Alweer die weer

Januarie 14, 2012 in Sonder kategorie

My gunsteling weerwerf het die weer die afgelope twee dae verkeerd voorspel.

Eintlik nie soseer die weer nie, maar sekere aspekte daarvan. Soos byvoorbeeld die hoogte van die deining op die see. Streng gesproke is dit nie ‘n weervoorspelling nie, maar seetoestand-voorspelling.

Om die seetoestand reg te kry is vir my belangriker as reën of sonskyn, synde dat dit in elk geval nat is binne in die see.

MAAR … wind is die eintlike faktor.

Rigting, snelheid en vir hoe lank hy gaan waai, want wind regeer die see.

Anyway, Windfinder het een helse groot see voorspel, maw moerse branders en so. Vir gister en eergister nou, en dus eintlik vir vandag ook.

Nou, my vinger het nou die dag al genoegsaam herstel dat ek die krewe met volle toewyding met linker en regterhand kan gryp, en nie worry oor waar al die skerp horingkies, stekeltjies en doringkies steek nie. O ja, mens dra handskoene, my handskoene lê gewoonlik die hele plek vol dan koop ek sommer die el cheapo tuinhandskoene in Spar.. maar dan suffer jou hande.

Anyway, ek sou eergister, gister en vandag gaan krewe vang het… maar … vandat hulle die stuk see tussen die hawemuur en Ratelrivier gesluit het ry ek noodgedwonge om na De Wetsbaai toe. Dis fokken ver soontoe. ‘n Uur se ry.

en my dae van “no sea too rough” is verby.  Ek is te slapgat om in ‘n rowwe see in die donner. So ek wil nie ‘n klomp petrol uitry en sien dis ‘n helse mission met moerse branders wat in my rots sloepie in bliksem nie.

Anyway, dis ‘n mooi dag, niks wind nie, slegs matige deining.

Windfinder sê 8 knope suid. Dit beteken windstil. Môre gaan die sedoos 40 kmh waai.

Môre is die laaste dag vir kreef.

Ek gaan soek vir ‘n seekat ook, en vermoedelik gaan ‘n perlemoen my aanval, en uit noodweer sal ek moet moet doodmaak en slag.

Edit : ja, die see was toe omgekrap en heeltemal “om”. en so ontaard dit toe in ‘n  “no sea to rough” dag. En daar donner ek toe in die water in. Wat ‘n fokken mission.  Ek het alles gekry wat ek wou gekry het. Fuck it, Why not.

13 antwoorde op Alweer die weer

  1. TS het gesê op Januarie 14, 2012

    Sjoe… sterkte

  2. Laat waai en geniet dit.

  3. Ek is nou skoon jaloers hier in die Bosveld, ek gaan vermoor sommer ‘n vlakvark! Hoop jy is suksesvol in jou jagtog!

  4. Dis jou sesde sintuig wat jou waarsku en ek sien jy is mooi gehoorsaam… lol

    Hier rond haal die manne naweke baie krewe uit.
    Die pa en sy 3 seuns gaan saam…bring die krewe huistoe en ry weer vir nog ens ens.

  5. “…en vermoedelik gaan ‘n perlemoen my aanval, en uit noodweer sal ek moet moet doodmaak en slag.”
    🙂 !!

  6. Vetjan het gesê op Januarie 15, 2012

    Ja, kan jy glo, vandag het ‘n perlemoen van die specie Haliotes karateii my aangeval. Uit noodweer moes ek hom doodsteek en later opnsny en in ‘n pot kook saam met ander voormalige seelewe

  7. Vetjan het gesê op Januarie 15, 2012

    Ja Lou, noodgedwonge moes ek ook vanmiddag een of twee krefies huistoe ry. en ‘n seekat, en ook ‘n ander skulpvis wat itv Levitikus 11 eintlik verbode is 🙂

  8. Vetjan het gesê op Januarie 15, 2012

    Varke is nie kosher nie, maar dan weer krewe en ander skulpvisse ook nie.

    Alhoewel my aantal opgegaarde krewe nie my beoogde teiken van 50 is nie, bestaan daar ‘n weerlegbare vremoede dat ek in die loop van 2012 die wet gaan oortree, by midsdaad gaan betrokke raak, en ongeoorloofde seekosse … nevermaaind

  9. Vetjan het gesê op Januarie 15, 2012

    As hulle my vang , sal jy tot die Petrus Pap borgtog fonds bydra ?

    hehehe …… hulle het my nie gevang nie.

    Die evidence is intussen opgevriet

  10. Vetjan het gesê op Januarie 15, 2012

    ek het darem redbull gedrink

  11. Vetjan het gesê op Januarie 15, 2012

    windfinder, windguru … same diffs

  12. Kwyl ek nou vir ‘n krefie….

  13. Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.