Die Groot Komplot

Februarie 10, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie organigram, wat ek natuurlik vanaf ‘n Amerikaanse webwerf afgetrek het, sal met enkele veranderinge perfek inpas by die gedagtegang van die komplot kenners hier op ons gawe litnet blogwerf.

Die Rooi gevaar is met ons. Die kommies ! Soos ons altyd vermoed het hier word dit op swart en wit bewys !!

Of altans, dis alles die donnerse kommuniste se skuld!!

maar wag, dit is net die misleidingsplan ! Heelonder sal ek met ‘n verdere openbaring kom.

Kyk eers na die organigram, een klein veranderinkie kan dalk wees om die Demokratiese party met die Demokratiese Alliansie te vervang.

Byvoorbeeld : In “Afrikaner Afrikaan” het Van Zyl Slabbert mos presies vertel hoe hulle by Soros geld gekry het.

agenda

Karl Heinrich Marx (5 May 1818 – 14 March 1883) was a German-Jewish philosopher, economist, sociologist, historian, journalist, and revolutionary socialist.

En nou volg die GROOT OPENBARING :

Sien dis eintlik die Jode wat agter alles sit, Karl was maar net hulle werktuig.

Ek wonder eintlik bietjie of ek ‘n disclaimer hier moet skryf, maar die fok weet, nadat ek Dana Snyman se rubriek in Die Burger vandag gelees het, moet ek maar. Hells bells buckets of blood.

Disclaimer:

Ek dryf die spot met die komplotters.

49 antwoorde op Die Groot Komplot

  1. Wit ameriakners en wit afrikaners is ewe siek bliksems…verrotte breine galore…dan si hulle nog boonop gotsdienstig ook…gaga!

  2. Ingewikkeld.
    🙂

  3. Ha ha ha ha Petrus. Op Praag se webwerf was daar eenkeer ‘n artikel wat in diepte gewonder het watter soor kommunis ek is, ‘n Trotskis of Maois.

  4. Slim, nodige spot.

  5. Adage het gesê op Februarie 10, 2012

    Lol It’s nice when a plan comes together

  6. avega het gesê op Februarie 10, 2012

    Ek het al gewonder of ek ‘n sekere ‘conspiracy theorist’ hier se blogs moet gaan opdiep en die teorieë so aanmekaar probeer link, niemand weet naderhand meer wie’s nou weer aan wie se kant en wie’s in wie se sak nie 🙂 Maar een ding kon ek sover agterkom, Kissinger was ‘n baie besige man!

  7. Zuma, Marcus en Gordan het ‘n perskonferensie gereel vir more. Die Reserwe bank se mandaat gaan verander word.

    Sela!

  8. En al die tyd is jy n Stalinis

  9. Jis ek weet nie hoe hulle dogters gelyk het nie so ek kon nooit regtig besluit nie

  10. huh!! Het jy nie geseg dat jou familie seg dat OZ is soooo wonnelrik nie??? Nou wonner ek netw at soek jy in SA nog, KKK???

  11. onthou nou dat een of ander generaal ons by die skool kom toespreek het daar doer in die 60er jare. sy woorde was : Daar sit nie ‘n kommunis agter elke bos nie, daar sit 2!

  12. Jy moes nie die disclaimer ingesit het nie.

    Google bietjie poe’s law…

    🙂

  13. Sun Yat Sen se dogters was nie net hot nie, hulle was slim!

  14. Dit is net vir my vreemd dat die ou regering ons gewaarsku het teen kommunisme ens. En vandag heul ons regering juis met die teen wie ons gewaarsku was. Interesting times.

  15. @ Ru:
    BwhHhHhahahahiehiehie!

  16. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    Ek het nie geweet jy was onlangs in Zimbabwe nie, vertel asb meer van wat jy alles daar gesien het.

    oeps .. jy was nie daar nie was jy?

  17. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    🙂

  18. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    Heul? hulle IS die regering.

  19. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    Haha

  20. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    Hulle sit nou nie meer agter die bos nie, maar sommer in die parlement.

  21. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    haai nee, ek sal nooit met die oosterse dametjies se pligte inmeng nie.

  22. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    Dis nou ‘n ding, maar ek dink nogal Marcus en Gordhan weet wat hulle doen. Tyd sal leer.

  23. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    Is hy ook op die diagram hierbo?

    en die diagram het veroorsaak dat ek iets van Keynes geleer het wat Sampie ons nooit vertel het nie.

  24. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    🙂

  25. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    baie dankie

  26. Ja hulle heul Petrus Pap. Hulle gee nie om dat ander ons land binnestroom en hulle ideologiee hier op ons kom afdwing nie. Hulle gee nie om dat Chinese wat so oorbevolk is net opsoek is na nog ‘n plek om af te pak nie. Ek mag dalk net ‘n pleb wees en nie die wêreld se kennis hê nie, maar duidelik gebeur presies dit waarteen die vorige regering was.
    Maar ja, ons kan maar lag daaroor, grappies maak, neerhalend wees en ons skouers optrek, want per slot van rekening is ons maar net die mense wat die kak van die regering moet opvreet.
    Soveel beloftes gemaak met sy rede gemaak gisteraand (soos sy belofte twee jaar terug van 500 000 werksgeleenthede wat hy sou skep – maar so twee weke terug, berig SABC 2 dat dit foutiewe beriggewing was) maar op geen manier gesê hoe hulle alles gaan dryf en van stapel gaan stuur nie.
    Vreemd ook dat die danse gisteraand net die riel en ‘n indiese dans ingesluit het.
    Maar ja, whatever jou gelukkig maak en jou vere streel.

  27. En jy is?

  28. Ha ha ha ha ha. Duidelik het jy nie die wêreld se kennis nie, meer so ‘n kleinerige voorstad sin.

  29. Maryna al ooit daaraan gedink dat toe die Amerikaners en die Britte die Suid-Afrikaanse regering ondersteun het die ANC nie veel ander keuse gehad het as om in bondgenootskap met die kommuniste te tree nie?

  30. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    In Zimbawe het ek olifante, wildehonde, leeus ens gesien.

    As ek nou by die venster uitkyk sien ek die suiderkruis.

  31. Ditto vir die IRA. Gerry Adams is soveel van ‘n kommunis as wat Adam Smith was. Ditto vir die Palestyne. Dis nie juis of hulle tot onlangs ‘n vriend in Amerika kon vind nie.

  32. Maryke weet jy wat het met opponente van die vorige regering gebeur? Wat met mense gebeur het wat in die openbaar gekla het oor hulle die vorige regering se kak moet opvreet?

    Hulle is dikwels vir die krokodille gevoer in opdrag van die regerende party.

  33. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    Hel, ek weet almal van hule het dogters gehad, en Trotski se agterkleindogter is omtrent 57 en ‘n dokter in die VSA.

  34. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    baie 🙂

  35. Vetjan het gesê op Februarie 10, 2012

    @ Maryke – Wie is die ‘ander” wat ons land binnestroom en presies watter ideologie is hulle besig om op ons af te dwing?

  36. Maryke ek het nou net deur jou blog gescan. Het jy al ooit ‘n conspiravy theory ontmoet waarvan jy nie gehou het nie?

  37. Vetjan het gesê op Februarie 11, 2012

    danse ? wat?.. wou jy gehad het hulle moes disco, langarm of dalk volkspele gedans het?

    Jy besef seker dat volkspele eintlik ook volksvreemd is?

    met aplogie aan die Pelissiers

  38. Die ander is almal wat anders is Petrus.

    ons En Hulle, Ons En Hulle
    hulle Braai Die Tjips Ons Kou Die Skille
    rusland Se Missiele, Amerika Se Pille,
    maties Teen Die Ikeys, Wp Teen Bloubulle
    maar Benewens Ons Pupille Is Daar Baie Meer Verskille
    tussen Ons En Hulle
    – Koos Kombuis

  39. avega het gesê op Februarie 11, 2012

    Nee Kissinger is in amper elke pos wat die conspiracy theorist skryf.

  40. Vetjan het gesê op Februarie 12, 2012

    mandaat ? oeps en toe is dit maar net note met ander prentjies op

  41. Onbthou dis die RB wat die note uitreik, nie die regerende party nie.

    Die karnallies se foefie het maar net gesorg dat die rand met 5% gedaal het.
    Dit gaan ons kos.

  42. Neander erken net jy was verkeerd. Die mandaat is nie verander nie en net n moroon sal beweer dat die kosmetiese verandering van die geldeenheid sy waarde laat daal het. Inteendeel gegee die statuur van Mandela sal die note nogal in aanvraag wees by buitelandse versamelaars wat selfs die rand minuskuul kan versterk. Groter vraag sien.

  43. En dis ook tyd dat jy aan die sosiale en ekonomiese wetenskappe die respek gee wat jy vir die natuurwetenskappe eis.

    Wanneer dit kom by menslike gedrag kan alles nie deur gene verklaar word nie. Soos jou implikasie van ‘n moordgene. Hoe verklaar jy dan gevalle waar een lid van ‘n identiese tweeling moord pleeg en die ander nie. Identiese tweelinge met verskillende persoonlikhede ens.

  44. Hierdie is my laaste kommentaar hier.

    Ek het nog nooit die ‘nurture’ in die ‘nature’ ontken nie. Toets my.
    Natuurlik tree identiese tweelinge nie dieselfde op nie. Ek het dit nog nooit verklaar nie.
    Voorbeeld, die Russiese tweeling wat so hardloop, hulle kom uit een sel/eier uit, dieselfde opvoeding, afrigting, kos, ens, en tog wen die een meer wedrenne as die ander.

    Kriminaliteit is ook ‘n genetiese eienskap.
    Ek analiseer elke dissipline op sy eie, vir wat dit werd is.

    Ekonomiese vooruitgang word deur vraag en aanbod op alle terreine bepaal, ook die bestuur van ‘n land, arbeid ens.
    As onbesonne dinge aangevang word, word die prys betaal en dis gewoonlik die armes wat die meeste daaronder ly.

    Sela!

  45. Vetjan het gesê op Februarie 12, 2012

    Ek sal nogal bly wees as die rand môre teen so 2nm steeds 5%(of meer) swakker is… maar helaas… dit gebeur gewoonlik nie op dae wat ek buitelandse geld moet omruil nie!

  46. Ek het nou net gekyk, hy het al klaar in oorsee-verhandeling met 2,4% herstel. Maar die eenheid het seergekry.
    Die feit dat die geel en wit metale se pryse nie hier bepaal word nie, is ook ‘n dilemma.
    Londen en New York is maar jittery.
    Ons mark het Vrydag met aanvanklik net so 200 punte laer beweeg, maar toe 388 laer gesluit.

  47. Kriminaliteit is nie ‘n genetiese eienskap nie. Tensy jy dink alle mense is kriminele. Weereens misken jy nurture.

    As jy reg is dat kriminaliteit geneties is sou dit onmoontlik wees vir albei identiese tweelinge met dieselfde DNA om nie ‘n krimineel te wees nie. Ongelukkig is daar heelwat bewyse daarvan.

    Jy is nie dom nie Neander, maar wanneer dit by rasse-kwessies kom ly jy aan ernstige confirmation bias.

  48. Nogal interessant dat SA se ekonomie die afgelope jare die sterkste was wat dit nog OOIT was!

Los ’n antwoord vir Adage. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.