Eintlik hou ek glad en geheel en al niks van waterskoeters nie, sien vanoggend in die nuus dat ene Sean Kingston (21), beroemde rapper, hom half des moers teen ‘n brug gejaag het met een. Nie verbasend nie. Gelukkig het sy passasier darem nie te seer gekry nie. Okay ek het voor vanoggend nie geweet van ou Sean se bestaan nie, want ek is nie ‘n luisteraar van rap en hip hop nie. Volgens die nuus is hy darem nou mooi stabiel in die hospitaal na die ongelukkie met die skoetertjie.
Soos met alles is daar uitsonderings, selfs met die waterponie. Aangesien ek nou moet verduidelik dat ek die afgelope naweek ook op een was. En ook so week of twee gelede.
Die uitsonderings dus:
Dit is ‘n strand/seereddingsvaartuig sonder gelyke.
Tweedens kan mens hulle gebruik vir visvang, maar eintlik is ‘n boot baie beter vir visvang.
Dan het mens “tow surfing”. Dit is waarvoor hulle eintlik bedoel is.
Die gebruik van die jetski om ‘n branderplankryer in ‘n groot of moeilike brander in te sleep, dit verg “split second timing” en baie vaardigheid van die operateur sowel as die van die branderplankryer. Dit is vrek moeilik.
Nou eers ‘n ander ding.
Ek het al daarvan vergeet, dit was so lank gelede, maar dit is snaaks hoe mens onthou as jy moet.
Veral as sommiges jou as ‘n toppie beskou, en die girls wat jy traai opchat vir jou oom sê, en dan kom meer senior vrouens, nevermaaind ouer en dierbare vriendinne, maar jou eie wyse gryse moeder, en vertel jou dit moet seker artiritis wees, wat beteken dat jy soortvan oor die muur is.
Nee hel. Die ding het weer 11 maande gelede begin, op die N1 iewers op die Vrystaatse vlaktes, miskien tussen Senekal en Winburg, of so iets. Die trui het op die agterste sitplek gelê, so mens moet nogal strek en rek om die ding raak te vat sonder om te veel spoed te verloor. Aangesien jy mos nou eintlik besig is om te bestuur, en so verrek jy jou arm.
Daardie nag word jy wakker met ‘n seer skouer, en jy wag maar so week of so dat dit kan beter word.
Verder is jy besig met allerhande soort werk op ver paaie, en is daar in elk geval nie tyd om jou te veel te steur aan seer skouers nie. Na omtrent 5 maande sou mens dink jy moet weer reg wees, so nou begin jy wonder, en begin jy dit noem aan die vroumense, wat jou summier as ‘n artiritisgeval diagnoseer, en dokter toe wil stuur.
Ek ken dokters, veral snydokters, so ek hou eers verby en gaan maar fisioterapeut toe, want dis toe dat ek onthou dat so 25 jaar gelede by een was en hy toe my arm in alle rigtings gedraai het.
Hierdie keer is dit ‘n sy, en sy probeer ook my arm in alle rigtings draai, maar dit werk toe nie heeltemal nie. Was te seer.
Diagnose :skouerkraag besering. Sy verduidelik, maar dis moeilik om presies te verstaan, en dit is waar die internet en google van baie waarde was. Ek het orals soektogte uitgevoer : Youtube, google images, gewone google, wikipedia, alles moontlik uitgevind. Oefeninge, behandeling, operasies, alles.
Die fisiotepeut het twee soorte masjiene bebruik om golwe en goed deur my skouer te jaag, en noem dit sommer haar vibrators, sy het my self aan die knoppies laat draai, op “fullspeed” het jou skouer sommer die ritteltits. Verder skryf sy ‘n klomp oefeninge voor en hou toesig dat jy reg oefen. Die sirkulasie moet verbeter. Jou skouerkraagligamente en spiere is nie op die “mainline” nie, so jy moet bloedvloei aanhelp. Dis waarvoor die vibrators was, en verder die seermaak oefeninge. En, word ek gewaarsku, as jy nie soet is nie, dan gaan die dokter met sy mes aan jou kom karring.
Die fisio het gehelp, maar hulle is ook slim, so hulle wil mens sommer baie behandel. Die eerste drie keer of so, sou ek sê ja okay. Die noodsaaklike diagnose by ‘n deskundige, die golwe en vibrasies en goed, en om van die oefeninge te verduidelik . Uitstekende waarde vir geld en noodsaaklik, MAAR.. ek kan op my eie oefeninge doen en strek baie dankie. Die behandeling het baie gehelp, maar my pyntoleransie is baie laag, en so het ek miskien nou nie so pligsgetrou die voorskrifte uitgevoer nie.
So nou is dit 11 maande wat my skouer seer is. Gelukkig nie meer naastenbyso seer as aan die begin nie.
Gesond genoeg om die branders in the foeter.

Eers op die rivier geoefen, en toe see in.

Oefen op die rivier, skouer het gehou. Petrus is die ou wat aan die tou vasklou.
Walter die Wonderman bestuur.

See in, skouer hou nog steeds.

Blommekind het dit ook probeer.
Walter die Wonderman bestuur nog steeds.
Petrus is baie bly sy skouer is nou bietjie beter, maar veral baie bly dat Blommekind saamgegaan het.
Onlangse kommentare