Die einde van Kapitalisme? en die woord vagina verskyn ook op die blog! pasop!
September 20, 2011 in Sonder kategorie
Laasweek skryf 4 bydraers toe in opdrag van Litnet elkeen sy stukkie in die Litnet “Seminaarkamer.”
Pligsgetrou het ek toe alles gaan lees.
Sampie Terreblanche, Christi van der Westhuizen, Hans Pienaar en Cornelius Jansen Van Rensburg.
Sampie ken ons. Afgetrede Stellenbosch ekonomie professor Broeder in die ou dae, maar het homself iewers langs die pad bekeer, en is veral beswaard met die baie groot maatskappye, die sogenaamde TNK’s, wat staan vir Trans Nasionale Korporasies.
Christi is ‘n vlymskerp en omstrede joernalis/skrywer. Haar M Phil het sy by UPE gekry met
“Women’s experience of neoliberal globalisation during the democratic transition in South Africa.”
Sy is ‘n Vrye Weekblad veteraan, al het Max haar net/hoofsaaklik musiekresensies laat skryf.
Kerkorrel het destyds al aangevoel dat sy issues met wit Afrikaanse mans het.
Toe kry Kerkorrel ‘n vreeslike nagmerrie !!!
Vir die wat klein rekenaar skermpies en swak brille het :
die woorde REUSAGTIGE VAGINA is hierbo geplak en in rooi onderstreep.
en dis “besete met die vewoestende gees van Christi van der Westhuizen”
ek dink nie Kerkorrel en Christi was maatjies nie.
Hierdie is grepe uit Max se boek Oranje Blanje Blues
Hans Pienaar is ‘n koerantman en digter. Goeie digter. Ook ‘n Vrye Weekblad veteraan en het ‘n blog by Business Day geskryf, wat ek nie kan kry nie, net ‘n berig dat die Protestantse kerke kapitalisme as ‘n euwel verklaar het by een of ander konferensie in Afrika natuurlik.
Iemand moet dit tog vir die Rema kerk en Teflon Dollar of wat daai predikant op die TV se naam ookal is, gaan verduidelik.
“The Accra Confession acknowledges that the huge poverty gap between rich and poor countries is due to the evil machinations of the capitalist empire.”
Geld is mos die wortel van alle kwaad.
Ons ou vriend Alan ( gerehabiliteerde weergawe) het ook glo heftig teen kapitalisme gepreek, ek wonder of hy nog ‘n BMW ry? Miskien net ‘n ou fucked up ene soos dit ‘n sosialis betaam.
Of is gebrek aan geld die wortel van die kwaad?
Julle behoort seker al agter te kom dat Sampie, Christi en Hans dieselfde taal praat.
Hulle hou daarvan om die woord “neoliberalisme” of “neoliberale” te gebruik.
Ou Cornelius moet kolf teen hierdie drie spin boulers.
Cornelius Jansen Van Rensburg. was die nasionale jeugleier van die VF+ wat in die moeilikheid was oor sy kritiek op Pieter Mulder, destyds toe Pieter ‘n adjunk minister geword het in Zuma se kabinet.
Deesdae werk hy by Afriforum, en ons vetrou hy het sy studies intussen voltooi … maar ons weet nie eintlik nie, kon dit nie agterkom nie.
Nou kom ons by die Petrus Pap se maklike ontleding van dit alles. Omdat die hooggeleerdes kapitalisme definieer net soos hulle wil om hulleself te pas, gee ek sommer ‘n eenvoudige weergawe.
Kapitalisme is waar goeters aan jou behoort, en jyself besluit hoe jy wil werk. Dis jou plaas, jou trekker, jy boer soos jy wil en dryf handel met wie jy wil.
Aan die ander kant het ons kommunisme, waar alles aan die staat behoort, hulle plaas, hulle trekker, hulle sê jou hoe om te boer, en hulle besluit hoe die produkte versprei/verdeel moet word. Bevelsekonomie. Big brother het mos perfekte kennis en sal jou vertel wat is wat. (en jou goed opdonner as jy nie wil hoor nie)
So watter een is dood ? Is dit nou moeilik of nie?
Gaan kyk maar op Wikipedia of my verstaan van kapitalisme reg is of nie. http://en.wikipedia.org/wiki/Capitalism
Oor wat die definisie van kapitalisme nou eintlik is, is daar eenstemmigheid dat daar nie eenstemmigheid daaroor is nie. Dit is hoekom ek so eenvoudige weergawe gebruik. Dan verstaan ek dit ten minste.
Al wat nou bykom is hoeveel die staat met alles moet kom inmeng. Praat van Pandora se kissie. Te dikwels het jy ‘n mal diktator aan bewind soos Oupa Robert annerkant die Limpopo. Natuurlik het die staat ‘n rol te speel in die ekonomie, maar die staat jaag dikwels nog meer aan as die TNK’s .
Die wêreld finansiële krisis is nog baie baie eenvoudiger.
Te veel geld is geleen aan mense wat dit nie kan terugbetaal nie. Rocket science ? Baie eenvoudig as jy my vra.
En my ontleding van die kenners se artikels ?
Die eienaardige ding, alhoewel ek en Cornelius baie beslis nie langs dieselfde politieke vuur sit nie, meen ek dat hy ‘n goeie artikel geskryf het.
Sampie weer, het eintlik net sy geliefkoosde voorgeskrewe boek (deur homself) opgesom in ‘n opstel. Jare gelede moes ek dit ook lees, dis hoe ek daarvan weet. Christi hou van Keynes, maar ek wonder bietjie of “deficit spending” so fantastiese idee is. Vra enige ou met ‘n kredietkaart. Sy en Sampie het albei ook die woord “neoliberaal” of verbuiging daarvan in hulle artikels geskryf.
Hans hou ook van Keynes, en verduidelik beter as Christi.
Julle onthou die filosofie opstel opwekker waarvandaan ek twee diep filosofiese artikels gecopy en paste het? Iemand moet nou net een maak wat ekonomiese filosofie ook vanself kan “generate”. Raai watter woord sal prominent feature?
en die bottom line ?
Petrus Pap verklaar plegtig dat die Wet van Transvaal nog steeds geld, en al manier is om uit die verknorsing te kom.
Doubtingthomas het gesĂȘ op September 20, 2011
Jou laaste paragraaf says it all…
đ
palamino het gesĂȘ op September 20, 2011
Ag kan jy asseblief die woord “vagina” in rooi uitlig?
Want ek het nou al 2 keer deurgelees en ek weet nie of dit my bril is en of ek haastig is nie, maar ek kry dit nie. Nou weet ek gladnie of ek jou kan glo oor kapitalisme nie…
HeavyHenry het gesĂȘ op September 20, 2011
Nice!
Ekonomie is daai vakgebied waar ouens wat nie eintlik wiskunde kan doen nie, vergelykings neerskryf oor hoe geld en die wĂȘreld se interaksie daarmee, werk.
đ
Vetjan het gesĂȘ op September 20, 2011
Dis in die tweede stukkie van Kerkorrel. Ek sal dit traai uitwys.
benvanbruggen het gesĂȘ op September 20, 2011
Dankie vir jou kennis en perspektief. Hoe lyk dit met
n blog van Gerrit Brand oor die stryd tussen Christus
se versorg die armes leer en die kille werklikhede van die Kapitaliste. Daar is n lang lys van ver linkse
Kerklikes. As dit nou nie was vir die Kommuniste se
Godsdiens is die Opium van die Massa nie, stap die
die sentrale boodskappe van Christus en die Kommuniste
gerieflik saam.
Adage het gesĂȘ op September 20, 2011
Nice nou weet ek ook wie die mense is (aangesien ek nie afrikaanse koerante lees nie).
palamino het gesĂȘ op September 20, 2011
Hemel, nee, daais hopeloos te klein vir my!
Vetjan het gesĂȘ op September 20, 2011
Jy is nogal reg.
Vetjan het gesĂȘ op September 20, 2011
Hans werk darem vir ‘n Engelse koerant, en Christi se boeke is ook in Engels.
Ek dink nie Cornelius gaan in Engelse koerante publiseer word nie, en Sampie is nie meer so flavour of the month nie.
Vetjan het gesĂȘ op September 20, 2011
Kry ‘n groter computer screen en zooooom in man !
Vetjan het gesĂȘ op September 20, 2011
Gerrit is heeltemal te slim vir my, so ek het hom maar oor die Dettol aangevat want ek kan dit ten minste verstaan.
Jy is reg, dis net die opium stukkie wat die verskil is tussen die kerk en die kommies.
Neander het gesĂȘ op September 20, 2011
Onthou ook, ekonome kon nog nooit die Beurs korrek voorspel nie, nie eers Trevor Manuel nie.
Die Wet van Transvaal geld steeds.
Hoekom generate jy nie ‘n kapitalistiese stuk nie?
palamino het gesĂȘ op September 20, 2011
Ag dankbaar! Jou tegemoedkomendheid is ‘n riem onder die hart
Werklikwaar
Rerig
palamino het gesĂȘ op September 20, 2011
Weereens dankie
palamino het gesĂȘ op September 20, 2011
Sjoe!
Vetjan het gesĂȘ op September 20, 2011
en ek het dit in ROOI onderstreep !!!!
your wish is my command.
ek kan net nie die hele fokken prentjie groter kry nie
Vetjan het gesĂȘ op September 20, 2011
hellaas ou Tommie … is jy reg
Vetjan het gesĂȘ op September 20, 2011
haha .. dis nogal ‘n goeie plan.
lora2me het gesĂȘ op September 20, 2011
Wat ‘n mens die ideologie of filosofie ookal noem, is dit duidelik dat geld/besittings altyd die hoofrol speel en, afgewater of oorbeklemtoon, nog steeds die dryfkrag agter alles is. Die res is blote fiksie wat as feite deur manipuleerders van die ekonomie voorgehou word.
HeavyHenry het gesĂȘ op September 20, 2011
đ
Vetjan het gesĂȘ op September 20, 2011
Survival of the fittest, is al.
In die jaar 2011 is jy fiks as jy polities magtig is.
Vetjan het gesĂȘ op September 20, 2011
plesier
krokowaan het gesĂȘ op September 21, 2011
kommunisme??? In kommunistiese land behoort ‘n swerm voĂ«ls aan almal, in kapitalistiese land het elke man sy eie v……
Vetjan het gesĂȘ op September 21, 2011
klink omtrent reg
Janklaas het gesĂȘ op September 22, 2011
Huh. Ek kan nie besluit of dit goeie of slegte nuus is nie!
Ja, Christi het bietjie ge’mellow’ deesdae, maar sy was maar baie bitter vir baie lank.
Vetjan het gesĂȘ op September 22, 2011
Of wat goeie of slegte nuus is nie ?