Die krewe roep my, maar my verkoue ontroep my weer, en ek moet ‘n ander kreefsak gaan kry, want myne het ‘n vreeslike swak ontwerp want die krewe hak vas aan die bek van die sak as ek hulle probeer instop.
Op hulle beurt hak hulle bekke weer vas aan my hanskoene, of eerder, die dôners probeer my byt. Soos gewoonlik wyk ek al weer af van my eintlike onderwerp naamlik “die roeping”.
Byvoorbeeld: die roeping van die onderwys, en veral die een wat die hoogste geag word: as God jou Roep.
Hier in my dorp is dit maklik om geroepe te voel. In die ou dae sou dit die bankbestuurder gewees het wat jou roep, “a real calling” soos hulle in engels sou sê. Telefonies. Meneer Pap! jou bankrekening is ALWEER oortrokke met tien duisend rand! Wanneer gaan jy dit regstel? Okay, deesdae kry mens mos net ‘n sms wat basies fokjou sê, maar die gedagte is dieselfde.
Oomblikke nadat ek ‘n geroepene geword het, word ek alweer geroep. Hierdie keer is daar nie ‘n telefoon wat lui nie, ek hoor slegs ‘n stem in my kop.
“kom haal my, kom haal my!” hoor ek.
Jou wrintiewaar! dis die perlemoene wat my so vreeslik roep, en teen R 350 per kilogram hoor ek hulle stemme hard en duidelik.
Raait as ek vir die volgende 5 dae lank elke dag 20 kilogram uithaal het ek 100 kg wat ek vir R 35 000 kan swaai.
Klink vir my na ‘n ware roeping.
Of was die bankbestuurder (of klerk) se roeping (se sms) dalk die ware een.
Ek wonder altyd oor hierdie “roeping” besigheid.
Eintlik maar net iets wat jy self graag wil doen.
Die Everest roep my of Namibië roep my.
Ek wil graag dit of dat doen, en natuurlik, dan “roep” dit of dat my.
Ek kan dit nie help nie, ek is geroepe daartoe.
Soos ‘n hele klomp bliksems hier op my dorp wat weier om hulleself enigsins verby ‘n baie elementêre vlak te bekwaam “want ons lewe uit onse see” en “my pa was ‘n visserman, en sy pa was ‘n visserman, en ek is ‘n visserman” en ons is ” so gemaak en so laat staan”. Ja, kan seker nie help dat hy onosel is nie, maar dom onosel?
So hoe werk dit as God jou Roep? Ook maar ‘n stem in jou kop? Of allerhande tekens soos Gideon ontvang het? Of soos Jules in Brett se flat in Pulp Fiction?
Of is dit maar net een of ander poging om die verantwoordelikheid vir jou eie besluit gerieflik te verplaas.
O ja, die gay predikante!
Al vraag wat ek hieroor het is wanneer die Gaums tot die voorblad gesprek gaan toetree?
Die koerantbase lag lekker, ek ook, maar dis ‘n ander soort lag.
Onlangse kommentare