Watter land het die beste gedoen by die Olimpiese spele

Augustus 14, 2012 in Sonder kategorie

Soos altyd het die VSA span met ‘n groot gros medaljes huistoe gegaan, 104 medaljes met 46 goud. Alles baie mooi, maar hoe goed is dit regtig ?

Hulle bevolking is 314 miljoen, so per kapita is dit een medalje per 3 miljoen mense.

China wat meer as 1000 miljoen mense het, het 88 medaljes gekry. Dit is een medalje per 15 miljoen mense. Nie te waffers nie.

Engeland, oftewel Brittanje, het die derde meeste medaljes gewen, 65, maar hulle bevolking is 62 miljoen, so dit is een medalje per 950 000 mense.

Brittanje het dus eintlik beter gedoen as die VSA en China.

Hoe het Suid Afrika gevaar? 6 medaljes, ons het 50 miljoen mense, so een medalje per 8 miljoen of so. Swakker as die VSA maar darem beter as China.

En wie is die “wenners” ?

Die klein eilandjie Grenada. Bevolking 105 000. Een medalje, goud. Een medalje per 105 000 mense.

Een goue medalje in ‘n wedren waarin RSA ook deelgeneem het.

Kirani James (19)  het die 400 meter naelloop gewen, en frokkies met Oscar Pistorius geruil.

Grenada , los hande die mees sportiewe land op aarde !!!

kirani james

Die 3 podiumplekke gaan aan :

Goud – Grenada  1 medalje ( goud) per 105 duisend siele.

Silwer – Jamaica  een medalje per 225 duisend    (12 medaljes waarvan 4 goud)

Brons – Nieu Zeeland  – een medalje per 314 duisend mense.      ( 13 medaljes met 6 goud)

38 antwoorde op Watter land het die beste gedoen by die Olimpiese spele

  1. zephur het gesê op Augustus 14, 2012

    Interessant as ‘n mens so daar na kyk…

  2. avega het gesê op Augustus 14, 2012

    ‘n Ander maatstaf wat mens kan gebruik is geld. Hoe meer geld, hoe meer medaljes. As ‘n sportman ‘n ordentlike coach het en geborg word om voltyds sy sport te beoefen kan hy ‘n medalje verwerf. Niemand wat voltyds moet werk kan 3-6 ure per dag aan sy sport bestee, die minimum wat nodig is om te presteer. Ons roeiers het voltyds geroei en het genoeg borge gehad, so ook die swemmers.

  3. Interessant om per miljoen van die bevolking te meet.
    Hoe verklaar mens Sjina se prestasie vergelyk met die van Indië ?
    Die afstammeling van slawe is wonderlike atlete punt. Genetiese materiaal. Net die sterkstes is gekies en net die sterkstes het die trippie oorleef.

  4. sirpsa het gesê op Augustus 14, 2012

    Rêrig interessant. En ek het sommer baie daarvan gehou dat Kirani James en Oscar lappies omgeruil het.

  5. TS het gesê op Augustus 14, 2012

    Interessant…
    Ek wonder hoeveel geld het die lande aan hulle atlete bestee? As mens dit weet moet mens dalk ophou kla dat ons atlete so min kry? Wonder ook of die medalje wenners ander werk ook doen?

  6. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Gene speel seker die vernaamste rol.

  7. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Afrigting en geld speel beslis ‘n belangrike rol, maar dink jy bv Jamaica se naellopers het meer geld en beter afrigting as die VSA gehad? of Japan?

  8. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Hang af van die sportsoort.

  9. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Was ‘n mooi gebaar.

  10. Ek weet hier gaan dit oor professionele sport , maar weer kry ek hierin hoop vir die handjie-vol kaukasiers wat erens in ‘n kraal in Afrika hul talente sal bly uitleef en teen die hele wereld vry net hulself sal kan wees

  11. avega het gesê op Augustus 14, 2012

    Janee, die atlete van Jamaica is ‘n rare verskynsel wat seker maar net geneties verklaarbaar is. Maar ek dink tog die geld wat aan hulle spandeer word is meer as wat ons mense kry. Dis vir my ‘n skande dat Rugby en sokker so baie geld kry en Olimpiese atlete moet raap en skraap. Roland Schoeman wat vele medaljes gewen het het niks borge gehad nie en kon eenvoudig net nie dit self doen nie. Mens moet kan lewe, en as jy moet werk vir ‘n lewe kan jy nie voorberei vir die spele nie.

  12. TS het gesê op Augustus 14, 2012

    Hoekom? Is die een dus meer werd as die ander?

  13. Die vraag is hoe vergelyk ons met lande met omtrent dieselfde hoeveelheid mense as ons en ook dieselfde GDP? Dan ook, sou ons beter kon vaar as politiek geen rol in ons sport gespeel het nie….dis die belangrikste vraag wat ons kan vra.

  14. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Luck of the draw. Baie geld min geld, goeie gene swak gene. Die lewe is inherent onregverdig. Kyk na die obsene geld wat supermodelle verdien.

  15. Meeste van Jamica se atlete word in Amerika afgerig en ja groot geld is agter hulle dmv borgskappe ens.

  16. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Sou jy sê politiek in sport laat ons naellopers stadiger hardloop of wat?

    Of dink jy ou Burry sou vir Jarda kom wegjaag in die bergfiets as dit nie vir politiek was nie?

    of spesifiek waarvan praat jy?

  17. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    “As jy jouself gyselaar maak van ‘n rassistiese verlede, kan jy ruim begroot vir ‘n rassistiese toekoms.”

  18. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Japan se atlete het net sulke groot geld agter hulle, en hoe verklaar jy NZ se ongelooflike sukses gegewe hulle beperkte befondsing?

  19. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    nogal ja

  20. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Nee, sekere sportsoorte is goedkoper en “makliker” om te beoefen.

    ‘n Stel tekkies is veel goedkoper as ‘n bergfiets. Marathon teenoor fietsry.. byvoorbeeld.

    en moeilikheids graad … gimastiek teenoor middelafstand hardloop… ens

  21. Adage10 het gesê op Augustus 14, 2012

    Nooit so daaraan gedink nie ja.

  22. TS het gesê op Augustus 14, 2012

    Ja, maar wat van die boogskutterts? Moet almal nie geleentheid kry om aan groot byeenkomste deel te neem? Almal het oefentyd en wedstryd tyd nodig. Die vergelyking van die tekkies en die fiets is maar ‘n fraksie van die prentjie.

  23. wie word hier deur jou aangehaal ?

    wie of wat lei jou gedagtes dat jy in my stelling ‘n rassisme raaklees ?

  24. @ Petrus: Blikskottel weet selde waarvan hy praat.

  25. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Elke sportsoort is anders, elkeen het sy fasette, en ek lewer slegs breedweg kommentaar op die ooglopende.

    Wat ek wel sal sal sê is dat as jy aan landloop in Etihopië deelneem gaan jy sonder veel moeite of geld mededingende blootstelling kry.

  26. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Dit was Van Zyl Slabbert se kommentaar oor veral die nuwe regering se rasgedrewe denke, maar dit is was ‘n pleidooi om weg te breek van rasgedrewe denke. Moeilik in SA. “kaukasiërs in ‘n kraal”

  27. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    ook waar

  28. strafkamp, tuisland, reservaat – noem dit wat jy wil … anders verdwyn die minste van al die minderhede in dese land maar net so spontaan ( wat ook seker dan maar ‘n goeie opsie is )

  29. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    die konsentrasiekamp se hekke staan wawyd oop

  30. sirpsa het gesê op Augustus 14, 2012

    Kolskoot, Petrus. Ek moet die een onthou.

  31. terug by SPORT – as mens die proporsionele wyse waarmee jy die hoeveelheid medaljes met lande se bevolkingsgetalle vergelyk in ag neem, is dit juis mos weer ‘n rasgedrewe vingerwysing na die Suid Afrikaanse situasie waar die meerderheid rasgroep weer minder gewen het as die minderheids rasgroep . . . ?

  32. waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg

  33. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    wat karring jy heeltyd oor ras?

    So Usian Bolt en die hele VSA naellooppspan is swart .. en die middel en langafstand wenners is oorwegend swart so waddefok is die punt wat jy probeer maak?

  34. Ek praat uit die konteks dat hier in die RSA dit juis mos tans gaan oor RAS, ras en r a s en ek ook dink dis SIEK en dat meriete die enigste maatstaf moet wees as dit by enige geleentheid om te presteer kom. Jy al gehoor van merietelose ras kwotas in die sportbedryf en ‘n die arbeidsmark ? In watter kamp steek jy jou volstruiskop in die sand ?

  35. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Jy is net so fokken rasbehep soos die ANC. en gaan lees weer Van Zyl se aanhaling en hou op om ‘n gyselaar van jou eie stiksienige rassisme te wees.

  36. PP, ek’s nie hier om met jou te stry nie, maar hoe kan jy weet wie of wat ander is as jy self nie eers weet wie of wat jy is nie ? Aanvaar die verskille met grasie en leef dit met medemenslikheid en respek uit. Sien die raskwessie asseblief in die regte natuurlik bedoelde lig en nie soos die ANC tans of die Apartheidsregime destyds dit gesien en ervaar het nie.

    Medaljes en alle ander lewenskwaliteite gaan nie oor ras of hoeveelhede/getalle nie – dit gaan net oor meriete, kapish .

  37. Vetjan het gesê op Augustus 14, 2012

    Reg, en meriete is eenvoudig wanneer iemand vinniger swem of hardloop, ‘n spies verder gooi as die volgende ou of ‘n bootjie vinniger roei as iemand anders.

  38. absoluut

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.