend.
Raait ons weet dis menslik om foute te maak, maar skeidsregter Jaco Peyper het darem baie ooglopende foute gemaak.
‘n Strafskop teen die WP oor Joe Pietersen die bal kwansuis vasgehou het terwyl in die kykweer het ons gesien hoe albei se hande los was in die tip tackle wat die Sharks op hom uitgevoer het… en toe sy “aanslaan” omdat hy die bal met die voet geskop het … en al die ander 50 50 beslissings en die ooglopende partydigheid ten gunste van die Haaie… maar puur verniet!
Dit is lekker as die WP die beker wen, en Christo Buchner het daardie oorwinning besonder soet gemaak in Saterdag se Beeld :
“Jy moet óf baie diep in jou papsak gekyk het óf blindelings Streeptrui-eenogig wees dat die realiteit van vandag se eindstryd jou nie in die gesig staar nie.”
en
“Die wisselwerking tussen voor- en agterspelers is ook sonder weerga en boonop wen hul ongelooflike verdediging wedstryd ná wedstryd vir die Haaie.”
en
“Ek is bevrees die wyn gaan soos asyn proe en die snoekie op die kole gaan ’n bitter smakie hê en soos ’n stuk leer verteer as jou hart Wie Pie pomp.”
In die ware styl van sekere bloggers hier op Litnet het Buchner toe heengegaan en Saterdagaand sy artikel in Beeld verander om minder van ‘n verleentheidd vir homself te wees, maar o weë, daar vergeet hy toe dat die artikel ook in Die Volksblad geplaas is, en in sy volle glorie nog daar staan :
http://www.volksblad.com/Sport/Rugby/Swem-of-sink-in-Durban-20121026
http://www.beeld.com/Sport/Rugby/Op-hul-tuisveld-het-Haaie-te-veel-byt-20121026
Toemaar, Buchner is nie al ou wat sy naam vergat het nie, maar niemand het meer eier oor hulle gesig as hy nie, en ek moet hom bedank vir ‘n ekstra teelepeltjie suiker by ‘n soet oorwinning.
Onlangse kommentare