Nuweland
Augustus 19, 2012 in Sonder kategorie
Louis de Villiers sing vandag in die koerant lofpsalms aan Morne Steyn. Ja, Morne het gister sy stelskoppe oorgekry. Die skuinskoppie vir Habana se drie was akkuraat en die bal het reggespring.
Dat die bokke nie ‘n bonuspunt kon kry nie is ‘n skreiende skande, en dit is die probleem met Morne Steyn.
Hy is nie regtig ‘n spelskepper nie. Die res van die agterlyn was ook maar so-so. Jean de Villiers het dit ook nie eintlik meer nie.
Die agterlyn het nooit regtig gevaarlik gelyk nie.
Die telling het die bokke gevlei.
Ek het baie lanklaas ‘n toets by Nuweland gekyk, was nog steeds lekker, en ek het sommer my selfoon kamera ook getoets.
exionperfexi het gesê op Augustus 19, 2012
Ek stem saam oor Morne. Die briljante jong Pat Lambie is op die staduim ‘n baie beter all rounder op losskakel. Selfs Elton Jantjies sou dalk beter kon vaar in die afwesigheid van iemand soos ‘n Johan Goosen. Daar is geen skakeling tussen voor en agterspelers nie en ons lostrio moes al die harde werk doen. Cool Pics !
Carol460 het gesê op Augustus 19, 2012
Goeie foto’s vir’n selfoonkamera !
loudavisi het gesê op Augustus 19, 2012
Ek worry mos nie oor rugby nie, maar die foto’s is uitstekend! Ek hou van die ligte se blurrigheid..
philvr het gesê op Augustus 19, 2012
Ja die media het gese dat die Bokke hulle oortuigend geklop het,
maar ek is nie so seker daarvan nie,
ons sal maar sien wat volgende naweek gebeur.
Mooi loop,
PvR
Vetjan het gesê op Augustus 19, 2012
Die Bokke het hulle glad nie oortuigend geklop nie.
Hernandez is ‘n beter spelskepper as Steyn, maar ok, Steyn het op die dag perfek gestelskop.
Vetjan het gesê op Augustus 19, 2012
Lou, vir ‘n selfoon seker nie te sleg nie.
Vetjan het gesê op Augustus 19, 2012
ek sou sê sover as kleur en alles in die aand heeltemal okay.
Vetjan het gesê op Augustus 19, 2012
Johan Goosen is die antwoord op losskakel, maar ai die skouer !
Neander het gesê op Augustus 20, 2012
Jip.
Neander het gesê op Augustus 20, 2012
‘n Onoortuigende oorwinning.