Die Sosiale Netwerk
November 28, 2011 in Sonder kategorie
Eintlik het ek uit blote nuuskierigheid gaan kyk want aangaan en ‘n Facebook profiel geskep en alles.
Die eerste ding wat gebeur het was dit ‘n hele klomp mense saam met wie ek op skool was, kontak gemaak het, en ons het almal maatjies geword. Insluitende my st 9 kys, wat my destyds gedump het. Ek dink nie die kys was te ernstig nie, want ek kan nie eers onthou dat ons ordentlik gevry het nie. Die eintlike meisie op wie ek verlief was het met ‘n ander outjie uitgegaan … hy is wel een van my facebook maatjies alhoewel ons op skool slegs klasmaats was.
Nie dat ons enigsins vir mekaar boodskappe en goed stuur nie, ek dink almal is maar net soort van goed gemanierd en voel soortvan te kak om die ou skoolmaats te “unfriend” … behalwe die wat simpel raak met spam, en my heeltyd uitnooi na allerhande onosel issues toe en so aan. En dan die dwepers, wat natuurlik glad nie kan verstaan dat hulle ‘n spul dwepers is nie.
Elke nou en dan is ek lus om hulle ook te nuke, ek verdra hulle, maar my vinger is naby die valbyl knoppie.
Verder nou is dit nie net Facebook nie.
Daar is allerhande ander sosiale netwerke soos Plaxo, linked in, daai een van google, hi5 en so aan.
Wat ek nou glad nie kan verstaan nie is dit – as twee van ons alreeds Facebook maatjies is.. hoekom de hel wil ons nou ook Linked in wees, en gehaai5 wees, en geweet nie wat wees nie.
Ons is mos nou Faceboek maatjies, en het mekaar se e mail adres en alles, so wat is die storie met al hierdie ander sosiale netwerke.
Vreemd.
Onlangse kommentare