Die lekker kos

Desember 30, 2011 in Sonder kategorie

Ons het nou die dag ook een van daardie heerlike varkboude gehad .

Kreefkelkies vir voorgereg gehad.

Alles baie lekker.

My groentesmous, Aggie, of liewer Achmat, mag eintlik nie vark eet nie. Halaal, Kosher en al daai. Verbode kos.

As ek die saak reg verstaan mag niemand so duisend of 3 jaar gelede enige van hierdie lekker goed ge eet het nie.

Okay, vlermuise verstaan ek. Ek het geen begeerte om vlermuisie te eet nie. Nog nooit gehad nie. Wie weet miskien is vlermuis lewertjies absoluut heerlik, en kan die Chinese dalk vlermuislewerpatee blik en dit verkoop vir derduisende rande. Miskien kan dit dalk selfs renosterhorings vervang as die wonderkuur vir wie weet wat.

Oudergewoonte het ek alweer afgewyk van my eintlike vraag.

Kan iemand vir my verduidelik hoekom mens gesondig het as jy kreef en vark destyds ge eet het, maar vandag mag jy dit eet?

Okay, gegewe dat jy nou nie Jood of Moslem is nie. Dan moet jy maar vasbyt.

Hoekom sou ‘n god hoegenaamd worry oor wat sy skepsels eet? en eensklaps die reëls verander?

Dit is ‘n ernstige vraag.

48 antwoorde op Die lekker kos

  1. Ek gaan nie waag om jou te antwoord nie.

    Ek weet wat ek nie weet nie.

    Wag in spanning om te sien wat die ander gaan se.

  2. Adage het gesê op Desember 30, 2011

    Vandat ek daardie fliek ‘Babe’ gesien het eet ek ooknie vark nie.

    Maar miskien om nou ernstig te wees het dit iets te doen gehad met higiene, diere wat vuil is jy weet. Maar dit verklaar nou nie hoekom jy nie mense wat bad mag eet nie.

  3. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    ek ook 🙂

  4. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    Kreef is darem nie so cute soos oulike klein varkies nie.

    vraag 3 : in watter jaar het vark en kreef skriftuurlik higienies geraak?

  5. TS het gesê op Desember 30, 2011

    Ek dink die meeste mensgemaakte wette is die oorsaak van die argumente en oorloë – ek dink soms daar is niks lekker vir mense as ‘n geveg nie

  6. Adage het gesê op Desember 30, 2011

    Ek dink jy moet 5 verskillende teoloë gaan vra vir 5 verskillende antwoorde waarvan nie een sal sin maak nie
    🙂

  7. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    Presies wat is die relevansie van mensgemaakte wette by hierdie inskrywing?

    Ek weet mense veg dikwels as hulle nie kos het om te eet nie, maar dit het alles met hongerte te doen, en niks met wette nie.

    maar hier is vraag 4 spesiaal vir jou : Wie het die bybelse kosregulasies uitgevaardig? was dit god of was dit mens?

  8. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    en elkeen van die 5 sal dink hy het die regte antwoord beet. 🙂

  9. TS het gesê op Desember 30, 2011

    God het alles tot die mens se beskikking geplaas en mense het die wette gemaak Die enigste wet deur God gemaak is liefde vir God en ander mense. Die res is sienings/menings/maatreëls/ens wat die mens uitgedink het.

  10. Ek het noudie dag gehoor dis omdat die man wat met die duiwel besete was is genees deur die duiwel in die varke in te jaag. So alle varke is toe verklaar as met die duiwel besete.Ek kan nou nie die vers en kapittel gee nie.

  11. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    So sê jy dat : die stuk in die bybel oor wat mens mag en nie mag eet nie inderdaad NIE god se woord is nie, maar een of ander ou wat sy eie gedagtes daar neergeskryf het?

  12. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    Maryna, ek verstaan glad nie, en dis tog baie eenvoudig in Levitikus 11.

    en die Here het vir Moses gesê : maar van alles wat geen vinne en skubbe het in die see en in die riviere nie … ens … ‘n gruwel is dit vir julle …

    vers 7: ook die vark – onrein is hy vir julle.

    kreef en vark dus uit.

    so is dit nog steeds uit of is dit nou in… of hoe de hel werk dit?

  13. Adage het gesê op Desember 30, 2011

    Op ‘n ander noot dink jy die litnet bloggers sal ooit met mekaar die spot kan dryf soos die lot op Sport24?
    Lees ‘n bietjie die
    http://blogs.sport24.co.za/Kitchener/sport24-bloggers-nativity-play

  14. PP – dis tog duidelik dat hierdie “god” ding ‘n mensgemaakte ding is – so om van god of God se woord te praat is uiteraard nonsens.

    Die oorspronklike Joodse eetreels was half filosofies – mens dink, so jy moet besluit oor wat jy in jou mond sit – en half higienies – as jy maselvarke nie lekker gaar maak nie, kry jy wurms…

  15. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    Matt 8 : hoekom het daai boer in die eerste instansie met varke geboer as mens nie vark mag eet nie?

  16. TS het gesê op Desember 30, 2011

    Nee, dis ‘n geskiedkunde deel Ek glo dat groot dele van die Bybel vir ons gegee is sodat ons kan leer van wat mense met God se basiese opdrag om die aarde te bewoon gedoen het. Om dit vandag letterlik toe te pas, moet ons Mormone/Jode/wat ook al word?

  17. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    ja, maar wat nou van die kreef?

  18. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    @Tina, ek verstaan nog steeds glad nie.

    In Levitikus 11 het die here homself vir Moses en Aaron dit duidelik en eenvoudig uitgespel:

    Julle vreet g’n vark nie.

    Ja of nee?

  19. Kreef, soos alle “shellfish” vrot baie gou – maar dis spekulasie van my kant af – dit impliseeer dat van die ou jode ‘n fyner waarnemingssin gehad het as onse Aristotle…

  20. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    Hoekom sal ek nou worry oor wikipedia as god homself sommer in Levitikus 11 sê g’n vark of kreef nie?

    ek is min gespin oor katte en vlêrmuise en so aan.

    ek wil weet hoekom dit een dag verkeerd is om kreef te eet , en die volgende dag is dit sommer okay om kreef te eet.

  21. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    Ja, maar vis vrot ook baie gou, so wat nou? en verder … as jy ‘n kreef in ‘n nat going sak sit leef hy maklik nog 3 dae nadat jy hom gevang het … en daai tyd is die reine vis lankal vrot???

    en ‘n oester hou sommer 5 dae in die son op die grasperk?

    @ Henry – vir die doeleindes van hierdie inskrywing aanvaar ek die bestaan van “god”, en probeer ek die redenasie rondom die lukrake uitsprake rondom die rein/onreinheid van kos verstaan.

  22. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    ek sien Boet daarso dink nie dis baie snaaks nie.

    maar nou ja.. as “boet” enige plek in ‘n blognaam feature dan kan jy maar weet.

  23. Ons spekuleer eintlik – die joodse eetreels kom uit ‘n heel ander tyd – iemand wat miskien meer regte geskiedenis geswot het kan dalk beter lig oppie onderwerp bring – anders as die “Die Here het die reels gemaak” – copout..

    🙂

  24. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    Henry, hulle sal ook maar moet spekuleer.

    Uit ‘n rasionele oogpunt besef almal die hele lot is ‘n pot kreefsnot.

    Ek het somehow gehoop dat een van die slimmes soos Professor Brand die saak *eenvoudig* kan verduidelik.

    maar helaas hulle kan nie… al sou hulle wou.

    🙂

  25. TS het gesê op Desember 30, 2011

    Ja

  26. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    Net so.

    ‘n Godgegewe verbod op die eet van vark.

    so hoekom was dit toe sonde en nie meer vandag nie?

  27. TS het gesê op Desember 30, 2011

    Christus het versoening gebring.

  28. “It all boils down to ONE word: Religion…”

  29. Adage het gesê op Desember 30, 2011

    Nou skielik het ek die antwoord..ek het die lig gesien-
    daar was nie toe antibiotika nie ,
    en nou is daar

  30. Dis nie wat by jou mond ingaan wat jou onrein maak nie, maar dit wat daar uitkom.

    Lees gerus Handelinge 10

  31. Ou-Top het gesê op Desember 30, 2011

    Toe Jesus Christus gebore is was dit byna 1,500 jaar na Adam. Abraham, Izak, Moses en al die ander Bybelse figure het gekom en gegaan. Die tien gebooie was deur God gegee, maar toe Jesus gebore word was daar die Kerkmense, die fariseers, wat heeltemaal met hulle reels en regulasies van Jesus se leerstellings verskil het.

    Paulus die dissipel was een van die Fariseer Kerk organisasies.Sy job was om Jesus se volgelinge te
    vang en tereg te stel. Jesus het eers na sy opstanding vir Paulus geroep om bekeer te word.
    Lees maar net in die Bybel oor al die hoostukke wat Paulus geskryf het.
    Die vraag wat jy vra, Petrus, het hulle,2000 jaar gelede ook vir Jesus gevra. Nog voor sy kruisiging, en hy het soos Maryke se , geantwoord. Niks wat God gemaak het is onrein nie, net dit wat uit jou eie mond uit kom, maak jou onrein.

    Dis hoekom God sy Seun Jesus aarde toe gestuur het,om ons te leer hoe om te lewe. God was glad nie tevrede met die mens nie en het dit oorweeg om n einde aan die mensdom te maak. Deur smeekgebede van die ou Profete het hy dit nie gedoen nie en besluit om Jesus te stuur. Jesus het dit vir ons baie makliker gemaak.

  32. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    Fair enough.

    Wat is die doel van levitikus 11 en hoekom het God besluit om dit te verander?

    Synde nou dat hy in die eerste instansie alwetend en almagtig was.

  33. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    daar slaan jy die spyker vierkantig op sy kop.

  34. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    Wat nie strook nie, is wat op dees aarde het Hom besiel om in Levitikus 11 ‘n klomp absurde reëls te maak en die eet van kreef te verbied.

    WTF !!?? dit nou van ‘n sogenaamde ALWETENDE en ALMAGTIGE god???

    Presies wat het of jy kreef eet of nie met jou saligheid uit te waai gehad?

  35. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    en wat op dees aarde het die versoening uit te waai met of jy bees, skaap of vark vleis eet ?

    vra ek vir jou met trane in my navy blou oë?

    kan jy enigsins insien hoe absurd dit alles is?

  36. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    okay, so wat het dit uit te waai met wat mens eet?

  37. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    ek sal aanhou eet van : 1. lam tjops 2. steak 3. kalamari ( het nie skubbe nie- onrein) , 4. gerookte en ander ham en eisbeins en so aan en so voorts, 5. oesters ( onrein) maar saam met sjampanje, 6. vis , 7. hoenders – as dit rêrig moet ens. ek vergeet nou verder wat alles.

    maar jy soos meeste van die ander versuim om my te verduidelik wat nou sodanig verkeerd was aan die eet van bv ongeskubte see diere.

  38. Hy is alwetend en almagtig, daarom sal ons nie weet hoekom hy dinge verander nie. Hy weet tog beter. Miskien het hy gesien dat daar ‘n Petrus Pap gaan wees en besluit Hy gaan dit verander sodat Petrus Pap met ‘n skoon gewete kreef kan eet en dan eerder fokus op dit wat belangrik is soos die ewige lewe.
    In kort – ek weet nie hoekom nie, maar ek weet dit is. En in die groot prentjie maak dit seker nie werklik saak of ons kos eet met die Halaal teken op of dat ons kos eet wat eers onrein was nie. Vir God was dit daardie tyd belangrik dat sy kinders gered word. Kyk hoe het die Fariseers en Saduseers vir Jesus geirriteer met hulle alewige vrae oor nietighede en hulle onwrikbare afdwing van die wet. Dis nie wat belangrik is nie.
    Jou geloof is belangrik en hoe jy dit uitleef. As jy dit wetties wil uitleef, moet jy onthou om elke jota en tittel van die wet te onderhou soos dit in die ou Testament staan, want as jy onder die wet veroordeel wil word, moet jy dit reg doen. Myns insiens ‘n onbegonne taak. God het ook gesien dat dit ‘n onbegonne taak is en sy Seun gestuur om ons van die wet te bevry en alles nuut te maak. Dit is egter ons keuse of ons bevreid wil leef of gebukkend onder die wet.

  39. Vetjan het gesê op Desember 30, 2011

    raait

    presies wanner het hy besluit dis okay om kreef en vark te eet?

    en om watter denkbare rede sou ‘n almagtig en alwetende God enisins worry oor wat ons wil eet?

    Kan jy sien hoe belaglik absurd dit alles is?

  40. Petrus- Levitikus se omstandighede was ‘n volk wat nomadies in ‘n woestyn rondtrek. Kreef en vark tel redelik vinnig salmonella en ander kieme op. Dit was reinheidsvoorskrifte wat veronderstel was om mense gesond te hou. Die nuwe Testament is baie meer gevestigde gemeenskappe, en ‘n klomp van hulle kom nie uit Joodse agtergronde uit nie, waar vark eet redelik algemene deel van die kultuur was. Volgens die Nuwe Testament is die gees van die gebooie in elk geval op verhoudings gebasseer, verhouding met God en met jou naaste wat van liefde getuig. Dis al wat regtig saak maak.

  41. Vetjan het gesê op Desember 31, 2011

    Nee, dis NIE wat die Leviete gesê het nie MAAR wat die Here homself vir Moses gesê het.

  42. Vetjan het gesê op Januarie 1, 2012

    Gevestig of nomadies het absoluut NIKS met die spoed waarteen voedsel bederf uit te make nie.

    Temperatuur is die deurslaggewende faktor.

    Dink jy die Boesmans wat 6000 jaar gelede hul ervarings op die rotse van Twyfelfontein uitgekrap het het enigsins verskil van die wat 1500 jaar gelede op dieselfde rotse geteken het?

    Wat was hulle voedsel voorskrifte?

    Kan jy die absurditeit hoeganaamd insien?

  43. Vetjan het gesê op Januarie 2, 2012

    Vra liewer : wie glo jy het Levitikus geskryf ?

    want NIEMAND kan vir seker sê wie dit geskryf het nie.

    maar dit maak nie saak nie – of wat daar staan is reg , of dit is nie.

    en weer eens : vanwaar die belaglikhied dat dit vir een lot mense sonde sou wees om vark te eet en vir ‘n ander nie?

  44. Hallo, Petrus. Dit staan hier dat jy kwart oor een op die Nuwejaar hier geantwoord het. Paartie julle dan nie daar in jou geweste die Nuwejaar in nie? Of is daar dalk voorskrifte teen paartie hou? Sterkte met 2012 en al jou vrae, hoor.

  45. endlich het gesê op Januarie 20, 2012

    stem

  46. endlich het gesê op Januarie 20, 2012

    so ver ek weet eet kreef mens. “n bekende hotel aan die weskus se kreefnette sit aan die einde van hul rioolpyp.
    Klink leker , ne
    Ek dink hul het maar so reels gemaak wat “van God af kom” vir higieniese redes so met die tyd saam. vandaar ook sommige van die eienaardige moslemrituele (uit die ou testament)

  47. Vetjan het gesê op Januarie 20, 2012

    hmmm…. kreef eet hoofsaaklik mossels en seekoestyntjies.

    Hotel met kreefnette???? huh??? WTF ???

    Idiotiese urban legend wat herhaal word deur mense wat fokol weet van kreef nie.

    Hier by my is skulp puinhope(middens) van 6000 jaar gelede of so … snaaks dat die strandlopers nooit issues met die higieniese aspekte van skulpvis gehad het nie.

Los ’n antwoord vir Vetjan. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.