Guinness is good for you.

September 18, 2011 in Sonder kategorie

Guinnes is good for you

 

Noodwendig bevat hierdie inskrywing verwysings na drank wat alkohol bevat. Veral agv gister se rugby. Eers die puik oorwinning in Wellington en later die tragiese nederlaag op Loftus. Nouja, so is die lewe maar.

 

Suurstof is noodsaaklik vir lewe. Ons kan nie daarsonder bestaan nie.

 

Suurstof is sleg vir jou. Te veel daarvan kan jou doodmaak. Gou ook. Regtig.

 

Toemaar in jou suurstoftent gaan jou longemfiseem jou opfok lank voor die chroniese suurstofvergiftiging jou gaan kry. Ek verwys nou na situasies waar die gedeeltelike druk van suurstof meer as een atmosfeer is. Ja, tegnies, nevermaaind. Die punt is te veel daarvan gaan jou opfok.

 

Te min suurstof gaan jou beslis ook die emmer laat skop.

 

Nadat ons deur die boffins van Bordeaux in kennis gestel is van die geweldige voordele van sekere brandewyn, te wete armanjak, het bier en wyn drinkers ook van hulle laat hoor.

 

Weereens verskaf dit vir my geweldige plesier om die blye boodskap aan julle te bring.

 

Bier is ook gesond vir jou, nie alle soorte bier nie, net soos nie alle soorte brandewyn gesond is nie , maar donker bier.

 

Guiness is rêrig goed vir jou.  Al het die advertensie waghonde oorsee vir hulle gesê om op te hou met hulle “verkeerde” advertensies, daar is immers alkohol in, en ons almal weet hoe sleg dit vir ‘n mens is.

 

Guinness 2

 

 

Tough shit, dit kom in ‘n bruin bottel en nie ‘n groen enetjie nie. Moenie traai om ‘n snob te wees net omdat jy dink Heineken is lanie nie.

 

Rooi wyn is natuurlik ook gesond vir ‘n mens.

 

Die beroemde Mayo kliniek het ook ‘n een en ‘n ander hieroor te sê gehad.

 

 

Verder het ek onlangs self berig oor hoe goed sekere brandewyn vir ‘n mens is.

 

Armanjak is gesonder as konjak.

 

‘n Klomp soorte medisyne, sê maar Panado kan jou ook doodmaak. heelwaarskynlik is daar ‘n paar panados wat iewers in jou huis rondlê. Ek verneem 7 pilletjies sal die trick doen, meer, en jy sal naar word en dit uitkots. Minder is nie sterk genoeg nie.

 

Jy kan nog ander baie gesonde goed gaan eet en kyk wat gebeur as jy te veel daarvan inkry.

 

Wat my nou by die eintlike punt bring.

 

Hierdie patetiese getjommel oor Dettol seep advertensies.

 

Ek het in my lewe nog nooit ‘n Dettol advertensie gesien nie. Of miskien het ek al. Kan dit glad nie onthou nie.

 

Ek onthou dat ek seep advertensies gesien het van mooi vroumense in die bad. Wil jy nou rêrig nou hê ek moet onthou wat die naam van die seep was? As jy dit kan onthou het jy mos nie reg aandag aan die advertensie gegee nie. Behalwe miskien dat die advertensie nie genoeg besonderhede gewys het nie, of altans die besonderhede waarin ek belang gestel het nie.

 

Nietemin, ek moet ook soms seep gaan koop. Ek weet mens kan met koeksoda ook was, werk blykbaar baie goed, maar ek verkies gewone seep. Dis meer kompak en minder morsig. Ruik ook lekkerder.  Ek koop gewoonlik die goedkoopste , veral watter een ookal op “special” is. Cheapskate. So is dit maar.

 

Een uitsondering is tydens rondlopery by ver plekke. Dan soek ek gewoonlik ‘n seep met bietjie antiseptiese eienskappe in. As daar ‘n koekie Dettol en ‘n koekie Protex langs mekaar is, dan kyk ek na die prys. Al twee bemark mos op grond van die kiemdodende eienskappe daarvan, dit staan op hulle verpakkings geskryf.

 

Wie gee regtig om of die seep nou 99.9% of 81.236589% of 20% of hoeveel ookal van alle kieme doodmaak. Heelwaarskynlik maak ‘n seep met ‘n ontsmettingsmiddel meer kieme dood as ander seep, veral as die rivierwater wat jy gebruik verdag is, en hallo, die meeste riviere in Afrika se water is min of meer verdag. Dit gaan oor die drol in die drinkwater, dink net wat alles verder stroomop aangaan.

 

Die meeste kinders in Afrika se probleem is dat hulle aan te veel kieme blootgestel word omdat hulle nie lopende water het nie, en hulle nie hande kan was nadat hulle iewers gehurk het nie.

 

Politieke korrektheid is die hoogste vorm van paternalisme. Ek stem toevallig saam dat die massas of weier om vir hulleself te dink, of te dom is, of pleinweg te fokken bygelowig is om net bietjie te kan dink. Ek dink net nie dat iemand anders vir my moet besluit wat ek moet sien of lees nie.

 

My oplossing is dat die mense se immuniteit teen onoselheid sal verbeter as hulle meer blootgestel word aan die kieme van realiteit. Ironies. Dink net.

 

Laat hulle hulle hande dan 200 keer per dag was.

 

Laat hulle die “powerbands” koop.

 

Laat hulle verslankingskure alles bestel.

 

Laat hulle hulleself vrek rook. Evolusie in aksie.

 

Natuurlik is Guinness good for you. Tien pinte ‘n dag. Minimum.

 

 

20 antwoorde op Guinness is good for you.

  1. Jy gaan braai, want die Bybel se wees jou Broeder se
    Hoeder. Omdat hy dom is.

  2. Ek was al in die Dublin brouery- en daar is dit baie lekker. Maar hier… dalk gaan iets verkeerd op die skip. Viva Vindhoek viva!

  3. Guinness is kak goed – ek gaan liewer van ‘n hartaanval dood as om elke dag daai drek te drink!

    Daai dettol ding is agv die tv advertensie op peasant tv.

  4. Die vyf sterre is omdat jy dit so logies uiteensit.
    Ek go maar met die flow – whatever..

  5. Vetjan het gesê op September 18, 2011

    Miskien smaak Castle Stout lekkerder en dis ook darem ‘n donker bier .. of Kilkenny of een van daai

  6. Jis ek weet darem nie – ek is altyd bang ek down die ding en kry ‘n dooie muis onder in die glas!

  7. Vetjan het gesê op September 18, 2011

    dankie Lou, en jy het ‘n goeie beleid

    solank jy net nie jou hande meer as 200 keer per dag met dettol seep was nie is die saak reg ! 🙂

  8. Vetjan het gesê op September 18, 2011

    Dis altyd moontlik, maar dink net hoe kan jy in daardie geval jou immuniteit boost deur al die kieme wat jy so kan inkry

  9. Vetjan het gesê op September 18, 2011

    ook waar. Windhoek is lekker

  10. Vetjan het gesê op September 18, 2011

    Nou verstaan ek beter

  11. *gril*

    Sies fok!

  12. Guinness is baie goed vir mens. Vra vir Australie. Die Guinness drinkers het hulle goed opgefok.

  13. Vetjan het gesê op September 18, 2011

    presies net so

  14. Vetjan het gesê op September 18, 2011

    Kan mens dit so in SA kry?

  15. Cheers!
    🙂

  16. Oe ek vrek oor stout. Ek het dit leer drink toe ek geborsvoed het. Dit maak baie moedersmelk 🙂 rerig

  17. Of dit goed of sleg is vir my is een ding, maar dat dit [email protected] smaak vir my is ‘n ander.

  18. Vetjan het gesê op September 20, 2011

    van wanner af moet medisyne lekker snaak?

  19. Vetjan het gesê op September 20, 2011

    puik moedersinstinkte Palomino !!

  20. Vetjan het gesê op September 20, 2011

    gesondheid

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.