Verlede naweek het my wyse moeder uitgevind dat ons onder die water in was agter die krokodille aan. Sy was heeltyd onder die indruk dat ons hulle net van bote en so afgeneem het. Toe vind sy verder uit dat haar kleindogter ook in die water was.
Aangesien almal weer veilig by die huis was en dit bietjie “after the fact” was, het sy net opgemerk dat dit baie riskant klink
Sy het niks oor stupidity gesê nie. Sy was nog altyd baie bedagsaam, maar natuurlik verstaan ek haar bekommernis. Toe Richard Boltar, die gids, en Blommekind die dag gaan duik was ek wel bekommerd.
So hoe gevaarlik is dit regtig?
Ek het gister weer met Richard gepraat. (per selfoon)
Hy reken dat Augustus beslis nie ‘n goeie maand is vir krokduik nie, hulle is dan te “cheeky”.
Dit raak paar-seisoen en die mannetjies is besig om hulle areas te verdedig.
Nou wanneer dan?
1. Die water moet op sy koudste wees.
2. Die water moet op sy helderste wees.
Die boonste twee goed gebeur wanneer die rivier redelik hoog is, en die stroom lekker vloei.
Dit beteken middel Junie tot einde Julie.
In die koue maande spaar die krokodille energie, en is hulle nie aggresief aan die jag nie.
Uit ons oogpunt is hulle dan rustig.
Onder die water ervaar krokodille nie groot “diere” as prooi nie. Die gevaarsone vir mens en dier is die rivier wal, die vlak water, die oppervlak sones. Al die natuurlike plekke waar krokodille gewoond is hulle prooi kom.
Krokodille se oë is ontwerp om baie goed BO die water te sien. Onder die water sien hulle maar sleg, en gebruik hulle hoofsaaklik kontras om op te kyk boontoe… dis nou te sê as dit hoegenaamd vir hulle nodig is om te sien onder die water.
Onthou, verreweg die meeste damme en riviere het baie vuil modderwater, so hulle is aangepas om op ander maniere te weet wat onder die water aangaan. Amper soos die sylyn van visse, wat sensitief is vir druk, en so aan.
In skoon water het ons dus ‘n voordeel as ons onder die water is…. ons kan daar beter sien as hulle !
Dit bring my by die tweede belangrike punt uit, ons ingesteldheid en “mental preparedness” is heeltemal anders as die van ‘n swemmer … soos die arme meisiekind wat op Nuwejaarsdag naby Phalaborwa in die Olifantsrivier gaan swem het ( as ek nou reg onthou). Sy wou net afkoel, was nie bewus van enige krokodille in die omgewing nie, net ‘n vinnige swem.
Ons weet vooraf min of meer waar die krokodil is. Ons bestee minimale sekondes aan die oppervlak, en klim altyd in en uit die boot in die middel van die rivier. Onthou, die krokodille is teen die wal. Die wal is die gevaarsone. En ons kan sien wat aangaan!
As mens dan al die goed in ag neem dan is dit ‘n berekende risiko, en solank mens nie roekeloos is nie, behoort jy darem okay te wees.
Einde Julie was ek op die boot toe Amos en Richard met ‘n redelike groot krokodil die water in is. Die rivier ouens het daardie spesifieke meneer “Scooby” gedoop. Hy is oud en moeilik, en het nie meer so baie tanne nie.
Scooby het besluit se moer ! Hy gaan hierdie duikers sommer nou opfok !

Amos en Richard maak reg om in te klim.
Let op na die merkwaardige “Go Pro” videokameratjies.
Een bo op die lens skerm van Amos se hoofkamera en een links bo op die foto.

Hier is die Go Pro HD (hoë definisie) video kamera.
Hy skiet werklik goeie gehalte video en dit in ‘n kamera kleiner as ‘n sigaretboksie.

Richard swem nader aan ‘n kleinerige krokodilletjie. Kyk die paal in sy hand.

Hierdie is Scooby die nare krokodil.
Hy is nie dieselfde een as die outjie in die vorige foto nie, nee, hy is ‘n bliksem wat die duikers agtervolg het, en wou byt.

Richard skop redelik sand op soos hy beur. Kyk hoe buig die paal.
Amos het die aksie fotos geneem. Hoeveel ouens sal te midde van sulke opgewondenheid ordentlike fotos kan neem?

Richard en Amos ontspan so bietjie later op ‘n eiland, en gee ‘n groot sug van verligting.
Terloops, Amos is 62 jaar oud !
Onlangse kommentare