Die dik Blou Lyn

Desember 7, 2011 in Sonder kategorie

Carina van der Walt skryf op Litnet:  “Die Blou Lyn-projek moes die potensiële katastrofe van klimaatsverandering uitbeeld. As die temperatuur wêreldwyd met meer as 2ºC styg, sal die kuslyn bedreig word. ’n Styging van met minstens een meter in die seevlak sal baie eiendomme en vakansie-oorde laat oorstroom.”

Die landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe was die ou met die gedagte, hy is ‘n gerekende kunstenaar, begaan oor die natuur en alles.

Ek vermoed almal van ons is bekommerd oor die natuur, besoedeling en so aan, maar dit keer ons nie eintlik om lustig met ons karre rond te ry nie…. of iewers heen te vlieg nie.  Die nuwe era van groot en vinnige seilskepe vir oorseese reise het nog nie weer aangebreek nie.

Wat my nou by twee vrae uitbring – oor seevlak.

Ek het hoeka vanoggend teen die rotse en goed gaan kyk waar die 1 meter merk nou sal wees, maar eers:

1. Hoe weet “hulle”, want die fok weet wie dit uitgewerk het, dat die seevlak met een meter gaan styg as dit 2 grade warmer word?

2. En wie het besluit van watter punt af die een meter kontoer gemeet moet word?

Ek sal vraag 2 net bietjie verduidelik.

Hier by ons is die see elke dag twee keer vol en leeg. Hoogwater en laagwater, en dit is amper nooit dieselfde hoogte en laagte nie. Jy het spring gety en dooie gety, en alles tussen in.  Jy het ook ‘n hoër as gewone springgety, en dan het jy wind en branders ook.

Punt is dat die see elke dag met sommer ‘n paar meter van hoogte kan wissel.

Ek weet wat die regering/munisipaliteit doen. Hulle het baie arbitrêr besluit die hoogwater merk is op een of ander punt X,  Strijdom hulle het toe sommer na die munisipaliteit gegaan en gevra .. waar is julle punt X kontoer, en toe heelwaarskynlik net so lukraak besluit x+ 1 meter is sommer by punt Y… of so iets.

As mens dan die klomp bullshit genoeg herhaal, en gerespekteerde mense soos Carina skryf dit op Litnet, dan verander dit naderhand in “feite”, en ons kan begin worry oor hoe ons een dag gaan wegspoel of so iets.

Intussen het werklike temperatuur metings blykbaar aangetoon dat die wêreld se gemiddelde temperatuur die laaste paar jaar eintlik effe af is, en dat die yskorste by die pole eintlik dikker raak… alhoewel as die ys smelt gebeur daar eintlik nie veel nie.. altans nie volgens my ys wat smelt in die glas eksperiment wat ek ‘n paar jaar gelede op hierdie einste blogwerf gedokumenteer het nie.

Intussen dink ek Stijdom se kuns is iets besonders

en wonder ek hoekom slim mense hulle bullshit filters afskakel as dit by “groen” sake kom.

onder andere.

8 antwoorde op Die dik Blou Lyn

  1. palamino het gesê op Desember 7, 2011

    Strydom van der Merwe se werk is fantasties

  2. Bullshit baffles brains.

  3. Jou navorsing klink ook heel wetenskaplik.

  4. Vetjan het gesê op Desember 7, 2011

    Hahaha … my navorsing behels buite rondloop en kyk.

  5. Vetjan het gesê op Desember 7, 2011

    Dis waar

  6. Vetjan het gesê op Desember 7, 2011

    dit is.

  7. avega het gesê op Desember 7, 2011

    Dis presies soos ek ook dink, neem als met ‘n knippie sout.

  8. Vetjan het gesê op Desember 8, 2011

    Reg ja, die “groen” ene is ‘n lekker “bandwagon” waarop dit deesdae mode is om op te spring

Los ’n antwoord vir Vetjan. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.