Die Hengelaars

Julie 2, 2012 in Sonder kategorie

Die Amerikaanse naam “Frog fish” is erg verwarrend. Veral as mens dit direk vertaal. ‘n paddavissie is tog maar net ‘n padda voor hy ‘n padda is, en geen vis nie. Daarom is die Australiese benaming “Angler fish” baie beter.

“Hengelaar” hier by ons, familie Antennariidae. As jy nie versigtig gaan soek in water warmer as 20 C nie, gaan jy nie ene te siene kry nie. Daarom plaas ek maar die foto wat Tienks laasweek in Mosambiek met die nuwe  kamera geneem het.

Frog fish

Uitstekende kamoeflering, hy smelt perfek saam met die sagte koraal vanwaar hy vir sy prooi lê en wag.

 

Laaste winter skoolvakansie vir Tienks, mens moet die geleentheid benut. Van die niggies was ook saam en het dit ook in die water gewaag. Ons was op die regte plek daarvoor.

 

Op pad terug het ek nie eintlik genoeg aandag gegee aan padtekens nie, spesifiek die “ry 60” bordjies nie. Daarom het Mosambiek se ekonomie ‘n ekstra hupstootjie gekry, uit my beursie uit. Die spietkops het seer sekerlik baie bier gekoop met my geld, en die kroeg eienaar het sekerlik die geld weer verder aangewend ens.

 

Paindane se  riwwe is baie mooi, so ons kyk liewer na nog fotos eerder as om verder te worry oor gedane sake op die pad.

 

duik

 

 

Op pad rif toe.

 

coral garden

 

 

Onderwatertuin

 

 

klipvis

 

Vir hierdie kalant moet jy pasop !!!

 

Moenie aan hom raak nie.

29 antwoorde op Die Hengelaars

  1. TS het gesê op Julie 2, 2012

    haastige Pap! Mooi foto’s

  2. sirpsa het gesê op Julie 2, 2012

    Nee maar dis mooi dat jy hulle ekonomie ‘n ekstra hupstootjie gegee het.

  3. postatdo het gesê op Julie 2, 2012

    Beautiful pictures! I was looking at my underwater pictures over the weekend but they are not nearly as good as yours. I am not sure if I should post them.

  4. Carol460 het gesê op Julie 2, 2012

    Wow ! Mooi foto’s. Ek moes baie mooi kyk om die vis op die eerste foto raak te sien. Die natuur bly darem maar wonderlik !

  5. ‘n ander wêreld…. ek verstom my daaraan.

  6. postatdo het gesê op Julie 2, 2012

    Two words for you Anha

    Kobus Wiese

  7. HeavyHenry het gesê op Julie 2, 2012

    Nice!

    Wat is daai laaste ou en hoe groot is hy?

  8. Weet nie of dit waar is nie, maar ek het gehoor mens moet ligloop vir helderkleurige visse ens, aangesien hulle moer giftig kan wees?

  9. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    Nie regtig nie, die een net hierbo is die Vals steenvis (Scorpaenopsis diabolus). Die lede van die skerpioenvis familie is die bliksems.

    Baie ander pragtige helderkleurige vissies is heeltemal skadeloos.

  10. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    Vals steenvis (Scorpaenopsis diabolus), so tussen 20 en 30 cm in hierdie geval.

  11. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    thx

  12. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    Dit is heeltemal ‘n ander wêreld.

  13. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    @Anha – bloumaandag?

    @ post – my daughter took the photos not me.

  14. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    ek is ‘n ware filantroop

  15. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    dankie Tina

  16. postatdo het gesê op Julie 2, 2012

    Even worse, a teenager is going to show me up….

  17. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    die natuur is dikwels baie mooi.. en wreed .. die Hengelaarvis is ‘n roofdier en so ook die steenvis.

  18. HeavyHenry het gesê op Julie 2, 2012

    Tetradotoxin?

  19. Vetjan het gesê op Julie 3, 2012

    blykbaar ‘n meer komplekse soort gif

  20. Book_Ends het gesê op Julie 3, 2012

    Is jou kamera toegerus om onderwaterse foto’s te neem?
    Ek onthou mens kon jare terug sulke throw-away kameras koop om foto;’s te neem maar nie digitaal niegroete
    Adage

  21. Vetjan het gesê op Julie 3, 2012

    Die eenvoudige wegooi kamera in die tot 3 meter waterdigte boksie is nog steeds beskikbaar, maar hieride fotos is met die oulike Coolpix mik en druk geneem in ‘n lekker huls.
    Die P 7000 plus Fantasea huls, werk soos ‘n bom.

  22. Book_Ends het gesê op Julie 3, 2012

    Thanks want dis goeie foto’s!

  23. HeavyHenry het gesê op Julie 3, 2012

    Daai natrium kanaal goed is sleg genoeg = sal nie wil met die ding speel nie!

  24. loudavisi het gesê op Julie 5, 2012

    Toe ek jonger was, was dit vir my die lekkerste om in Mosselbaai se see te snorkel. Jou foto’s is fantasties, Petrus!

  25. Sjoe maar dis mooi foto’s!Ek is bang vir water,so dis altyd lekker om ‘n kykie daaronder te kry deur die dapperes se kameralensoë.

  26. Dankie vir die lieflike fotos. Jammer oor die sluwe
    bewakers van onnodige lae spoedgrense aspris gestel om geld te maak. Hier by ons teister die plattelandse
    munisipaliteite al jarre.

  27. Is Kobus Wiese kode vir Get stuffed ?

    Nogal slim

  28. No, on one of Petrus’s previous posts he mentioned Kobus and Anha made some snotty remark, insulting Petrus because she did not know who he was referring to. He wrote a brilliant answer, explaining some basics to her, and ended saying something along the lines of “jirre maar jy is darem dom”. Which I thought was quite accurate and very funny.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.