Die Palmeira insident
Februarie 26, 2012 in Sonder kategorie
Die EN1 het oor die algemeen nie sypaadjies nie, en die ou met die boeksakkie het langs die pad gestap. Die afgelope ruk het dit baie gereen in Mosambiek, en die gras is groen en hoog.
Die stof het gestaan en die vragmotortjie het soos ‘n monster deur die gras aangestorm gekom.
Ek weet nie hoekom hy van die pad af gejaag het nie. Ek kyk dit so en kyk dit so, en die outjie wat daar stap weet nie watter kant toe nie.
Ek probeer hom wil om links te spring, maar nee, hy versteen, en toe spring hy regs.
Die rooi hempie vedwyn onder die vragmotor se wiele. Die boeksakkie vlieg eenkant toe.
Ek skat die outjie so 10 jaar oud.
God se sogenaamde wonderlike Plan vervul my weereens met afsku.
Onlangse kommentare