5 Miljoen rand boete vir twakpraat
Januarie 12, 2012 in Sonder kategorie
Laasjaar het ons die omstrede wetsontwerp oor beskerming van inligting gehad. Daardie sage sal vanjaar voortduur, maar intussen is hier ‘n nuwe wet wat veral sekere bloggers potensieël erg in die wiele kan ry. Die nuwe Weerwet. I kid you not.
Gereelde lesers sal weet dat van die bloggers hier kan toor, kristalle het, visioene sien, en onweer kan voorspel.
Okay, baie bloggers hier kan visioene sien, dis hoekom ek so paar inskrywings gelede al my prys vir gunsteling blogger aangekondig het.. vir die mees “gerookte” blog van die week. ‘n Mens sien immers die beste visioene as jy die regte soort twak gerook het. Vra maar enige shamaan en toordokter.
Voortaan sal ons egter versigtiger moet omgaan met voorspellings, spesifiek weervoorspellings.
As jy nie SKRIFTELIKE TOESTEMMING van die weerburo het nie, en jy voorspel onweer, soos bv dat ‘n storm die pad Kleinmond toe oor 4 dae gaan wegspoel, dan gaan jy kniediep in die moeilikheid wees. Die boete is 5 miljoen rand.
Tog wil ek julle gerusstel. Die Nuwe Weerwet is net van toepassing op weervoorspellings en besoedeling soos bv ‘n olieramp.
Om natuurlik die einde van die wêreld te voorspel nav die Majas se kalender is nie ‘n weervoorspelling nie.
Ook nie dat meteoriete ons gaan tref, dat die pole gaan omdop, Elvis gaan terugkom, en die nuwe Fuhrer eersdaags ‘n staatsgreep in Duitsland gaan uitvoer nie.
Iemand het vandag ingeskryf Burger toe en voorspel dat in 2012 die WP nie die Curriebeker gaan wen nie, ‘n SA span nie die super 16 gaan wen nie, en SA beslis ook nie die 3 nasies gaan wen nie. Dan weer, dit is alles sekerhede, en geen visioen of kristalbal is nodig om dit te weet nie.
So julle kan maar lustig julle onderskeie visioene op hierdie goeie webwerf uitlê. Solank dit net nie voorspellings van onweer is nie.
Berwick het gesê op Januarie 12, 2012
Lyk na reën hierdie kant.
TS het gesê op Januarie 12, 2012
Ek het ook gelees…
Sal maar telkens die die woordjies ‘hoop’ en dink’ invoeg … dan weet almal
Geminaai het gesê op Januarie 12, 2012
Ek het eers die datum gekyk toe ek die berig sien, en gewonder of dit nie 1 April is nie. Terwyl die kalenders nou so deurmekaar is.
Doubtingthomas het gesê op Januarie 12, 2012
Jy het seker al gehoor wat die versamelnaam vir ekonome en weervoorspellers is – strontoloë.
🙂
monicahaddad het gesê op Januarie 12, 2012
Die maan is toe al die tyd van kaas gemaak….
HeavyHenry het gesê op Januarie 12, 2012
Hierdie is alweer ‘n pot snot van ons heersers af, wat my direk raak – ons maak weerlig waarskuwings stelsels…
avega het gesê op Januarie 12, 2012
Alles gaan maar net oor geld.
lora2me het gesê op Januarie 12, 2012
Toe ek dit raaklees, het ek net gou gekyk of ek nie dalk soos Rip van Winkel geslaap het en op 1 April wakker geword het nie. Die mense wat sulke dokumente opstel, rook iets baie goedkoop en sleg.
Blikskottel het gesê op Januarie 12, 2012
Net kompleet idiote kon met die tipe kak vorendag kom. Plaas hulle eerdfer wette maak teen idiote wat voorspel dat hulle gaan regeer tot Jesus weer kom. Dit sal baie meer help.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 13, 2012
http://www.metro.co.uk/news/887243-forecasters-could-face-jail-if-they-give-incorrect-severe-weather-alerts
Kan jy dink hoe lag hulle vir hierdie belaglikheid
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
Ek kan, ons regering vergat hulle naam alweer.
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
Die ding is dat dit ons toerismebedryf nie kan skaad nie want anders as Thailand is ons nie ‘n tropiese bestemming wat siklone, orkane, en tsunamis ervaar nie.
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
inderdaad
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
In ‘n normale land sal mens dink so iets is 1 April nuus… maar nie by ons nie
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
let wel, net onweer, nie gewone weer nie.
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
presies
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
nie enige kaas nie, ‘n groot geel ronde een.
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
net so
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
ja, en mens wonder wat is volgende
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
miskien het iemand in die regeringf sy datums verwar
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
sal maar moet ja
Vetjan het gesê op Januarie 16, 2012
suidoos waai hier, dis reën by julle