Die Palmeira insident

Februarie 26, 2012 in Sonder kategorie

Die EN1 het oor die algemeen nie sypaadjies nie, en die ou met die boeksakkie het langs die pad gestap. Die afgelope ruk het dit baie gereen in Mosambiek, en die gras is groen en hoog.

Die stof het gestaan en die vragmotortjie het soos ‘n monster deur die gras aangestorm gekom.

Ek weet nie hoekom hy van die pad af gejaag het nie. Ek kyk dit so en kyk dit so, en die outjie wat daar stap weet nie watter kant toe nie.

Ek probeer hom wil om links te spring, maar nee, hy versteen, en toe spring hy regs.

Die rooi hempie vedwyn onder die vragmotor se wiele. Die boeksakkie vlieg eenkant toe.

Ek skat die outjie so 10 jaar oud.

God se sogenaamde wonderlike Plan vervul my weereens met afsku.

7 antwoorde op Die Palmeira insident

  1. Amen Petrus

  2. avega het gesê op Februarie 26, 2012

    Dis verskriklik. My hart gaan uit na die arme ma wat die nuus moes kry. Om God te blameer vir ‘n fratsongeluk is egter irrasioneel.

  3. Vetjan het gesê op Februarie 26, 2012

    What is good for the goose is good for the gander.

  4. Terrible accident, my heart goes out to the parents, one shouldn’t have to bury your children.

  5. Ag shit!

  6. palamino het gesê op Maart 2, 2012

    Hoe tragies, ja dit laat mens wonder, ne? Hoekom sal ‘n voostedelike familie wat hard bid vir ‘n skiboot waarmee hule op Hartebeespoort kan aan rondjaag dit wel dan kry? (Jip, ek kan getuig daarvan)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.