Jack the Ripper

Desember 22, 2011 in Sonder kategorie

In my kombuis raak dit baie rof met die vlymskerp messe.

Een so sny deur ‘n ui, en daar kak die pinkie toe. Nie heeltemal af nie, ten dele. Ek het eers pleisters en goed probeer, maar kry toe die pêre mediek by my watergat, en hy sê steke. Fokkof dokter toe.

Die dokter het dit toe alles mooi toe en vas gesteek.

My kreefsiesoen is nou soortvan in sy moer want die dae is min, en kreefvangery is ‘n vingerintensiewe besigheid.

Maar dis nie al nie.

Die hele storie kos enkele rande kort van R 1000.

Die dokter het my vir omtrent 5 min maksimum gesien, en woerts warts die steke ingesit.

Die verpleegster het eersmy ou pleisters afgetrek, my pinkie in die savlon bakkie gedruk. Toe wag ek. Toe kom die dok. Wham bang klaar… soos hy moet, stem saam. Na die tyd het die verpleegster  betadine op alles gesmeer en toegeplak.

Ek het nie klagtes oor die behandeling nie, dit was goed en reg, maar die PRYS van alles.

Ek het ‘n mooi gespesifiseerde rekening gekry : konsultasie 285.00 en steke 165.00 ( aparte items) net ek het niks konsulteer nie, hy het ingekom, so en so gekyk, ‘n spuit gevat, gespuit, naald en garing gevat , toegewerk, Kommunikasie: “hierdie gaan brand, ek dink dit sal vat.” thats it.  Stem saam, daar was niks meer te sê nie, ek gaan nie soontoe om met die ou kak te praat nie.

Dan kom  “opstel van steriele skinkbord” – dis nou die savlon bakkie, nalde en garing en sulke goed op so skinkbordjie uitpak, die verpleegster het dit gedoen – 3 min se werk : R 87.00

Die handskoene was R 20.88. Twee pare. Een vir dok en een vir nurse. maw R 10.44 elk vir dieselfde handskoene wat ek by die apteek kan koop vir R3.00 ‘n paar- hou in gedagte die apteker het klaar sy 100% wins daarop gelaai, so ek twyfel of die dok meer as R1.50 vir die handskoene betaal.

O ja , die garing was R 244.58

en die naald het verbasend genoeg net R 1.72 gekos.

ensovoorts.

Daar is min dinge waaroor ek met ons geagte regering saamstem, maar hulle het een punt beet. Mediese sorg is belaglik duur.

As daar ‘n komplot deur die geldmag is, dan is dit die mediese/farmaseutiese/mediese fonds bedryf wat ons heeltemal deur die ore werk

Ongelukkig het ons ‘n totaal onbevoegde regering, wat heeltemal niks reg kan organiseer nie, so ek is bevrees die Wet van Transvaal bly ons voorland, net, die woord “of” word vervang met die woord “en”.

Donnerse ripoff .

30 antwoorde op Jack the Ripper

  1. Adage het gesê op Desember 22, 2011

    Dit gebeur in die beste errrr.. kombuise, die dokter het my nie heeltemal doodgespuit nie ek het haar so amper geklap

    Wonder of hierdie kommentaar dit gaan maak?
    Here goes

  2. Ai, sterkte met die gesond word van die vinger… en ek stem 100% saam met jou oor die belaglike mediese kostes! Ek dink wat sommige van die dokters vra is absoluut belaglik… so bel ek ‘n paar maande gelede en vra om asb net weer ‘n herhaling vir ‘n kroniese voorskrif te kry… betaal R182.50 daarvoor… bel en vra om nou die dag met die dokkie te praat… wil net gou hoor of ek kleinsus se meds se dosis ‘n bietjie kan lig omdat sy nie so goed reageer nie.. betaal R220 vir die ‘telefoniese konsultasie’..

    Absolute rip-off… ek stem saam!

  3. Ekonomiese apartheid. As jy sonder n mediese fonds
    by n regeringskliniek opdaag, wag jy lank jou beurt af by ongevalle saam met die armes. Hoogstens kos dit R30. Dis nie lekker tussen die armes nie. Maar
    jy kan hulle vermy met ekonomiese apartheid.

  4. TS het gesê op Desember 22, 2011

    Ek stem saam met bruggie … Ek verstaan van effe meer buite ure maar om die ander goed so te laai is gewoon verkeerd.

  5. my dr praat so baie, het ‘n spuitnaald dwarsdeur my toon tot in sy vinger gedruk… hehehe toe is die vinger dood instede van my toon… hy moes toe weer spuit met die lam vinger en al…

    maar die kostes is belaglik.. dankie tog vir ‘n mediese fonds wat uitstekend is….

    HUGS

  6. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    Jy mis die punt heeltemal. Dit gaan oor etiek.

    maar as jy wil vergelyk :

    1. Die prokureur openbaar vooraf sy tarfief … anders as die dokter wat my gewoon bedonner het.

    2. By die prokureur het ek ‘n keuse, by die dokter is ek nie voor enige keuses gestel nie.

    3. en hoeveel vra jy jou pasiente vir ‘n R 1.00 handskoen ?

  7. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    soos gewoonlik mis jy die punt.

  8. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    mmmm… die mediese fondse is deel van die bende.

    Hoeveel kos jou mediese fonds per maand ? as jy you werkgewer en jou gedeelte bymekaar tel.

  9. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    3 nm buite ure !!?? huh !!??

    Bruggie mis die punt.

    Dit gaan oor etiek.

  10. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    presies ja

  11. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    siedaar , dit werk!

  12. Grootte Schuur se ongevalle is beskikbaar
    vir noodgevalle enige tyd.

  13. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    Ja, indien ek of ‘n gesinslid ooit weer ‘n soortgelyke besering opdoen sal daar beslis deurgery word na die buurdorp se ongevalle…. maar dit verander nie die feit dat die plaaslike bliksem oneties is nie….

    of dat daar ‘n groot skroef los is in die mediese/farmaseuties/fonds bedryf nie.

  14. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    haha helaas

  15. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    ek reken dis ‘n goeie plan ja.

  16. I agree, medical insurance is a disgrace. Mostly because they are run by greedy PM>50.

  17. Ek stem.

  18. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    Ek sien jy het ook nou by die geldmag aangesluit. Sies!

    Daar is ‘n verskil tussen woekerwins en regverdige vergoeding, gegewe die dok se kundigheid en alles.

    Ek sou 100% tevrede gewees het as ‘n bekwame verpleegster my opgepatch het.

    Die res van jou kommentaar is op jou gebruiklike idiotiese standaard.

  19. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    presies

  20. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    reg ja.

  21. Stem saam…Ek is besig met ‘n projek oor hoe die geldmagte mooi inmekaar steek en wie die toutjies trek … en hoekom … Maar moenie vir iemand se nie…

  22. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    Het jy dit ook gegoogle?

  23. Vetjan het gesê op Desember 22, 2011

    Ek sal die geheim sorgvuldig bewaar, en vir niemand vertel nie.

  24. Eina, fok!

  25. Vetjan het gesê op Desember 27, 2011

    Nasionale gesondheidssorg is ‘n goeie plan, maar ongelukkig gaan korrupsie en swak bestuur dit in ‘n klug verander

  26. Vetjan het gesê op Desember 27, 2011

    was seer ja

  27. louisna het gesê op Desember 27, 2011

    Rip off. Ek stem saam. Garing R 244? Totaal belaglik.

  28. frandr het gesê op Desember 27, 2011

    Ag jammer oor die seerkry en die ongerief, Petrus, maar “…kreefvangery is ‘n vingerintensiewe besigheid” – het ek dié stelling nou geniet!

  29. endlich het gesê op Januarie 20, 2012

    om nie te praat vna die versekeringsbedryf nie….
    jy protesteer maar in die algemeen teen als wat geld kos….miskien moes jy ook behoorlik navorsing gedoen het voor jy na die dr gegaan het.
    Hoop jou kreefliksens was billik geprys…

  30. Vetjan het gesê op Januarie 20, 2012

    ek het nie eintlik veel van ‘n keuse gehad nie, want die alternatief was in die volgende dorp.

    Intussen het ek wel ‘n trauma medic opgespoor wat eerstehulp kan toepas ..dis nou basiese goed soos steke ens vir ‘n breuk van die dok se prys.

Los ’n antwoord vir FOXY1975. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.