Spieeltjie spieeltjie aan die wand.

Maart 15, 2012 in Sonder kategorie

Jaagduiwel het die badkamer herontwerp en oorgebou.

 

Daar is nou ‘n oopplan stort en ook groot spieëls.

 

‘n Onbedoelde resultaat van die badkamer vernuwing is dat mens jouself kan sien terwyl jy stort, en dis nie ‘n mooi prentjie nie.

Nie in my geval nie.

 

Tog is daar een groot voordeel. Die motiveringsaspek, want liewe hel, jy wil baie beslis nie die vetsak wees wat daar vir jou gluur nie.

 

Ongelukkig moet ek diegene wat graag fotos van my gespierde borskas op hierdie blog wou sien teleurstel.

 

En julle sal ook heelwat langer as ‘n paar maande wag voordat ek fotos kan publiseer van waar ek vingeroptrekke fake. Soos toe FW laas sy rugspiere wou paradeer.

 

Verder is my een kamera se battery en charger soek, en die ander kamera het ek in November bo op Engen se petrolpomp in Rundu vergeet. Dit was die el cheapo Coolpix, soos dis nie ‘n onvoorwaardelike ramp nie, dit was maar ‘n simpel ou kameratjie. Anyway, “before en after” fotos is vir eers heeltemal buite die kwessie. Veral die “before” fotos. Blameer die spieel.

 

Die spieel is die reality check.

14 antwoorde op Spieeltjie spieeltjie aan die wand.

  1. Trakie het gesê op Maart 15, 2012

    Eendag is eendag dan gaan jy daai spieël met ‘n koekie seep gooi, klink dit my. Of vir beter resultate met ‘n bottel shampoo.

  2. Spieëljie, spieëltjie aan die wand….
    🙂

  3. Maklike oplossing vir daai flou verskoninkie, vat lipstick en trek die “buiterand” teen die spieel af, dan kan jy mos van tyd tot tyd die lipstick afvee en nuwe lyne trek, verkieslik nader na die middelpunt.

  4. HeavyHenry het gesê op Maart 15, 2012

    Kry mens nog sjampoo in glas bottels?

  5. Trakie het gesê op Maart 15, 2012

    Het mens sowaar shampoo in glasbottels gekry?? :-))

    Ek het eintlik iets soos Colgate shampoo in gedagte gehad wat mens soos ‘n knuppel spieël toe kan slinger. Kry mens ooit nog Colgate shampoo?

  6. lora2me het gesê op Maart 15, 2012

    Hang ‘n gordyn voor die spieël. ;D

  7. Vetjan het gesê op Maart 15, 2012

    Praat jy nou van die keelvormige plastiese bottel soos die groen “apple” shampoo… wat hoeka tans in die stort rakkie staan?

  8. Vetjan het gesê op Maart 15, 2012

    Lipsiek oftenot, ek sien nog steeds ‘n vet ou in die spieel.

  9. Vetjan het gesê op Maart 15, 2012

    hahaha… nee dit gaan ook nie werk nie .. besides, die spieel vervul ‘n belangrike sielkundige rol.

  10. Trakie het gesê op Maart 15, 2012

    Jaaaa! Einste! Ag, hoe verlang ek nou na daai green apple shampooreuk uit my kinderdae.

    On second thought, moet asseBLIEF nie my kinnerherinneringe spieël toe slinger nie! As dit nou die Colgate eiershampoo was, by all means. Net nie die green apple nie!

  11. HeavyHenry het gesê op Maart 15, 2012

    Op ‘n stadium was alles in glas – Colgate was van die eerstes in die plastiek bottels – ek onthou net sulke geel goed wat soos egg-nog gelyk het – was al vir jare my hare met dieselle seep as waarme ek myself was – wat dit ookal is, so ek sallie van Sjampoo weet nie – julle ken natuurlik die verskil tussen shampoo en real poo..

  12. Vetjan het gesê op Maart 15, 2012

    🙂

  13. Vetjan het gesê op Maart 15, 2012

    Ek gaan geen van Colgate se gewildste 2 geure – eier en appel – gooi nie …ek gebruik die goed eintlik vir my duikpak, enige yachtie sal bevestig dat colgate se sjampoe beter in seewater skuim as enige ander soort op die mark.

  14. HeavyHenry het gesê op Maart 15, 2012

    Kry mens nie meer soutwaterseep (wat op Kalium pleks van Natrium gebaseer is) nie?

Los ’n antwoord vir Vetjan. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.