Tjops in die Wes Kaap

Desember 8, 2011 in Sonder kategorie

Omdat die weiding vanjaar so geil was, is die skapies swaarder as gewoonlik. Intussen raak die weiding nou swakker, en die boere stoot hulle skapies nou in die mark.

Die produsenteprys van lam het van R57 na R 47 geval. In Die Burger vandag.

So die boere kry R 10.00 per kilo minder.

Dit beteken jy kan hierdie week loop stry oor prys. Wat is die kans dat Checkers, P&P en Spar nie hulle luck gaan traai nie.

Sal nou nou gaan hoor wat my plaaslike slagter se storie is, want ek moes gister na ‘n treurmare oor die prys van steak luister.

11 antwoorde op Tjops in die Wes Kaap

  1. eros01 het gesê op Desember 8, 2011

    Gister PNP skaaptjops @ R124.00 per Kilo.Wonder wat weeg die been % gewys? Koop toe maar “prawns”. Dis goedkoper!xR

  2. TS het gesê op Desember 8, 2011

    Stomme boere

  3. Vetjan het gesê op Desember 8, 2011

    Die Ackerman familie se leuse is : “as dit pap reen moet jy skep” en selfs al reen dit nie pap nie skep jy nog steeds … bliksems !

    watse garnale is daais?

  4. Vetjan het gesê op Desember 8, 2011

    en stomme verbuikers!

  5. My pel wat boer reken tog bees pryse is hoogste in jare…

  6. Fok hulle en die klip onder wie hulle uitgebroei het

  7. Vetjan het gesê op Desember 8, 2011

    beesvleis is 25% op

  8. Vleis is deesdae so donners duur dat mens dit in jou kluis moet gaan toesluit, tsk!
    🙂

  9. Vetjan het gesê op Desember 9, 2011

    besigheids geleentheid – die yskas-kluis

  10. Ons het onlangs ‘n lam of twee vir krismis by ‘n boer op Koekenaap gekoop. Dink dit was so R49 ‘n kilo.
    Ek weet nie wat die prys in die supermarke is nie, maar sal beslis ‘n oog gooi.

    Kaas is nou duurder as lam hierrond.

  11. Ek koop my skaap by ‘n plaas so 7 km van hier en kry dit vir omtrent R 35 per kilo. Ek weet nie wat om met al die vleis te doen nie. Sal maar elke dag moet braai. ehehehe … bedaar mense ek speel net. Maar die prys is regtig …

Los ’n antwoord vir loudavisi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.