Die Program vir 2012

Januarie 3, 2012 in Sonder kategorie

Raait, nuwe jaar, nuwe voornemens en alles.

Tyd vir die nuwe oefenkamp.

Ek het solank 10 oefensessies by die oefenkamp gaan koop.

Dit gaan so werk. Een oefensessie per maand en 2 maande om te herstel van die strawwe oefenprogram. Dit sal ons by 2013 uitbring.

Om verdere motivering te kry vir die strawwe oefeninge wat voorlê het ek bietjie op die web rondgesoek, en op Nataniel se GYM DAGBOEK afgekom.

Die fout wat hy natuurlik gemaak het was om te veel oefensessies in te kort tyd te probeer.

Hier beskryf hy sy kort maar kragtige program:

“Vir die wat al vantevore gesukkel het om te begin met `n oefenprogram!

Vir my 37ste verjaarsdag het my dierbare vriend, Werner, vir my ‘ n week by Virgin Active gekoop… met ‘ n persoonlike afrigter.

Alhoewel ek nog ‘ n redelike goeie lyf het, van al die jare se swem vir die Universiteit span… 18 jaar gelede, het ek besluit dit mag ‘ n goeie idée wees om te gaan.

Ek het die gym gekontak en ‘ n afspraak gemaak met my persoonlike afrigter, Steve. Hy het my vertel hy is 26 jaar oud, ‘ n spinning instructor en ‘ n underwear-model.

Werner was baie beindruk met my entoesiasme om te begin oefen! Die gym het my aangemoedig om `n dagboek te hou van my vordering:

MAANDAG:

My dag begin 06h00. Baie moeilik om so vroeg op te staan, was beslis die moeite werd toe ek by die gym aankom en Steve sien wag vir my. Hy is `n Griekse God met blonde hare, smeulende oë, n gespierde lyf en die mooiste glimlag wat ek nog gesien het!!

Woo Hoo!!

Hy het my hartklop gemonitor na 5 minute op die treadmill. Was bekommerd oor my vinnige hartklop, ek het hom gerus gestel en verduidelik die rede daarvoor was omdat hy langs my gestaan het in sy stywe oefenklere.

Hy het my aangemoedig terwyl ek sit-ups gedoen het, al was my pens al klaar so seer van die heeltyd inhou terwyl Steve naby my was.

Was baie inspirerend om hom te sien buk om strek oefeninge te doen!!

Gaan `n FANTASTIESE week wees, kan nie wag vir more nie!!

DINSDAG:

Ek moes n hele pot koffie gedrink het, maar het wel uiteindelik die huis verlaat. Steve het my maak op my rug lê en `n ysterpaal in die lug hou bo my gesig… en toe sit hy gewigte ook op die paal!! My bene was baie bewerig op die treadmill, ek het amper n hele 5 minute gedoen. Steve se mooi glimlag het dit die moeite werd gemaak! Ek voel WONDERLIK!! Dit is `n nuwe lewe vir my!

WOENSDAG:

Die enigste manier om my tande te borsel, was om die tandeborsel op die wasbak te sit en my mond heen en weer te beweeg daaroor. Ek dink altwee my tietspiere is geskeur!! Om te bestuur was oraait, solank ek nie hoef te gedraai het of briek te trap nie. Ek het bo-op iemand se motorfiets gestop by die gym. Steve was baie kortaf met my, het aangedring dat my gegillery pla die ander mense in die gym. Sy stem is gans en al te ‘perky’ so vroeg in die more. Hy irriteer my!

My bors brand as ek op die treadmill klim, so Steve het my laat oefen op die “stair monster” Vir wat de fok sal iemand ‘ n masjien maak wat jou laat dink jy klim trappe? Niemand klim meer trappe nie, dis hoekom ons hysbakke het.

Steve reken dit sal my help om `n sexy lyf te kry en hy het ook  `n klomp ander kak gesê.

DONDERDAG:

Steve het vir my gewag met sy Doberman-tande wat by sy dun lippies uitsteek. Ek kon nie help dat ek `n halfuur laat was nie, dit is hoe lank dit my geneem het om my tekkies vas te maak.

Steve het my laat oefen met dumbells. Toe hy nie gekyk het nie, het ek gaan wegkruip in die mans toilet.
Vir my straf het hy my op die ‘rowing’ masjien gesit…ek het gesink!!

VRYDAG:

Ek haat daai fokken Steve so baie. Dink nie een mens het al ooit n ander mens so baie gehaat in die hele geskiedenis van die werêld nie.

Onnosele, maergat, anoreksiese ottergevreet! 

As daar `n deel van my lyf was wat nie onophoudelik gepyn het nie, sou ek hom daarmee gemoer het. Steve wou gehad het ek moes werk aan my triceps. Ek het nie fokken triceps nie!

En as hy nie gate in die vloer wou gehad het nie, dan moes hy nie vir my die donnerse barbells gegee het nie. Of enigiets wat swaerder as `n toebroodjie is nie!

Die treadmill het my afgegooi en ek het op my gesig geval.

SATERDAG:

Steve het `n boodskap op my selfoon gelos in sy rasperige stem wat my oordromme laat bloei het. Wou weet hoekom ek nie kom oefen het nie.

Toe ek hom hoor wou ek my selfoon stukkend gooi, maar ek het niks krag gehad nie. Alles het gepyn!

Al wat ek kon doen was om my pinkie te gebruik om die tv remote te druk. Het heeldag soapies gekyk.

SONDAG:

Die kerk se bussie gaan my kom oplaai vir die diens. Gaan om dankie te sê dat die week verby is en om te bid dat, Werner (die fokker) vir my ‘ n beter geskenk sal gee volgende jaar!!

15 antwoorde op Die Program vir 2012

  1. palamino het gesê op Januarie 3, 2012

    gaan jy vir sy voorkoms ook? 🙂

  2. Vetjan het gesê op Januarie 3, 2012

    wie se donnerse voorkoms ?

    ek is my eie fiksheids instrukteur …

    maar as die dametjies daar by die gym vir my gaan help recover na my strawwe oefeninge sal ek nie nee sê nie 🙂

  3. Klink na moerse harde werk…
    🙂

  4. TS het gesê op Januarie 3, 2012

    Ek hou van ‘n man met ‘n mooi lyf…

  5. hehe lekker gelag nou.
    Ek het besluit ek gaan vir my ‘n fiets koop met ‘n mandjie voor, klink na die maklikste uitweg.

  6. avega het gesê op Januarie 3, 2012

    Baie nonsens op die internet word aan Nataniël toegeskryf, wat definitief nie sy skryfsel was nie, maar dis funny.

  7. frandr het gesê op Januarie 4, 2012

    My seun se kommentaar op die video wat Maryna hier loop staan opsit het (hy’t juis net toe oor my skouer kom loer):
    Wat de hel!
    < geskokte stilte>
    Ek worrie oor Ma…

  8. Vetjan het gesê op Januarie 4, 2012

    Ja nee 🙂

  9. Vetjan het gesê op Januarie 4, 2012

    Nee nee nee, dis nie MY oefenkamp nie.

    Daar is niks baie swaar gewigte nie

  10. Vetjan het gesê op Januarie 4, 2012

    Hoe weet jy defintief nie vega?

  11. Vetjan het gesê op Januarie 4, 2012

    its all in the mind

  12. Vetjan het gesê op Januarie 4, 2012

    so jy gaan nie in 2012 yster pomp nie?

  13. Vetjan het gesê op Januarie 4, 2012

    goed. ek sal hard oefen hierie jaar

  14. Vetjan het gesê op Januarie 4, 2012

    jaaa , baie hard 🙂

  15. avega het gesê op Januarie 6, 2012

    Omdat daar so baie artikels en e-posse met sy naam onderaan versprei word, het Nataniel ‘n rukkie gelede in sy show gesê dat hy dit net wil regstel dat hy nooit artikels op die internet publiseer nie. Hy skryf slegs in ‘n vrouetydskrif (ek dink Sarie of Rooi Rose) elke maand ‘n artikel asook die boeke wat gepubliseer is.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.