Jy blaai in die argief vir 2012 Julie.

Die Hengelaars

Julie 2, 2012 in Sonder kategorie

Die Amerikaanse naam “Frog fish” is erg verwarrend. Veral as mens dit direk vertaal. ‘n paddavissie is tog maar net ‘n padda voor hy ‘n padda is, en geen vis nie. Daarom is die Australiese benaming “Angler fish” baie beter.

“Hengelaar” hier by ons, familie Antennariidae. As jy nie versigtig gaan soek in water warmer as 20 C nie, gaan jy nie ene te siene kry nie. Daarom plaas ek maar die foto wat Tienks laasweek in Mosambiek met die nuwe  kamera geneem het.

Frog fish

Uitstekende kamoeflering, hy smelt perfek saam met die sagte koraal vanwaar hy vir sy prooi lê en wag.

 

Laaste winter skoolvakansie vir Tienks, mens moet die geleentheid benut. Van die niggies was ook saam en het dit ook in die water gewaag. Ons was op die regte plek daarvoor.

 

Op pad terug het ek nie eintlik genoeg aandag gegee aan padtekens nie, spesifiek die “ry 60” bordjies nie. Daarom het Mosambiek se ekonomie ‘n ekstra hupstootjie gekry, uit my beursie uit. Die spietkops het seer sekerlik baie bier gekoop met my geld, en die kroeg eienaar het sekerlik die geld weer verder aangewend ens.

 

Paindane se  riwwe is baie mooi, so ons kyk liewer na nog fotos eerder as om verder te worry oor gedane sake op die pad.

 

duik

 

 

Op pad rif toe.

 

coral garden

 

 

Onderwatertuin

 

 

klipvis

 

Vir hierdie kalant moet jy pasop !!!

 

Moenie aan hom raak nie.