Perd van ‘n ander kleur

Augustus 23, 2012 in Sonder kategorie

“Apex Predator” is die Engelse woord vir die dier wat heel bo aan die voedselketting is.

Eintlik is dit seker maar die mens, maar onder die see is dit Carcharodon carcharias, die Wit haai.  Die een waarmee Spielberg almal skrik op die lyf mee gejaag het.  Hierdie kalant is anders as enige van die ander en ek is baie lugtig vir hom.

Die afgelope maand help ek my ou maat met ‘n projek, maar met al die slegte weer en storms kon ons tot dusver nie te veel doen nie.

So as jy ‘n mooi dag het, soos vandag nou was, moet jy maar jou kans gryp. Oormôre storm dit al weer.

Die ding is dat sigbaarheid onder die water van meer afhang as sonskyn en ‘n ligte windjie, Seestrome, deining en sulke goed speel ook ‘n rol. So vanoggend mos ons in 12C water inploeter om van daardie klein GoPro kameratjies te ontplooi.

Nou ja, hulle werk ook met batterye, wat pap word, en hulle skyfies raak ook vol, wat beteken mens moet dit later die dag weer uithaal om batterye te laai en die skyfies af te laai. 

Die Gopro kameratjie word versigtig vasgeklamp


 

Mevrou kom kyk wat aangaan


Hier moet mens nou mooi versigtig wees.

 

Oja, hier so uur of wat na middagete moes ons die kameras weer afhaal. Sigbaarheid was swak, en die kamera was weg. Ta het besluit sy .. of hy wil dit byt. Scratch een GoPro… maar dis okay, as die eksperiment gaan werk soos hy moet en tot dusver loop alles mooi, dan is dit ‘n “fair sacrifice”, maar ons het vanmiddag ‘n paar benoude oomblikke gehad. 

 


21 antwoorde op Perd van ‘n ander kleur

  1. Izakdv het gesê op Augustus 23, 2012

    Jy’s braaf!

  2. Adage10 het gesê op Augustus 23, 2012

    Is dit waar dat as jy die haai op sy neus kap dan byt hy nie? Ek het dit by die universiteit van DSTV gesien.
    (As jy nie weet nie moenie probeer nie hoor.)

  3. Jy het guts!

  4. Neander het gesê op Augustus 24, 2012

    Ry daai perd.

  5. TS het gesê op Augustus 24, 2012

    aha die haai het die kamera gesluk

  6. Sjoe,dapper!Mooi foto’s!

  7. Sonder tegnologie is die mens nie bo aan die voedselketting nie.

  8. sirpsa het gesê op Augustus 24, 2012

    Janee wragtag.

  9. CBL1979 het gesê op Augustus 24, 2012

    Baie nice foto’s! Mal oor die laaste een.

  10. daai goed se tanne…

  11. Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012

    Hulle tande kan byt ja

  12. Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012

    dis my gunsteling foto ook

  13. Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012

    dis waar

  14. Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012

    ons was darem redelik versigtig en alles

  15. Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012

    defnitief af gebyt van die montering

  16. Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012

    dis die afklim slag wat die problematies kan wees

  17. Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012

    ons was baie versigtig Lou

  18. Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012

    ‘n hou op die neus gaan nie eintlik help nie

  19. Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012

    ons het alles darem baie mooi en versigtig beplan en alles

  20. Heel effektief ook!

  21. endlich het gesê op Augustus 24, 2012

    eerder jy as ek. Onderwater maak my benoud

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.