Tegnologiese gestremdheid.
September 26, 2011 in Sonder kategorie
Maande lank al begin hierdie blokkies op allerhande plekke opduik.
Jy verstaan nie eintlik wat die doel daarvan is, of hoe dit werk nie.
Hulle publiseer dit sommer in die koerant, ouens gee jou dit op ‘n besigheidskaart. Dit staan agterop pamflette, en allerhande ander plekke.
Ons is darem slim genoeg om te weet dit is een of ander nuwerwetse soort “barcode”.
Maar hoe werk dit verder.
Nou begin jy rondvra.
Die probleem is, jy weet nie wat die ding se naam is nie.
Uiteindelik sit ek by my ou maat wat ordentlike regte cappucinos en espresso in sy kafee verkoop.
Behalwe dat hy die skuim in sy cappucinos eintlik reg kan maak, sien hy homself ook as ‘n baie rekenaarvaardige ou. Ek sal toegee dat hy kan koffie maak, maar ek het altyd my bedenkinge as iemand homself as enige soort van IT kenner beskou.
Eerstens outjies onder 20, maar hulle kan jy verskoon, want outjies onder 20 dink altyd hulle weet alles, terwyl ons weet dit wat ten minste nog twee dekades voor jy alles weet.
Die volgende katergorie is IT. Die ouens wat gewoonlik hier iets weet is tussen 20 en 30.
My maat is 40, so ek vermoed van IT weet hy nie so baie as wat hy dink nie. Die argitek Janneman is ook daar. Hy weet net so fokken baie.
Anyway, ek wys hulle die blokkie en beide van hule gaan aan die waffle, praat baie en sê niks nie.
Of altans dat dit ‘n nuwe soort “barcode” is, en dat mens ook een van hierdie nuwerwetse selfone nodig het om dit te gebruik.
Ja, maar hoe werk dit, en wat gaan nou eintlik aan. Sodra jy die eintlike storie wil agterkom, dan weet hulle ook maar niks nie.
Ek vra van die local laaities, maar hulle is te vaak om eers te verstaan waarvan ek praat.
Toe kom ek agter, almal weet nou so min of meer wat dit is, maar hulle kan nie regtig vertel nie, en weet nie presies hoe dit werk nie.
So, google is my vriend.
Hier is ‘n verdere probleem.
Die IT kenners wat die artikels skryf raak so tegnies dit help my heeltemal niks nie.
Na ‘n helse lang gesukkel, kom agteros toe ook uiteindelik in die kraal, en daarom was my vorige blogsinskrywing die eureka oomblik vasgevang in die blokkiekode.
Diegene vir wie die besigheid ou nuus is, kan nou maar ophou lees, want ek maak hierdie inskrywing om die ander baie tyd en moeite te spaar.
Raait, so wat is die besigheid ?
1. Dit is maar net ‘n nuwe soort barcode.
Die blokkievorm kan meer inligting wat as net die ou strepie barcodes.
Dis omdat die ding 2 dimensioneel is, nie net so ou eenrigting strepie soos die gewones op die boksie by Pick en Pay nie.
2. Die blokkie se regte naam is “QR code”. Quick Response code.
Meneer Toyota se nefie Denzo het die besigheid in Japan ontwerp sodat sy oom se kar fabriek beter kan werk.
3. Wat se inligting is in die blokkie kode vasgevang ?
‘n website adres
of sommer jou naam, adres en telefoon nommer en e mail.
of sommer iets anders , jy kan ‘n bloginskrywing maak, en die inslrywing in so blokkiekode omsit. Dit is wat ek gedoen het.
4. So wat moet jy doen met die QR blokkies ?
Jy neem dit af met jou selfoon, en dan sal jou selfoon die blokkie ontsyfer.
Dit beteken jou selfoon moet ‘n kamera en internet hê.
5. Party selfone kom deesdae uit met die regte program vooraf gelaai sodat jy die QR blokkies kan ontsyfer.
Die ander mense, soos ek, moet eers na ‘n website gaan, en die program wat alles laat werk op jou selfoon aflaai.
So jy tik in om jou selfoon “browser” hierdie e mail adres : http://www.mobile-barcodes.com/qr-code-software/
Volg die stappe , en laai die ding op jou selfoon.
6. Dan laat jy maar die program loop wanneer jy so QR blokkie sien, neem dit af met jou selfoon kamera, en binne oomblikke is die inligting op jou selfoon.
Jou selfoon sal die QR blokkie dan ontsyfer.
Jy kan ook na ‘n blokkie opwekker gaan op die web, en jou eie QR blokkies maak.. soos mynie hierbo iewers.
By hierdie bladsy : http://qrcode.kaywa.com/
7. Al wat dit beteken is dat jy nie vir pen en papier hoef rond te skarrel om al die inligting te skryf nie….. en dan later die papiertjie of besigheidskaart te verloor nie , want jy was by ‘n paartie, en die drank het gevloei, en jy kan nou nie meer so mooi onthou wat jy met daai stukkie papiertjie gemaak het nie…. dit is nou op jou selfoon.
Ons hoop net jy het nie jou selfoon verloor tydens die paartie nie !
Onlangse kommentare