Perd van ‘n ander kleur
Augustus 23, 2012 in Sonder kategorie
“Apex Predator” is die Engelse woord vir die dier wat heel bo aan die voedselketting is.
Eintlik is dit seker maar die mens, maar onder die see is dit Carcharodon carcharias, die Wit haai. Die een waarmee Spielberg almal skrik op die lyf mee gejaag het. Hierdie kalant is anders as enige van die ander en ek is baie lugtig vir hom.
Die afgelope maand help ek my ou maat met ‘n projek, maar met al die slegte weer en storms kon ons tot dusver nie te veel doen nie.
So as jy ‘n mooi dag het, soos vandag nou was, moet jy maar jou kans gryp. Oormôre storm dit al weer.
Die ding is dat sigbaarheid onder die water van meer afhang as sonskyn en ‘n ligte windjie, Seestrome, deining en sulke goed speel ook ‘n rol. So vanoggend mos ons in 12C water inploeter om van daardie klein GoPro kameratjies te ontplooi.
Nou ja, hulle werk ook met batterye, wat pap word, en hulle skyfies raak ook vol, wat beteken mens moet dit later die dag weer uithaal om batterye te laai en die skyfies af te laai.
Die Gopro kameratjie word versigtig vasgeklamp
Mevrou kom kyk wat aangaan
Hier moet mens nou mooi versigtig wees.
Oja, hier so uur of wat na middagete moes ons die kameras weer afhaal. Sigbaarheid was swak, en die kamera was weg. Ta het besluit sy .. of hy wil dit byt. Scratch een GoPro… maar dis okay, as die eksperiment gaan werk soos hy moet en tot dusver loop alles mooi, dan is dit ‘n “fair sacrifice”, maar ons het vanmiddag ‘n paar benoude oomblikke gehad.
Izakdv het gesê op Augustus 23, 2012
Jy’s braaf!
Adage10 het gesê op Augustus 23, 2012
Is dit waar dat as jy die haai op sy neus kap dan byt hy nie? Ek het dit by die universiteit van DSTV gesien.
(As jy nie weet nie moenie probeer nie hoor.)
loudavisi het gesê op Augustus 24, 2012
Jy het guts!
Neander het gesê op Augustus 24, 2012
Ry daai perd.
TS het gesê op Augustus 24, 2012
aha die haai het die kamera gesluk
Perdebytjie het gesê op Augustus 24, 2012
Sjoe,dapper!Mooi foto’s!
Papegaaislaai het gesê op Augustus 24, 2012
Sonder tegnologie is die mens nie bo aan die voedselketting nie.
sirpsa het gesê op Augustus 24, 2012
Janee wragtag.
CBL1979 het gesê op Augustus 24, 2012
Baie nice foto’s! Mal oor die laaste een.
HeavyHenry het gesê op Augustus 24, 2012
daai goed se tanne…
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
Hulle tande kan byt ja
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
dis my gunsteling foto ook
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
dis waar
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
ons was darem redelik versigtig en alles
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
defnitief af gebyt van die montering
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
dis die afklim slag wat die problematies kan wees
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
ons was baie versigtig Lou
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
‘n hou op die neus gaan nie eintlik help nie
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
ons het alles darem baie mooi en versigtig beplan en alles
HeavyHenry het gesê op Augustus 24, 2012
Heel effektief ook!
endlich het gesê op Augustus 24, 2012
eerder jy as ek. Onderwater maak my benoud