Cancun

Junie 21, 2012 in Sonder kategorie

Alberto en ek is nou goeie maats.

Hy het my alles vertel van hulle ondersese monument in Cancun.

Volkswagen borg die volgende werk, ‘n kewer in sement gegiet wat hulle ook daar gaan plant.

Hy reken al die sement beelde en goed is eintlik nie so swak idee nie, want daar is mal donners wat oor dit wil rond snorkel.

Dan as dit by die eintlike koraalriwwe kom is die mense al klaar koud en die stupid beelde bewaar inderwaarheid die riwwe, wat die 2de grootste koraal stelsel is na die Great Barrier van Oz. Die mense is meer op die beelde as die rif.. en dis goed vir die rif.

Ek wou ‘n foto neem van Alberto se vrou. Sy is 54. Ek het nie. Hel, sy het ‘n stel bene aan haar.

Goeie gene, maar ek het ook besef dat ons liewe boere tannies geheel en al GEEN verskoning het nie… want sy het na 3 kinders nie in ‘n seekoei verander nie, maar is steeds pure gazelle.. en sy is ook die hoof van ‘n taal departement en praat 6 tale vlot !!!

22 antwoorde op Cancun

  1. Interessant, nooit geweet nie.

  2. Afriakner anties is oud op 11!!
    Kettingrook reeds, naai rond, dieet…op 18 kan jy hulle afskryf, dan slaan hulle lankal reeds dwelms, ongehude moederskappies, op 21 is dit skeisake, ewige gewigsverliese, bagasie, bagasie bagsie…en ellelanfe lysies verskonings…

  3. Ek drink saam ‘n lekker tequila op die motor van die vorige eeu . Mens mag maar soms jou naaste se vrou begeer, ne^ ? ( begeer rym so mooi met komplimenteer )

  4. HeavyHenry het gesê op Junie 22, 2012

    🙂

  5. avega het gesê op Junie 23, 2012

    Dis ook in die gene, moenie so hard wees op die SA boeretannies nie.

  6. Carol460 het gesê op Junie 23, 2012

    Ek ken ‘n hele paar Suid- Afrikaanse vroue wat pragtig verouder het. Dis in hulle gene

  7. palamino het gesê op Junie 28, 2012

    Sien nou eers die. Wel, dan is dit ‘n goeie ding. Ten minste spaar dit die natuurlike riwwe uit.

    Maar ek dink ook die mense gaan kyk na die beelde omdat dit mooi is. Dis esteties. Mense waardeer dit. Ek dink jy verloor dit bietjie uit die oog hierso 🙂 dalk, net miskien. Ek dink nie die beelde is stupid nie. Ek dink dis amazing kuns

    Oor die Boeretannies veralgemeen jy so effe. Ek ken vele van hulle (is self een) wat nie seekoeie is nie

  8. palamino het gesê op Junie 28, 2012

    Ek bedoel nou, hoekom moet dit OF die een, OF die ander wees? Hoekom kan die 2 nie in harmonie met mekaar wees nie? Die beelde waarop die riwwe nou vashouplek kry, wat ‘nn baie kreatiewe sinergie tussen mens en natuur uitbeeld en ongelooflike emosie uitlok as mens dit ervaar – en aan die anderkant, die natuurlike riwwe wat die fantasiese power van die natuur op sy eie vervat? Hoekom moet die een stjoepit wees?

  9. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    Dit is ‘n lang storie, met verskillende invalshoeke. So jy is reg.

    Aan die anderkant weer, hoekom moet mens sement gietsels in die see loop sink?

    Uit ‘n puriteinse “groen” oogpunt gesien?

  10. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    Dis waar, met die klem op ‘n paar.

    Gisteraand het die volk weer in ‘n lang ry gestaan by die KFC “drive through” in Soutpansberg weg… ‘n entjie verder was Nando’s maar stil.

    I rest my case.

  11. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    Gene is een ding, dikvreet en onaktiwiteit is ‘n ander.

  12. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    Hoekom mag jy rondnaai en hulle nie?

  13. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    Die hoeveelste gebod is dit nou weer?

  14. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    Sorry oor die veralgemening, jy is weereens reg.

    Ek sal maar moet oorpiekel Cancun toe om self te gaan kyk na die beelde.

  15. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    ek ook nie

  16. Vetjan het gesê op Julie 2, 2012

    🙂

  17. om positief te antwoord – daar is geen gebod wat mens verbied om iemand anders met woorde, of met medemenslikhied, te komplimenteer nie.

    (maar Egbreuk is die 7de gebod , so tussen Steel en Moord ingedruk .)

  18. Carol460 het gesê op Julie 2, 2012

    He – he, skuus dat ek lag, maar dis waar wat jy daar sê!

  19. Krokodilla het gesê op Julie 4, 2012

    Hei! ‘sop vir jou!

  20. He!he! Sê hom!

  21. Oor ‘n paar eeue reken volgende geslagte mense dat dit Atlantis,die verlore stad is,wat daar onder die water lê!

  22. Gooi net vir Blikskottel by dan is
    Petrus en Franci n uitskende voorbeeld van die heerlike verskeidenheid van die moderne Afrikaner. (Moenie van Lou,Darwinia, Adage/Maankind en Anha vergeet nie.)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.