Skiettragedie

Mei 22, 2012 in Sonder kategorie

Op Facebook is daar nou mense wat algemene misdadigheid in die land verantwoordelik hou vir die dood  van Edi Boshoff (8) nadat haar pa haar per ongeluk deur ‘n toe deur geskiet het.

Mense blameer die regering, die SAP, misdadigers ens.

Natuurlik is ons ontevrede met misdaad en swak regering. In baie dorpe doen die SAP ook swak werk, maar in my dorp is hulle heeltemal redelik sover dit algemene misdaadbestryding en diens betref. Perlemoensmokkel is weer iets anders, maar ek wil nie nou daaroor skryf nie.

Hier gaan dit oor “gun control”.  Ek besit nie self ‘n vuurwapen nie, en beskou dit ook nie soos daai belaglike Amanda Gouws in Stellenbosch as ‘n falliese simbool nie. As dit nie so helse beslommernis was nie, het ek dalk wel ‘n vuurwapen of twee besit.

Nietemin, myns insiens is die ware definisie van “gun control” : “the ability to hit your target”

Dit is my punt.

‘n Vuurwapen is ‘n verantwoordelikheid en moet reg hanteer word, die dag wat jy een in besit neem is daardie verantwoordelikheid joune.

As jy dit uithaal en rig moet jy bereid wees om jou teiken te skiet.

Teiken is belangrik, as jy skiet moet jy ‘n teiken in die visier hê. Anders skiet jy nie. Klaar !

Julle onthou seker nog die geval van rugbyspeler Rudi Visagie, wat ook in die nag skote in die algemene rigting van geraas geskiet het, en ook sy dogter dood geskiet het. Soorgelyk aan die tragiese Boshoff geval.

Om jou eie kind per ongeluk dood te skiet is sekerlik een van die ergste goed wat mens kan oorkom, ‘n swaarder straf as om met daardie selfverwyt saam te moet leef kan mens jouself nie indink nie.

Ek bly die bliksem in vir mense wat vuurwapens het en dan “skietongelukke” maak.

Daar is geen verskonings nie.

‘n Mens moenie die 2 verskillende sake verwar nie. Misdaad is een. Die regte gebruik van vuurwapens is ‘n ander.

Jy skiet eenvoudig nie blindelings skote af as jy nie duidelik sien waarna jy skiet nie.

Geraas agter ‘n deur is NIE ‘n teiken nie.

Ek voel verskriklik jammer vir die pa, maar hy het ‘n basiese reël verbreek.

Ja, ek weet hoe dit voel as daar mense rondom jou huis rondsluip…. en by die venster probeer inklim. Sien ek het nie heinings, diefwerings en sulke goed nie. Vensters is oop. Laat Sondagaand hoor ek die geraas hier agter iewers. Gaan kyk in die kombuis. geblaaste buislig, kyk in die toilet.. hoekom staan die venstertjie op sy grootste oop, kan nie dink dit was ek nie. Kom in die kamer en hier is ‘n bliksemse hand wat deur die gordyn kom. Ruk die gordyn weg, vloek die gesig, storm vir knopkierie en flits. Die sluiper(s) laat spaander. Het nie die SAP laat kom nie, die buurman agter en ek het met helder flitse om en om gestap, die sluipers was weg.  Na die tyd voel ek aan my agterdeur, en soos ek eintlik weet was dit nie gesluit nie, darem beter as die kere wat ek in die oggend gaan koffie maak en sien die deur staan nog wawyd oop.

38 antwoorde op Skiettragedie

  1. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Ja, dit is tragies. Vleis Visagie se dogter is ook so geskiet.

  2. Blikskottel het gesê op Mei 22, 2012

    Die ding is tragies, maar wees eerlik, onder die druk wat hy was kon enige iets gebeur het. Party ouens sou dieslelde opgtree het en ander dalk anders.

  3. HeavyHenry het gesê op Mei 22, 2012

    Ag shit. Jy moet versigtiger wees!

  4. postatdo het gesê op Mei 22, 2012

    I totally agree with you, it must be one of the worst experiences for any parent but you need to take responsibility for your own actions.

  5. Ek stem.

  6. exionperfexi het gesê op Mei 22, 2012

    Tragies…ek stem saam oor die versorging en hantering van vuurwapens.

    Ewe tragies is kinders wat in privaat swembaddens verdrink , kleuters wat onder motorkarre beland as ouers onvermoedelik in trurat terugstoot , klein kindertjies wat in ou yskaste versmoor as die deure nie van binne kan oopstoot nie … en,en,en ..

    Ek dink nie enige ouer kom ooit oor sulke gebeure nie … ai !

  7. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    Dit gaan nie oor ewe tragies nie Exi.

    Dit gaan oor jou spesifieke onverantwoordelike hantering van ‘n vuurwapen.

    Ek verwys hier spesifiek na gevalle waar die ouer fisies die kind skiet.

    ‘n Vergelykbare geval is waar ‘n ouer miskien sy eie kind met die kar raakry.

    Hierdie inskrywing handel glad nie oor die honderde ander gevalle waar jou kind agv iets anders sterf nie. Natuurlik is alle sulke gevalle tragies, maar dis nie waaroor ek blog nie.

  8. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    Sy het so baie issues en tissues oor alles mens sal nie eers weet waar om te begin nie.

  9. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    Onsin.

    Die man het blindelings skote in die toe deur in geskiet en sy dogter dood geskiet.

    Ander sotte het presies dieselfde gedoen, en met tragiese gevolge.

    Daar is geen verskoning of regpraat daarvan nie.

  10. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    Ja ouboet ek bespreek dit hierbo, sy regte naam is Rudi Visagie.

  11. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    thx

  12. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    dankie Thomas

  13. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    ek gaan ‘n nie dodelike “booby trap” stel vir nagsluipers

  14. louisna het gesê op Mei 22, 2012

    Sorry ek sien nou eers

  15. exionperfexi het gesê op Mei 22, 2012

    Sulke tragiese skietongelukke is statisties gelukkig baie skaarser as van die ander wat ek genoem het .

    Ek wys net uit dat die selfverwyt in al die gevalle wat ek bygenoem het dieselfde intense wroeging by die betrokke ouer veroorsaak as bv. sulke nare skietongelukke . Dis maar al . Ek bedoel nie om die onderwerp te verander nie . Ek voeg net by . OK .

  16. Unicorn007 het gesê op Mei 22, 2012

    Ja, ek is bevrees jy is reg. Ek oordeel nie, glad nie, maar jou punt is geldig.

  17. LandiCordier het gesê op Mei 22, 2012

    weet jy, dit is tragies, vreeslik hartseer en al daai soppy goed.

    maar punt bly staan, soos jy se, hy het ‘n basic reel oortree, sou die logiese ding nie maar eers wees om te kyk of almal in jou huisgesin ok is nie, die groepie mooi by mekaar kry en dan gaan ondersoek instel nie? elkgeval, dis hoe ek geleer is.

    en dit bly vreeslik hartseer, en al is ons wereld hoe gevaarlik, l.w. ek is heeltemal vir vuurwapens, maar mens moet ook leer en besef dit is nie die eerste ding waarna jy moet gryp nie, my gunsteling non-lethal weapon bly natuurlik ‘n paintball gun, hulle maak vrek seer op kort afstand, groot mans huil, maar dis seker net ek.

    sorry hoor, ekt vir ‘n oomblik vergeet ek is nie eintlik besig met my eie blog nie 😀

  18. loudavisi het gesê op Mei 22, 2012

    My eerste optrede sou wees om te kyk of my kinders veilig is. MAAR, dit het nog nooit met my gebeur nie, so ek weet seker nie regtig nie.

    Ek stem 100% saam oor die verantwoordelik wat met besit van ‘n vuurwapen gepaardgaan.

    Jy moet maar wakker slaap, PP!

  19. avega het gesê op Mei 22, 2012

    As jy moes verantwoordelikheid neem vir klein kinders en ‘n vrou, sou jy ook nie jou deure gesluit het nie?

  20. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    eerste ding – maak seker jou dogtertjie is veilig, tweede ding, jy maak seker jy het ‘n teiken in jou visier as jy die sneller trek.

  21. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    100% reg oor eerste optrede.

    ek stel ‘n moerse booby trap waar ek dink die sluipers sluip.

  22. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    LC jy is doodreg. Beveilig eers jou gesin. en mens kry peper balletjies vir a paintball gun.

    Niemand sal staan as jy hom met ‘n vol dosis peper geskiet het nie.

  23. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    ‘n bitter sware voorval

  24. LandiCordier het gesê op Mei 22, 2012

    Dis waar! Daai goed skiet gate in hout deure!

  25. avega het gesê op Mei 22, 2012

    Hey PP, ek stem saam met jou! Ek praat van JOU ongesluite buitedeure. As jy net vir jouself verantwoordelik is, kan jy deure ooplos, maar as jy verantwoordelik is vir ‘n gesin moet mens seker maar eerder sluit.

  26. smella het gesê op Mei 22, 2012

    Jy oordeel en kritiseer te gou, Petrus Wysneus.

    Weens die misdaad statistieke, is baie mense gestres oor inbrake / aanvalle en gereed om te skiet.

    As jy eers wil wag tot jy die aanvaller in die oë kyk, is jy gedooi………..dis verseker!

    Daar was sekerlik nie tyd vir die man om eers te kyk waar sy kinders is terwyl die inbrekers in die huis rondsluip en moontlik poog om die gesin uit te wis nie. ‘n Tragiese fratsongeluk en die pa sal vir ewig met sy gewete moet saamleef.

  27. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    obviously het jy nie my blog deur gelees nie enersyds herhaal jy presies wat ek gesê het, en andersyds ignoreer jy juis die misdaad issue wat ek aanspreek.. en derdens praat ek in die laaste paragraaf oor die inbreker in sy oë kyk …

    mens skiet nie wilde skote sonder om te sien waarna jy skiet nie.. punt

  28. Vetjan het gesê op Mei 22, 2012

    Die ironie is dat die “inbreker” in my geval Sondagaand deur die venster probeer inkom het terwyl hy maar net die agterdeur hoef oop te gemaak het !

    Ek reken as ek in JHB gewoon het sou ek wel veiligheidsmaatreëls getref het.

  29. palamino het gesê op Mei 23, 2012

    Ja. Dis ‘n blerrie moeilike ene die en ‘n enorme tragedie.

    Ek weet nie. Om ‘n skoot deur ‘n toe deur te skiet terwyl mens weet daar is kinders ook in die huis… dis moeilik, ek vra myself af wat ek sou gedoen het…

    Ek is enkel ma van 3. Ek pes gewere, ek het nie een nie. Ek het my roepradio, en ek het dinge in plek – reelings met my kinders. Ek weet ook ek is baie verbaal in sulke omstandighede. Hulle weet ek gaan vir hulle begin instruksies gil. Hard en duidelik. Maar geen mens weet ooit rerig hoe jy gaan reageer in die hitte van die stryd nie.

    Ek dink nie jy is onnodig krities nie. Dieselfde vrae het by my opgekom…. ‘n skoot deur n toe deur…

  30. palamino het gesê op Mei 23, 2012

    o, ek is ook n boobytrap ou! 🙂

  31. HeavyHenry het gesê op Mei 23, 2012

    Cool! – vertel ons meer, toe!

  32. Vetjan het gesê op Mei 23, 2012

    okay wanneer ek gereed is met alles sal ek daaroor blog.

  33. HeavyHenry het gesê op Mei 23, 2012

    Thanks!

  34. Peeping Toms huh…ophou flash ouboet…dalk het jy dit nie meer nie…elk geval…alle vuurwapens moet verban word…asap…

  35. In JHB hetek al met oopdeure geslaap…

  36. Vetjan het gesê op Mei 24, 2012

    ek traai ek traai

  37. Vetjan het gesê op Mei 24, 2012

    ‘n mens kan ja

  38. Swaai n towerstafie en almal skiet soos jy voorskryf verantwoordelik en ons juig oor een boef minder.
    Swaai my towerstaffie en niemand besit wettiglik n
    vuurwapen nie. Loof groot belonings uit en onwettige
    wapens in die hande van die geweldenaars word uitgewys en vernietig. Dan is ons terug by messe vir die geweld en peperspuit vir verweer.Darem bietjie beter. Helaas towerstafies is wensdenkery.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.