Die Mendoza klugspel
Augustus 26, 2012 in Sonder kategorie
Louis de Villiers, gevierde rugbyskrywer skryf 7 dae gelede :
“Morné op sy kop”
“Jy kan jouself amptelik ophou bekommer oor Morné Steyn se spelpeil.
Die Springbok-losskakel was gister hier pure generaal onderweg na sy span se oorwinning”
ensovoorts bla bla bla en bla.
Ek was nie seker of ek en die geagte Louis laasweek dieselfde wedstyd gekyk het nie, en ja, vir ‘n verandering het Morne al sy skoppe laasweek oorgekry, maar dit was nie regtig die kwessie nie.
My probleem was dat hy op Nuweland geensins “pure generaal” was nie, hy was nie eers ‘n manskap nie….. en nog minder in Mendoza.
Wat besiel die Springboklosskakel om 8 minute voor die eindfluitjie, met telling 16 elk, WEEREENS die bal ‘n sinnelose lugskoppie te gee ????? Die bokke kon gaan druk het.
Heyneke Meyer se Bloubul spelpatroon werk nie.
Dis so voorspelbaar dis om van te vrek.
Skrumskakel vertraag die spel, en skop die bal in die lug op…. of gee die bal vir die losskakel wat dit in die lug sal skop.
WTF?
Hey Louis, dis nou jy , wie is ‘n generaal : WTF???? Ek sien die Rapport het maar besluit om heeltemal NIKS oor die Mendoza wedstryd te skryf nie.. Louis de Villiers hoop seker teen volgende Sondag het almal al sy bostaande lofgesange van verlede Sondag vergeet. Ek besef dis moeilik maar rugbyskrywers moet eers hulle artikels klaar skryf voordat die bottel brannas oop is, nevermaaind nadat bottel 2 leeg is.
Daar is nog ‘n skraler kans dat Heyneke Meyer hierdie blogs sal lees, maar net vir in case hy dit lees, of iemand hom kan verwys na hierdie blog:
Heyneke waddehel dink jy doen jy, is jy stapelgek of wat?
1. Morne Steyn is hopeloos, maar as jy ‘n bul MOET kies.. daai Fouche outjie is duisend keer beter as Morne in elke aspek van rugby.
Pat Lambie is beter as Morne, Elton Jantjies is beter as Morne, Goosen is beter, fokkit , Peter Grant is swak, maar beter as Morne, liewe hel.
2. Andries Bekker se rug is duidelik nog seer. Moenie ‘n speler speel wat nie fiks is nie. Bekker was useless.
3. en toe kom Flippie op…. ?????
ek sal dit sê.. die hoogvat is deesdae ‘n kenmerk van bul rugby.. sad but true.
4. Strauss is nie ‘n baie goeie vleuel nie, inteendeel hy is pateties op vleuel .. oeps .. is hy nie veronderstel om haker te wees nie … hoekom speel hy vleuel… kom iemand my dalk reg help?
5. Jean de Villiers .. wtf? nie ‘n senter se gat nie, nie ‘n Springbok se gat nie, en baie beslis geen kaptein van enige soort nie. Pateties.
6. Op Nuweland was ek nie beindruk nie, en die Mendoza wedstryd het Heyneke Meyer se swak oordeel erg aan die kaak gestel.
7. Hougaard .. swak op skrumskakel. Ruan Pienaar is BAIE beter.
8. Die losvoorspeler kombineer geheel en al glad nie.
9. Etsebeth was die beste van die voorspelers.
10. Jannie en Beast was okay, maar net net okay.
Die All Blacks gaan die Bokke slag!
Onlangse kommentare