Wat van Sondag

Mei 20, 2011 in Sonder kategorie

Môre wat Saterdag is gaan ek bietjie kyk hoe Tienks hokkie speel, en die einde van die wêreld sal ‘n redelike spanner in die works wees. Erger as die skroefie wat daai keer in Koeberg se reaktor geval het.

Ek wonder nou baie wat Camping , Coetsee en al die ander skape se verskoning Sondag gaan wees?

Hulle het absolute geloofsekerheid : “without shadow of a doubt”

In een opsig is dit beter as die ander kenners van God se Wil, wat almal deurmekaar boodskappe kry .. oor mens psalms of gesange moet sing, groot of klein moet doop, baie of min water moet gebruik, of dit sonde is om gay te wees of nie, of die duiwel alleenlik los is noord van die Hex riviervallei….

Hier in my dorp dink ek nie iemand gaan vir my kom en vertel dat hy môre weggeraap gaan word nie, want hy/sy sal weet dat ek summier aan so persoon gaan voorstel “to put your money where your mouth is”

Ek twyfel ongelukkig of enige delusionele biljoenêr vandag in die kroeg al sy bates aan my gaan oorteken omdat hy dit van môre af nie meer gaan nodig hê nie.

Uit news 24 :

Harold Camping, aged 89, previously made a failed prediction that Jesus Christ would return to Earth in 1994.

But the head of the Christian radio network Family Stations Incorporated says he is sure an earthquake will shake the Earth on May 21, sweeping true believers to heaven and leaving others behind to be engulfed in the world’s destruction over a few months.

“We know without any shadow of a doubt it is going to happen,” said Camping, whose Family Radio broadcasts in more than 30 languages and on US and international stations.

His supporters have posted about 2 200 billboards around the United States about the coming apocalypse, and dozens of followers are driving across the country to spread the news.

8 antwoorde op Wat van Sondag

  1. HeavyHenry het gesê op Mei 20, 2011

    Dit sou nogal kak wees as die ou die keer reg is.

  2. FPet het gesê op Mei 20, 2011

    Ja ongelukkig nie, maar indien jy wel so ‘n biljoenêr opspoor, stel my in kennis, ek is opsoek na een…

  3. Berwick het gesê op Mei 20, 2011

    Vaarwel, Petrus.

  4. Vetjan het gesê op Mei 20, 2011

    Ek gaan ‘n agtergeblewene wees aangesien ek nie genoeg wegrapings browniepunte verwerf het nie.

  5. Vetjan het gesê op Mei 20, 2011

    Ek het in die bar so girl met ‘n Mercedes sportmotortjie ontmoet, maar sy was salig onbewus van die einde van die wêreld môre, en was nie van plan om haar karretjie aan enigeiemand af te teken nie.

  6. Vetjan het gesê op Mei 20, 2011

    Nogal ja, maar ek het hulle berekeninge gecheck, en hulle het die datum waarop Noag met sy ark teen die berg vasgeseil het weer verkeerd bereken.

  7. Vetjan het gesê op Mei 20, 2011

    dit is die hele punt .. al die “kenners” wat elkeen oortuig is dat sy spesifieke interpretasie is die regte een … en kom ons nou nog nie eers van watter weergawe/uitgawe/vertaling die regte een is nie.

  8. HeavyHenry het gesê op Mei 21, 2011

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.