Cancun
Junie 21, 2012 in Sonder kategorie
Alberto en ek is nou goeie maats.
Hy het my alles vertel van hulle ondersese monument in Cancun.
Volkswagen borg die volgende werk, ‘n kewer in sement gegiet wat hulle ook daar gaan plant.
Hy reken al die sement beelde en goed is eintlik nie so swak idee nie, want daar is mal donners wat oor dit wil rond snorkel.
Dan as dit by die eintlike koraalriwwe kom is die mense al klaar koud en die stupid beelde bewaar inderwaarheid die riwwe, wat die 2de grootste koraal stelsel is na die Great Barrier van Oz. Die mense is meer op die beelde as die rif.. en dis goed vir die rif.
Ek wou ‘n foto neem van Alberto se vrou. Sy is 54. Ek het nie. Hel, sy het ‘n stel bene aan haar.
Goeie gene, maar ek het ook besef dat ons liewe boere tannies geheel en al GEEN verskoning het nie… want sy het na 3 kinders nie in ‘n seekoei verander nie, maar is steeds pure gazelle.. en sy is ook die hoof van ‘n taal departement en praat 6 tale vlot !!!
Onlangse kommentare