Visvang in die Ou Kalahari

Mei 17, 2011 in Sonder kategorie

Ngami meer, 1.8 km.

Dit staan so op die padteken. Toegegee, die teken is seker nie ouer as 5 jaar nie. Ek het laasjaar al op ‘n keer verby hom gejaag, maar het nie tyd gehad om bietjie rond te kyk nie.
Hierdie keer was dit anders.

ngami

Geheue is ‘n snaakse ding. Mens ry verby iets wat jou prikkel, en eensklaps onthou jy iets wat jy eintlik glad nie dedink het jy sal onthou nie.
Byvoorbeeld iets in ‘n artikel wat ek een keer gelees het, en vaagweg iets van onthou het. Soos almal seker nou al weet is google ‘n wonderlike ding, en mens kry nogal goed.

So het Don Pinnock in ‘n 2002 uitgawe van Getaway Magazine geskryf : “We tracked down the Nhabe River to search for the fabled Lake Ngami. It had disappeared.

By GPS reckoning we were in the dead centre of the lake, but all that surrounded us was flat yellow grass with a watchful patrol of vultures overhead.
Later enquiries established that it had dried up 20 years before, victim of the curious cyclical tilting of the Okavango basin.”

Iewers het die gedagte van eienaardige tektoniese bewegings of so iets  in die Kalahari  onder Engelse skrywers posgevat, sodra water beweging in die Okavango ter sprake kom, dan val hulle uit met die gedagte van die “curious cyclical tilting of the Okavango basin”.

Laasjaar met die Savuti kanaal wat weer begin vloei het, het die engelsmanne weer met dieselfde twak begin. Nouja, party van julle weet al ek is nie ‘n ou vir sulke “curious” goed nie, en natuurlik dink ek dis ‘n kakstorie, daar is dan ‘n bitter eenvoudige verklaring.

Reën.

Baie reën. Drie jaar lank al kry die drie groot riviere meer reën as normaal. Die Okavango, die Kwando en die Zambezi. Vic falls pomp, die Oos Caprivi is half onder water, van Rundu af ondertoe moan die kamp eienaars dat hulle grasperke en goed onder water is, dan vat dit nie vuurpylwetenskap om te besef dat as die rivier vol is, die damme of mere of panne vol water gaan loop nie.

Die droë lope loop nou vol water.

Hierdie keer het ek tyd gehad om 1.8 km  op die tweespoor paadjie te ry, en na die “fabled Ngami lake” te gaan kyk.

Ek het nie top bootse daar gehad nie, en ek gee nie om vir modder nie, maar modder met dorings in? Nee, nie vir my nie.

makou

So ek het my Ngami eksplorasie beperk tot die droë grond, en nie deur die vlak water en modder voortgeploeg tot by die al die doringbome verby nie.

Maar ek het wel die Kalahari vissermanne gekry.

visser

 

Blou mokoro ?

 

 

babers

 

Babers … jig!

 

okay , darem ander visse ook.

 

visvrou

 

Visvrou

8 antwoorde op Visvang in die Ou Kalahari

  1. mladanyi het gesê op Mei 17, 2011

    Die natuur is darem mooi as sy haarself so herstel.

  2. Blikskottel het gesê op Mei 17, 2011

    Daai plek moet ek ook nog sien en glo my, my waders sal by my wees.

  3. monicahaddad het gesê op Mei 17, 2011

    Ek het vriende daar, jy kan gerus by hulle gaan draai. http://www.maudenbram.blogspot.com

  4. Vetjan het gesê op Mei 17, 2011

    Helaas Monica, ek blog nou eers oor meer as ‘n week gelede … maar … kort voor lank jaag ek weer daar verby !

  5. Vetjan het gesê op Mei 17, 2011

    Goeie plan.

  6. Vetjan het gesê op Mei 17, 2011

    Daars water ja ! Van die “herstel” is ek nie 100% seker nie, maar ek is bly so baie van die lope loop nou weer vir ‘n verandering.

  7. Krokodilla het gesê op Mei 18, 2011

    Ek weet nie hoekom dit daarso altyd of te min of te veel reën nie.

  8. Vetjan het gesê op Mei 18, 2011

    nie net daar nie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.