The Million dollar question

September 22, 2011 in Sonder kategorie

Laas week het ons nog so R 7.10 per US$ betaal.

Gisteroggend was die prys R 7.50.

Terwyl ek nou hier skryf het ek ‘n grafiek oop op ‘n tweede venstertjie op die web. Dieselfde soort een wat die banke gebruik, gee elke 10 sekondes die pryse. Die prys is nou R 8.20

Ons sien byvoorbeeld net na middernag het die rand teen R 7.60 verhandel, maar toe die Suid-Afrikaanse geld handelaars vanoggend begin wheel en deal, toe wil al wat leef en beef en goed invoer sommer nou dadelik dollars koop.

Dollar verkopers vra nou R 8.22 en verkopers bied aan R 8.21

Dat dit presies nou moes gebeur … verdomp !

Net die week toe ek ‘n hele klomp dollars moet koop. EINA EINA !

Amper oornag moet ek 17% meer betaal.

Die ergste van alles is dat die VSA en Europese markte in ‘n verknorsing is.

Die skuldverhouding in die VSA is baie swakker as tydens die Groot Depressie.

Kyk net op hierdie grafiek hoe die skuld in die hoogte ingeskiet het.

Hulle druk al op strepe net papiergeld in die VSA, nog nie so erg soos oupa Robert net oor die grens nie, maar tog.

Amerika is in groot moeilikheid, eiendomspryse moet nog verder val.

Hulle het ‘n kerf geval op hulle “credit rating”.

Hulle totale skuld is die hoogste ooit.

Groot werkloosheid

en hulle druk een voudig nog papiergeld al het dit nie “backup” nie.  Dit is soos om rubber tjeks te skryf.

En nou ?

Teenstrydig met alles, is die US$ op en helse sterk lopie, ook teenoor sekere ander geldeenhede. Maar nie almal nie !

Die Botswana Pula staan sy man !

Standard &  Poor is ‘n maatskappy wat lande en baie groot maatskappye se kredietwaardigheid gradeer.

S&P

Die kleure is as volg.

 

AAA – groen – die beste

 

AA – turkoois – tweede beste

 

A – lig blou – nog heel redelik

 

BBB – donker blou – kan nog net net gaan

 

BB – pers – dink twee keer

 

B – rooi –  gaan maar sukkel sukkel

 

Grys, nee wat hou net verby.

En al hierdie ontledings help my en jou net mooi niks nie, want die Wet van Transvaal reigns supreme. Kyk maar as jy volgende week petrol in jou kar probeer gooi.

13 antwoorde op The Million dollar question

  1. TS het gesê op September 22, 2011

    Dis interessant.

    Ek onthou twee jaar gelede was die $ oor die R9 … is ons dus nog beter af?

  2. Trakie het gesê op September 22, 2011

    Damn! Net toe ek vir my ‘n Amazon Kindle wou bestel! Sal maar moet wag ….

  3. Adage het gesê op September 22, 2011

    Shit!

  4. Adage het gesê op September 22, 2011

    Dit gaan nie soveel verskil maak nie…

  5. Vetjan het gesê op September 22, 2011

    20% is nogal ‘n verskil… teenoor ‘n maand gelede

  6. Vetjan het gesê op September 22, 2011

    Zim en Zam

  7. Vetjan het gesê op September 22, 2011

    relatief, maar nie wanneer jy begroot het op 7.50 en nou is die effektiewe koers 8.5 nie

  8. Dinge lyk maar oor die algemeen redelik kak.

  9. Adage het gesê op September 22, 2011

    Maar hoe weet ons dit gaan verbeter en wanneer?
    Ek meen as sy wag kan sy slegter af wees – bereken dit op $139

  10. Vetjan het gesê op September 22, 2011

    ‘n kudde paniek heers vandag.

    ek self panic ook.

    ek het gister gehoop dit sal stabiliseer rondom 7.5 en het gewag.

    oornag is dit nou fokken 8.5 … veel erger !!!

    en ons weet nie waar die lopie gaan eindig nie

    Al die “kenners” is onkant gevang… maar daar is nie logika in die mark nie… dis nou massa paniek

  11. Vetjan het gesê op September 22, 2011

    en Obama het die bankrot boedel ge erf !

  12. Vetjan het gesê op September 22, 2011

    gisteraand gedraai op 8.3

    uiters kak

  13. Vetjan het gesê op September 24, 2011

    Ek stem saam, my probleem is ek het begroot op 7.5 toe die wisselkoers 6.8 was, en nou is dit rondom 8.5.
    Maar in die langer termyn in my bedryf, toerisme, is ‘n swakker rand uitstekende nuus.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.