Oefenkamp reloaded.

Maart 14, 2012 in Sonder kategorie

Nee, ek het nie my blog uitgevee en oor begin nie, maar ek reken ek gaan die volgende maand of so in Jan Tuisbly se karretjie ry, so 4 weke is ‘n goeie tydperk om terug te keer na die oorspronklike gedagte van hierdie blog… wat beslis die pad heeltemal byster geraak het.

Back to square one dus:

Die lengte : massaverhouding is die eerste maatstaf.

 

‘n Baie maklike een.

 

Sure, sure.. nie almal het dieselfde ligaamsbou en beenstruktuur nie.

 

Die omtrek om jou pens mag nie meer as die helfte van jou lengte wees nie.

 

Maklik, meet jou omtrek by jou maag, en maal dit met twee.

 

Is jy korter of langer as dit?

 

Langer is goed.

 

Korter.. en jy is dik ou maat, heeltemal te dik. No ifs or buts.

 

Moenie ‘n klomp twak oor ouderdom kom praat nie.. my oupa was op 90 ‘n goeie entjie langer as 2 x sy maag se omtrek.. so die ouderdom ene gaan nie gel nie.

 

In my geval is daar eenvoudig geen verskonings nie. Lekkerleef en lekkerbekkigheid het sy tol geneem.

My voorliefde vir Bacchus ook.

 

Die eienaardige ding is dit, ek maak ‘n braaivleisvuurtjie vir myself alleen, en gooi twee lekker lam tjops op. Twee groot boud tjops, maar die behoefte aan ‘n glas rooies is nie oorweldigend nie. Nogal gedag dit sal wees, maar maklik weerstaanbaar.

 

Die probleem lê by die tjops. Ek het twee in die bevrore pakkie gehad. Gedink ek sal een vanaand eet en die ander een hou vir môre. Nie gewerk nie.

 

Ook nie gedink ek sal liewer wees vir ‘n tjop as ‘n glas rooies nie, maar so vind mens goed uit wat jy gedink het anders sou wees.

 

A luta continua

19 antwoorde op Oefenkamp reloaded.

  1. postatdo het gesê op Maart 14, 2012

    See if you can find the section on Tim Noakes re his diet. Makes a lot of sense.

  2. TS het gesê op Maart 14, 2012

    Oooo tyd sal ons dit vir 4 weke moet ontgeld?

  3. Ek hou hiervan maar onthou die belangrikste van hierdie hele oefening is om die “before” foto te neem!

  4. Vetjan het gesê op Maart 14, 2012

    wat is kitose?

  5. Vetjan het gesê op Maart 14, 2012

    He changed his tune, took him a fucking long time to discover something we knew was bullshit all along.

  6. Vetjan het gesê op Maart 14, 2012

    Ja, hier gaan jy bars!

  7. Vetjan het gesê op Maart 14, 2012

    Fuckkit !!

  8. postatdo het gesê op Maart 14, 2012

    It is actually ketosis, it means that our bodies are using fat for energy.

  9. postatdo het gesê op Maart 14, 2012

    At least he is man enough to own up to his mistakes. And he doesn’t deny it, he mentioned it more than once in the article I read. I ordered both the books he recommended, let’s see what it says.

  10. Vetjan het gesê op Maart 14, 2012

    oh

  11. Vetjan het gesê op Maart 14, 2012

    at least yes. fullmarks for him on that count.

  12. Vetjan het gesê op Maart 14, 2012

    no fear, ek sal nie kitose kry nie… want

    ek eet vrugte, en bietjie stysel, en bietjie suiker, en ek gaan wel ‘n paar wyne ook drink.. net nie bier of brannas en coke nie of enigeiets en coke nie of enige koeldrank met skop nie… of anyways nie alvorens ek so paar kilos gedrop het nie.

  13. Ek kàn nie dieet nie alhoewel ek terdeë besef ek grawe my graf met my mes en my vurk….
    🙂

  14. HeavyHenry het gesê op Maart 15, 2012

    As jy fisies iets doen, en bietjie minder eet, kan jy nie anders as om gewig te verloor nie – dis ‘n simpel inset-uitset som – Jy kan mos!

  15. Vetjan het gesê op Maart 15, 2012

    Reg, ja, teoreties is dit ‘n bitter eenvoudige inset-uitset vergelyking.

    Die waarde van oefening word dikwels onderskat.

  16. Vetjan het gesê op Maart 15, 2012

    Ek probeer wegkom van die gedagte van ‘n doelbewuste dieet, en maak sekere veranderinge aan wat ek eet, ipv 300 gram steak en chips, liewer ‘n 200 gram, met slaai as bykos. En maksimum een bier ‘n week.

  17. HeavyHenry het gesê op Maart 15, 2012

    Ja maar dis een van daai klas van goed waar dit makliker is om oor kak te praat, as dit is om dit te doen!

  18. Vetjan het gesê op Maart 15, 2012

    ja, die pad is lank en swaar

  19. HeavyHenry het gesê op Maart 15, 2012

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.