Jy blaai in die argief vir 2012 Mei.

Een oog is koning ( uiters pornografiese prente van beroemde mense)

Mei 23, 2012 in Sonder kategorie

Nog steeds in die land van die blindes.

Omdat Petrus so kranige branderry entoesias is het Brett Murray spesiaal sy portret op ‘n surfboard geverf.

Hiermee vertoon ek dan graag die XXXrated poronografie aan julle, ek weet die kuise dames wat spontaan pornografie op hulle google soektogte kry sal glad nie uit nuuskierigheid op hierdie blog kom loer nie.

Julle is gewaarsku.

‘n Bottel whisky vir die eerste een wat kan sê watter portret myne is:

Bart

Skiettragedie

Mei 22, 2012 in Sonder kategorie

Op Facebook is daar nou mense wat algemene misdadigheid in die land verantwoordelik hou vir die dood  van Edi Boshoff (8) nadat haar pa haar per ongeluk deur ‘n toe deur geskiet het.

Mense blameer die regering, die SAP, misdadigers ens.

Natuurlik is ons ontevrede met misdaad en swak regering. In baie dorpe doen die SAP ook swak werk, maar in my dorp is hulle heeltemal redelik sover dit algemene misdaadbestryding en diens betref. Perlemoensmokkel is weer iets anders, maar ek wil nie nou daaroor skryf nie.

Hier gaan dit oor “gun control”.  Ek besit nie self ‘n vuurwapen nie, en beskou dit ook nie soos daai belaglike Amanda Gouws in Stellenbosch as ‘n falliese simbool nie. As dit nie so helse beslommernis was nie, het ek dalk wel ‘n vuurwapen of twee besit.

Nietemin, myns insiens is die ware definisie van “gun control” : “the ability to hit your target”

Dit is my punt.

‘n Vuurwapen is ‘n verantwoordelikheid en moet reg hanteer word, die dag wat jy een in besit neem is daardie verantwoordelikheid joune.

As jy dit uithaal en rig moet jy bereid wees om jou teiken te skiet.

Teiken is belangrik, as jy skiet moet jy ‘n teiken in die visier hê. Anders skiet jy nie. Klaar !

Julle onthou seker nog die geval van rugbyspeler Rudi Visagie, wat ook in die nag skote in die algemene rigting van geraas geskiet het, en ook sy dogter dood geskiet het. Soorgelyk aan die tragiese Boshoff geval.

Om jou eie kind per ongeluk dood te skiet is sekerlik een van die ergste goed wat mens kan oorkom, ‘n swaarder straf as om met daardie selfverwyt saam te moet leef kan mens jouself nie indink nie.

Ek bly die bliksem in vir mense wat vuurwapens het en dan “skietongelukke” maak.

Daar is geen verskonings nie.

‘n Mens moenie die 2 verskillende sake verwar nie. Misdaad is een. Die regte gebruik van vuurwapens is ‘n ander.

Jy skiet eenvoudig nie blindelings skote af as jy nie duidelik sien waarna jy skiet nie.

Geraas agter ‘n deur is NIE ‘n teiken nie.

Ek voel verskriklik jammer vir die pa, maar hy het ‘n basiese reël verbreek.

Ja, ek weet hoe dit voel as daar mense rondom jou huis rondsluip…. en by die venster probeer inklim. Sien ek het nie heinings, diefwerings en sulke goed nie. Vensters is oop. Laat Sondagaand hoor ek die geraas hier agter iewers. Gaan kyk in die kombuis. geblaaste buislig, kyk in die toilet.. hoekom staan die venstertjie op sy grootste oop, kan nie dink dit was ek nie. Kom in die kamer en hier is ‘n bliksemse hand wat deur die gordyn kom. Ruk die gordyn weg, vloek die gesig, storm vir knopkierie en flits. Die sluiper(s) laat spaander. Het nie die SAP laat kom nie, die buurman agter en ek het met helder flitse om en om gestap, die sluipers was weg.  Na die tyd voel ek aan my agterdeur, en soos ek eintlik weet was dit nie gesluit nie, darem beter as die kere wat ek in die oggend gaan koffie maak en sien die deur staan nog wawyd oop.

Jammin vir Kerneels en die djuffrouens.

Mei 11, 2012 in Sonder kategorie

Al ons liewe onderwyseres vriendinne op die blogs, asook hulle kollegas wat nie hier teenwoordig is nie, gaan geweldig baat vind by vandag se blog. Dis nou as julle oorgaan tot aksie.

Dit is eintlik ons plaaslike musiekkenner se brief in die koerant wat my laat onthou het van die besigheid.

Ek bely ook dat ek eintlik nie soseer aan die juffrouens gedink het nie, baie onbedagsaam en alles, maar ek weet hierdie inskrywing bevat noodsaaklike opvoedkundige inligting, en van hulle sal baie bly wees oor wat hulle hier gaan lees.

Ons sal open met sang deur Bob Marley en die Wailers:

Ooh, yeah! All right!
We’re jammin’:
I wanna jam it wid you.
We’re jammin’, jammin’,
And I hope you like jammin’, too.

Ain’t no rules, ain’t no vow, we can do it anyhow:
I’n’I will see you through,
‘Cos everyday we pay the price with a little sacrifice,
Jammin’ till the jam is through.

We’re jammin’ –
To think that jammin’ was a thing of the past;
We’re jammin’,
And I hope this jam is gonna last.

Kerneels se brief in Die Burger :

kerneels

Kerneels, moenie worry nie !!!

Krygkor het die ding inderdaad uitgevind en die planne toe aan die kommuniste in China verkoop, dis wat gebeur wanneer die donnerse kommuniste jou land oorneem.

Hulle word kapitaliste !!!

Vra maar vir Blade as hy weet met sy Porsche deur Bettiesbaai jaag om vir die dames by die Arabella golf hotel te gaan hallo sê.

Nietemin, hier is die antwoord. Kyk, hier is ‘n sigaretboks model ook.

jammer

sigaret jammer

Raait, ek weet nie van julle nie, maar ek gaan ene koop, en saamvat fliek toe. Laat een bliksem nou probeer om sy selfoon in die fliek te operate, en sommer op baie plekke wat die mense onophoudelik met hulle swartbessies en mix en smartphones speel.

Vat hulle flaffie !!!