Marikana
Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie
“Hoe kan rotsboorwerkers slegs **** R4000 ’n maand verdien?
Hulle doen die hardste en gevaarlikste werk in die myn.
Waar was die mynbase in hierdie hele sage?
Woensdag het polisie met die mynwerkers onderhandel. Dit is nie die rol van polisie nie. Lonmin is ’n privaat mynmaatskappy, maar verwag politieke toetrede deur die regering.
Die mynbase skitter in hul afwesigheid.”
Alhoewel ek gewoonlik nie saam met Amanda Gouws stem nie, is haar rubriek altyd prikkelend, en stel sy pertinente vrae.
‘n Halfgeskoolde werker by Kaapstad se munisipaliteit kry al R 4000 ‘n maand, so ek reken ‘n ou wat ondergronds werk behoort heelwat meer te kry, veral as hy harde en gevaarlike werk doen.
(Eintlik wou ‘n vriend gehad het ek moes op hierdie heden oomblik in koue, rowwe, vuil water met een meter sig help soek het na die wrakstukke van die Libra wat tydens laasweek se storm net buite die hawe gesink het, maar te moer daarmee, ek het ander werk en anyway tyd om te mors op blogs ipv harde gevaarlike werk doen vir min geld.)
Terug na die kwessie:
Wat Gouws wel mis kyk, as dat hierdie ‘n onwettige staking was, en onwettige stakings is die werk van die polisie.
Mynbestuur is kontraktueel verbind op met die erkende vakbonde te onderhandel, en om met werkers wat onwettig staak te onderhandel is weer ‘n verbreking van ooreenkomste met die erkende vakbonde wat namens die werkers onderhandel.
Wat die skietery betref:
Uiteindelik was dit al uitweg om die stormloop te stuit. Dit was of skiet of sterf.
Ek het na heelwat Youtube segmente gekyk. Op die Aljazeera snit wys hulle duidelik hoe ‘n staker met ‘n pistool na die polisie skiet.
Maar.. en dis altyd maklik om na die tyd maar te sê… die finale stormloop was heelwaarskynlik afwendbaar.
Die katalisator was 1. die opsweping van die stakers waarvan rituele , moetie ens deel was.
2. die afrol van die lemmetjiesdraad
Hou verder in gedagte dat die van stakers op hierdie stadium reeds mense op die wreedste wyses denkbaar gemartel en vermoor het.
Weereens ter nabetragting en dit is maklik om nou te sê – ek dink die polisie het die situasie onderskat en nie genoegsaam voorberei met nie dodelike metodes nie.
As jy al ooit aan die ontvangkant van traangas, en rubberkoeëls was sal jy weet wat ek bedoel.
Punt is toe die stormloop eers begin het kon nie dodelike maatreëls dit eenvoudig nie stuit nie.
Ek moes gaan soek vir Lonmin se amptelike reaksie, want nuusmedia wil eintlik nie sulke vervelige goed plaas nie
Lonmin Statement on Marikana Situation
Lonmin Chief Financial Officer, Simon Scott said: “On behalf of the whole Company I would like to express our sincere condolences to the families and friends of all those employees who have lost their lives, not only in the events of Thursday but also in the days leading up to it, and of course to the families and colleagues of the two South African Police Service officers who died trying to protect others.
“I would like to thank all those Lonmin staff, whether they have been able to get to work or not, for their dedication and efforts.
“We are committed to supporting all the families that lost loved ones during this tragic week. We have established a Help Desk at Lonmin’s Andrew Saffy Hospital which will help families with the identification of bodies, assist with all the burial arrangements and offer bereavement counselling.
“In addition to the Help Desk Services, Lonmin commits to provide funding for the education of all the children of employees who lost their lives. This funding will cover education costs from primary school to university.”
“Lonmin has for many years worked tirelessly to achieve effective and open labour relations. We engage with all the unions our employees choose to belong to and whilst, like all companies, we have had disagreements, we have generally operated in partnership with the unions to the benefit of the Company and the employees, which is why the illegal strike we’ve seen is so disappointing and damaging.
“We can also be proud of the work we have done in the communities who live around our mines, where we have invested hundreds of millions in providing housing, health services, education and also training to help local people achieve qualifications to get jobs in mining and other industries. There is much still to be done on and around our property and we are committed to continuing this effort and investment.
“This last week has dealt those efforts a severe blow. We must start to rebuild those relationships, starting today, building back trust and trying to move forwards.
“Finally, a stable mining sector is vital to the economic future of this country. If the industry continues to be damaged by illegal actions it is not just the economy which suffers, but all our employees, their families and dependents. We need our employees to come back to work and we need to get mining again.”
Amanda Gouws se rubriek in vandag se koerant :
http://www.dieburger.com/Rubrieke/AmandaGouws/SA-moet-wakker-skrik-na-Lonmin-20120819
Lonmin se persverklaring :
www.lonmin.com/downloads/media_centre/news/press/2012/Statement_on_Marikana_Situation_-__17_08_12_-_FINAL.pdf
**** Intussen wil dit voorkom asof die loon eintlik veel hoër as R 4000 is, en eintlik naby aan dubbel dit.
TS het gesê op Augustus 20, 2012
Daar is myne waar die mense nog vir minder werk…
Vetjan het gesê op Augustus 20, 2012
En dink jy dis reg Tina?
sal jy vir minder as R 4000 ondergronds harde werk in ‘n myn gaan doen?
TS het gesê op Augustus 20, 2012
Nooit … mens hoor egter ook nie hoeveel verhoging hulle aangebied is nie. Hierdie saak het sekerlik meer as twee kante. En dit kom nie net van verlede week af nie.
Vetjan het gesê op Augustus 20, 2012
niks is hulle aangebied nie.
Lonmin onderhandel nie met onwettige stakers nie, dis een van die pertinente punte hierbo.
postatdo het gesê op Augustus 20, 2012
I don’t know Petrus, the information I got was that it started with “normal” fighting between the two unions, which escalated and was then turned into a “dispute with the employer”. Granted, my source is biased but I tend to believe his version.
I-like-silly het gesê op Augustus 20, 2012
hkgK….
Blikskottel het gesê op Augustus 20, 2012
Die polisie het as vredes offisiere opgtree en presies gedoen wat hulle moes toe die vrede versteur was en hul eie lewens bedreig was. Dit is hul werk en het niks met die myn uit te waai nie.
Natuurlik het die ouens griewe, fok weet wie het nie, maar jy sien nie 2000 boere hier in Angola sommer net staak, mense doodmaak ens nie..of selfs in RSA nie. As ek moet kant kies, sal dit altyd van die een wees war die vrede bewaar.
Blikskottel het gesê op Augustus 20, 2012
Om met onwettige stakers te onderhandel plaas effektief jouself ook buite die wet. Lonmin doen dus helemal reg.
zephur het gesê op Augustus 20, 2012
Die probleme gaan nog verder ook ‘n draai maak…
‘Royal Bafokeng Platinum reported a 60% drop in first-half earnings on Monday, hit by the slump in platinum prices and reduced production and said it will accelerate its cost cuts.’
Sien hoe kom daar nog soortgelyke stakings in die platinum mynbedryf
Neander het gesê op Augustus 20, 2012
Die plat. bedryf is in ‘n knyptang. Ek stem met jou.
Vetjan het gesê op Augustus 20, 2012
The 2 unions issue is also a complication, but the point was that it was an illegal strike and things got wayyyy out of hand.
Vetjan het gesê op Augustus 20, 2012
en daar was reeds 10 mense insluitende twee SAPD lede vermoor voor die sg D-dag
Vetjan het gesê op Augustus 20, 2012
ek dink die gk was nou die dag.. almal is tans besig om mooi te dink oor wat nou
Vetjan het gesê op Augustus 20, 2012
Lonmin se FS is op hulle webwerf. Marikana het nog ‘n wins gemaak, maar verdienste per aandeel was af.
Neander het gesê op Augustus 20, 2012
Op my grafieke was die Plat prys in 2008 op $2 182 en daal toe tot $778. Nou staan hy op $ 1 455 (R13 427).
Dis mos logies dat winste sal afneem.
avega het gesê op Augustus 20, 2012
Lonmin was net die ongelukkige speelbal in politici se hande. Cyril Rhamaphosa is op hul raad. Wie het die mynwerkers na die tyd gaan opstook? Malema. Ek wonder watter faksie kry die ondersteuning van die Bafokeng, mens moenie hulle finansiele mag onderskat nie. Ek het ‘n vermoede Zuma se dae is nou finaal getel.
Vetjan het gesê op Augustus 20, 2012
stem saam, ekonomiese knyptang
Vetjan het gesê op Augustus 20, 2012
behalwe nou Malema wat na die tyd opportunisties probeer munt slaan het uit gebeure dink ek nie hierdie betrokke insident het veel met die ANC se faksiestryd te make nie
monicahaddad het gesê op Augustus 20, 2012
Gaan google gou Aubrey Masango Marikana
Vetjan het gesê op Augustus 20, 2012
Goeie artikel
http://dailymaverick.co.za/opinionista/2012-08-20-marikana-lonmins-disquiet-and-the-fight-for-manhood
en kom by die regte kwessies uit, sonder om tyd te mors aan bysake soos
toordokters, unie tweestryd en die ANC faksiestryd.
Vetjan het gesê op Augustus 20, 2012
en Maryna het soos gewoonlik weer my kommentaar by haar uitgevee…… ai tog
Neander het gesê op Augustus 21, 2012
Hierdie link kom van Piet Croukamp af oor die salarisse.
http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/
view/politicsweb/en/page72308?oid=320512&sn=Marketingweb+detail&pid=90389
Vetjan het gesê op Augustus 21, 2012
ek wonder of iemand die skakel al aan Gouws gestuur het?
endlich het gesê op Augustus 22, 2012
ek hou van jou pos.
ek wil graag weet, werk daardie hele massa mense wat op die koppie gesit het almal by die myn?
Vetjan het gesê op Augustus 22, 2012
Ek dink daar is nog ‘n hele paar goed wat uitgepluis moet word, maar ek dink die meerderheid was wel mynwerkers.
endlich het gesê op Augustus 22, 2012
baie insiggewend, het tot nou toe ook maar net “stompies” opgetel…
palamino het gesê op Augustus 23, 2012
Dankie. Dit klaar baie dinge op. Ek het self gewonder oor traangas, rubberkoeels en waterkanonne. Dit klink asof die polisie te lank gewag het en toe die laaste uitweg noodgedwonge moes volg. Maar ek weet nie, ek is nou nie ‘n strateeg nie. Dit voel my mens kon vroeer in die proses dalk net bietjie traangas afgevuur het. Soos jy se, dis ‘n erge ding om meet te cope. Of om, sodra hulle verby die doringdraadheinig begin kom het, die waterkanon op hulle gesit het. So iets.
Perdebytjie het gesê op Augustus 24, 2012
Waar in die wêreld sou dit toegelaat word om in die openbaar met soveel wapens ‘n protesstaking te hou?Dis alreeds onwettig en die polisie kon al op grond daarvan reeds verskeie mense in hegtenis geneem het.Daar is hopeloos te veel verdraagsaamheid teenoor onwettigheid in hierdie land!
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
Orals in die wêreld waar groot groepe met wapens bymekaarkom breek die owerhede gewoonlik die byeenkoms op, soms breek die protesteerders die owerhede op.. dan noem jy dit ‘n rebellie
Vetjan het gesê op Augustus 24, 2012
Ek dink nie daar was genoeg waterkanonne nie, en beslis nie genoeg traangas en rubberkoeëls nie.