Speedbump

Maart 19, 2012 in Sonder kategorie

Die oefenkamp was vir die naweek opgeskort agv Vrydagaand se rugby wat die Stormers so mooi gewen het, en die feesvieringe en jolyt daarna.

 

Saterdag is dit opgevolg deur ‘n helse partytjie in Saldanhabaai. ‘n Klomp oesters en vonkelwyn was betrokke . Die vonkelwyn was droog genoeg, en het vermoedelik min genoeg suiker in om nog in te pas by die lewensstyl verandering. verder het oesters niks stysel in nie, so ek is seker dit was ook toelaatbaar om hulle te verorber.

 

Al probleem is dat ek die naweek niks geoefen het nie.

 

Intussen het my fikse broer gister ook draai in die Kaap gemaak. Die een in sy middelsestigs wat redelik ernstig fietsry. Voortaan bekend as Johannes Fiks.

 

Hy het so pas die “Cape Outback” resies afgelê. Dit was 400 km op allerhande veldpaadjies tussen Stilbaai en Stanford.

 

Op dag 3, dit was Saterdag, was die skof 130 km, en totale opdraandes vir die dag was 1400 meter.(vertikale styging).

 

Hulle het genadiglik by Strandveld wyne oornag. Johannes Fiks het op Sondag die wyn vir sy moegheid blameer, aangesien hulle hulleself blykbaar Saterdagaand mildelik gelaaf het met die Strandveld se beste. Later sou hy erken die lafenis was nie net beperk tot een aand nie, maar het inderdaad elke aand plaasgevind want hulle was na elke dag baie moeg en dors van al die fietstrap in die fynbosse.

 

Gister se skof was maar net 76 km , maar die vertikale styging was meer as 1600 meter.

 

‘n Mens moet hierdie resies as ‘n span doen. Twee ryers is ‘n span. 50 Spanne het deelgeneem, so net 100 ryers. Nie heeletmal ‘n Cape Epic nie, maar die “Epic” is ‘n perd van ‘n ander kleur.

 

My Sondagpreek ek ek toe van Johannes Fiks ontvang, om my gat in rat te kry en harder te oefen. Hy reken ek behoort volgende jaar aan die Outback te kan deelneem.

 

Dit is nou maar al.

 

Hierdie week is die kerf 20km per dag op die ou fietsie, mens moet seker maar die kerf geleidelik hoër maak. Ons sal maar sien hoe dit gaan.

 

Dis ‘n lang pad wat voorlê.

27 antwoorde op Speedbump

  1. en ‘n steile, maar ek is seker jy gaan dit met styl doen 🙂

  2. TS het gesê op Maart 19, 2012

    Ek is skoon uitasem net van die lees.

  3. loudavisi het gesê op Maart 19, 2012

    Doen dit net!

  4. Voorspoed!
    🙂

  5. HeavyHenry het gesê op Maart 20, 2012

    20 km is bleddie ver as mens nie fiks is nie!

  6. postatdo het gesê op Maart 20, 2012

    Eish!

  7. postatdo het gesê op April 7, 2012

    I got those 2 books re no-carb diet, would you like me to give you the diet? Or are you doing ok?

  8. Vetjan het gesê op April 7, 2012

    yes please. slowly making headway.

  9. postatdo het gesê op April 7, 2012

    6. I do eat fruit when I feel like something sweet or I eat 2 small pieces of Lind dark chocolate, but only two small pieces. I really struggle to lose weight but I can see that this works for me. I have lost nearly 6 kilos since starting in Feb, it doesn’t sound like a lot but for me it is massive, and I never feel hungry. Limit coffee to 4 cups per day if you can, (I can’t) and no liquor. You can eat any type of protein as long as it is less than 2 grams carbs per serving and any veggies that are less than 5 grams carbs per serving.

    Let me know if you need more info and good luck.

  10. postatdo het gesê op April 7, 2012

    5. A typical day for me:
    07:00 – 1 egg omelette with tomato, cheese and bacon.
    10:00 – Cold meat, cheese, cucumber.
    13:00 – Chicken breast, tomato, cucumber, salad, mushrooms, feta cheese, salad dressing
    16:00 – Cold meat or cheese
    19:00 – Fish, asparagus, salad with tomato, feta cheese, cucumber.

  11. postatdo het gesê op April 7, 2012

    4. Breakfast – 1 portion protein (if low fat protein, add fat in the form of butter, cream in your coffee, etc.) 1 portion low carb vegetable. (E.g. Omelette with tomato and cheese)
    Lunch – 1 portion protein, 2 cups of green leaves (salads etc.) 1 cup raw veggies (you can cook it but you measure it when raw)
    Snack – high protein snack e.g. salami and cheese
    Supper – same as lunch.

  12. postatdo het gesê op April 7, 2012

    3. Don’t worry about portion size in the beginning, just focus on cutting carbs from your diet. You will feel ill the first two weeks, then it becomes easier and after three to four weeks you will feel ill if you eat carbs. Read all labels, especially if it says Fat free, low fat, low GI, etc. It is usually loaded with sugar. (I didn’t believe this until I read the label on a tub of fat free yogurt – 19 – 25 grams of sugar per 100 grams, scary stuff.

  13. postatdo het gesê op April 7, 2012

    2. All fats and oil, even butter, allowed. Avoid low-fat dressings, check carbs per serving, needs to be less than 2 grams per serving. Limit cream and low-carb mayo to 4 tablespoons each per day. Limit cheese to 4 ounces per day, avo to half an avo per day.

  14. postatdo het gesê op April 7, 2012

    1. No sugars (simple carbs) No starches (complex carbs)
    No: white sugar, brown sugar, honey, maple syrup, molasses, corn syrup, beer, milk, flavoured yogurts, fruit juice and fruit.
    No: grains, rice, cereals, flour, corn-starch, breads, pastas, muffins, bagels and crackers.
    No: Pinto, lima, black beans, carrots, parsnips, corn, peas, potatoes, French fries and potato chips.

  15. postatdo het gesê op April 7, 2012

    Nearly forgot, it doesn’t work for everyone, if you still feel sick after three or four weeks and have not lost any weight, this is not for you.

  16. DonkerNag het gesê op April 9, 2012

    Sien ek jou by die Trans Baviaans? 🙂

  17. Vetjan het gesê op April 9, 2012

    miskien volgende jaar

  18. Vetjan het gesê op April 9, 2012

    thanks

  19. Vetjan het gesê op April 9, 2012

    is ver

  20. Vetjan het gesê op April 9, 2012

    🙂

  21. Vetjan het gesê op April 9, 2012

    thx

  22. Vetjan het gesê op April 9, 2012

    sal probeer

  23. Vetjan het gesê op April 9, 2012

    😉

  24. Vetjan het gesê op April 9, 2012

    baie steil

  25. palamino het gesê op April 13, 2012

    En daar dog ek om vir krokodille weg te swem hou mens mooi fiks 🙂

  26. Vetjan het gesê op April 13, 2012

    Haha, nee ek swem NA hulle toe.. nie WEG nie 🙂

  27. palamino het gesê op April 13, 2012

    Orraait dan, die swem hou jou fiks anyway 😀

Los ’n antwoord vir Doubtingthomas. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.