Die Argus fiets “resies”

Maart 12, 2012 in Sonder kategorie

Verskeie familielede, vriende en kennisse was onder die meer as 35 000 mense wat dit gaan ry het.

My ouboet (65) het dit al baie gery maar nadat ‘n kar hom ‘n paar jaar gelede tydens ‘n “gewone” padresies ernstig beseer het, het hy besluit bergfietse is meer die ding.

Deesdae ry hy goed soos die Lighthouse to Lighthouse, en die Transbaviaans, 240 km “single stage”.

Lighthouse to Lighthouse was laas een dag van Dangerpunt tot L’ Agulhas en die volgede dag weer andersom .. of so iets.

Twee skofte, elk omtrent 100 km of so, moeilike terrein.

Laaskeer toe ek daar in Bloemfontein by hom ‘n draai gemaak het, het hy my sy super duper koplamp/fietslig gewys wat hy gekoop het om bietjie lig te werp op die pad deur die Baviaans.  Aangesien hulle in die nag ook moet ry (obviously)

Hy het natuurlik ook al die Cape Epic gery. Hy is eintlik ‘n fikse derduiwel.

Gister was dit kleinboet en sy tiener dogter wat gaan meedoen het aan die sosiale uitstappie .. want dit is eintlik wat die Argus is. Die twee se tyd was ook iewers rondom 6 ure.

‘n Ander skoonsus (46) het ook gaan deelneem, haar tyd was 4.33.

Reinhardt Janse Van Rensburg se wentyd was gister 2.36 en moenie die 17 sekondes vergeet nie. maar ek dink amper Robbie Hunter se rekord van 2.27 staan nog.  Wyle Ertjies se eerste wentyd destyds was 2.40

Ek verneem Helen Zille het op ‘n tandem deelgeneem, en ons geagte sport minister Fikile ook. Hopelik het die tweetjies nie op dieselfde tandem gery nie, okay, obviously nie, want ek is nie so 100% seker dat die twee dit op enkelfietse sou maak nie.

Natuurlik is daar ‘n paar kategorieë waar dinge erg kompeterend is, die voorste mededingende klasse.

Mooi skoot aan almal wat gister gaan ry het.

Dis ‘n gebeurtenis vir almal en ‘n pretrit waaraan meer as 35 000 mense deelneem is iets besonders.

My broer sê in die skadukolle op Chappies het die mense gestaan soos by die wailing wall in Jerusalem, met toe oë en al wiegend op hulle bene … en eenkant skiet ‘n ou ‘n paar katte.

Ek is eintlik verbaas dat daar net twee gerapporteerde hartaanvalle was onder die deelnemers.

Sekerlik het daar ‘n paar ouens op ander plekke as die mededingende bondel voor die wenstreep geval.

Gister was dit vrek warm, maar min wind.

Natuurlik praat almal hoe warm dit gister was en hoe hulle gesuffer het, maar as die sedoos gister gewaai het sou ‘n groot persentasie glad nie klaargemaak het nie.

Omdat die Argus ‘n maklike pretrit is, neem ‘n groot gros mense deel sonder dat hulle genoeg oefen. Kleinboet is een.

“Hoe baie het jy geoefen?”

So 5 keer seg hy.

“hoe ver ?”

“hmmmm so 30 or 40 km op ‘n slag !”

Dit was die somtotaal van sy voorbereiding… o ja , hy het sy fiets ook laat versien.

En dit is die Argus. Hoe hard dink julle het Helen en Fikile ge oefen?

Ek is ‘n groot Argus ondersteuner, en dink dis wonderlik dat so baie mense deelneem…

maar genugtig !

sosiale deelname verg omtrent GEEN voorbereiding nie. Asseblief … laat ons  onsself nou nie heeltemal bullshit nie!

As jy dit onder 4 en ‘n halfuur ry sal ek sê knap gedaan ! en onder 3.30 puik. Dis ‘n uur stadiger as die wenners.

Dit was vandag vir my lekker om met kleinboet en sy tiener te praat oor hulle deelname.. natuurlik moes sy gereeld wag dat sy vetgat kan inhaal …. na extended water stoppe en so aan …

Ek sal iets moet doen oor die wobble in my voorwiel, en miskien ook volgende jaar gaan saamry, maar ek sal meer oefen as 4 keer.

12 antwoorde op Die Argus fiets “resies”

  1. lora2me het gesê op Maart 12, 2012

    Ek bewonder daardie deelnemers. Ek sou beslis ‘n PAAR “tiere en leeus” geskiet het op Chapman’s as ek deelgeneem het.

  2. Daan2409 het gesê op Maart 12, 2012

    Petrus,na aanleiding van Bileam se weergawes het ek ook die Argus ding bedink en toe sommer gister die ou baaik daar in die stoor gaan uitgrawe. Hel hy is nog in ‘n swakker toestand as sy baas. Moet sê hy was seker so 48 jaar laas in gebruik. Dink nie een van ons twee gaan dit maak nie. Beskou regtig mense van my ouderdom wat dit nog kan doen as helde. Nee wat ek sal maar met die motorfiets daai roete gaan doen dan kan ek die natuurskoon bewonder sonder om eers met Avbob te onderhandel.

  3. HeavyHenry het gesê op Maart 12, 2012

    Daai ding is ver vir ‘n “weekend warrior”…

  4. Ek-Myself het gesê op Maart 12, 2012

    Ek slaat morsdood neer! 😉

  5. Modigliani het gesê op Maart 12, 2012

    Ek dink selfs al ry iemand net vir die sosiale aspek daarvan en vat langer as 4.5 ure, is dit great.
    Dis beter as die res van ons wat nie eens probeer het nie.

  6. Neander het gesê op Maart 12, 2012

    Die wentyd is glad nie belangrik nie, slegs die wenner op die dag, want omstandighede verskil elke jaar.

    Fukile het saam met Mighty Mouse Maclean JHBG op die tandem gery.
    Daar was meer as 100 hospitaal gevalle en twee hartaanvalle.

    Onthou die dames spring na die professioneles weg en van die vinnige veteraan mans haal hulle in en ry dan saam met die voorste bondel dames. Ek het dit self gedoen.

    Terloops, die wenner is die ou wat eerste oor die wenstreep ry, nie die ou wat die kortste tyd aanteken nie. So van die veterane kan vinniger ry as die wenners.

  7. Vetjan het gesê op Maart 12, 2012

    Reg ja. Mededinging vir line honors is natuurlik net beskore vir die pro’s wat eerste wegspring, en ook bepaalde mededingende groepe … soos vrouens, veterane, ens..plek in die groep…. die res onthou maar die tyd wat hulle gery het … tot die naaste orde!

  8. Vetjan het gesê op Maart 12, 2012

    dis altyd goed om deel te neem

  9. Vetjan het gesê op Maart 12, 2012

    ek ook

  10. Vetjan het gesê op Maart 12, 2012

    inderdaad

  11. Vetjan het gesê op Maart 12, 2012

    die motorfiets moet ook oefening in kry 🙂

  12. Vetjan het gesê op Maart 12, 2012

    hel ja, en die pyn!

Los ’n antwoord vir HeavyHenry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.