Aandete met die Polisie

Mei 14, 2011 in Sonder kategorie

“Al my suster se hare het grys geword van hierdie soort van nonsens” sê die tannie. ” Die ergste is dat haar seun se vrou dit ook doen, en hulle het 2 klein kindertjies!. Dis bitterlik gevaarlik en onverantwoordelik !! As dit jou plan is , kan julle beslis nie hier by my plek kom bly of kamp of ‘n boot huur nie” Na so rukkie voel sy sleg oor die uitkak, en bied ‘n kamer op die huis aan. Net vir die aand natuurlik, enige kos is vir my rekening. Fair enough. Sy waarsku my dat ek nou nie moet begin planne kry nie, ons kan steeds nie later daar kom bly nie, sy het haar reputasie om aan te dink.

Oom Jan is nie so erg gepla nie, hy het al baie in die rivier gesnorkel. In sy jonger dae natuurlik.

Hy kry ‘n vuil kyk.

Ek kry ‘n kamer in die lanie lodge, volledig met DSTV.

Aandete moet jy bespreek, en ek doen dit ook. Alhoewel die Ismael se kerrie lekker was, het ek met my gat in die botter geval, en moet mens nou nie gegewe perde in die bek kyk nie ensovoorts.

Op pad dorp toe die middag draai ‘n konvooi van omtrent 8 voertuie in op die plaaspad. Op pad kampplek toe. Die lodge en die kamplek is op dieselfde plaas teen die rivier, so kilometer of wat uit mekaar uit. Die Afrikaner het die ossewa nou wel vir ‘n 4×4 verruil, maar die “trek” gedagte kry jy nie maklik uit hom uit nie. Van Rensburg se  trek bestaan toe uit 29 siele, en nadat die lot laer getrek het, boek hulle ook ‘n ete by die lanie lodge. Ek dink nie die vrouens was die kaalvoet oor die Drakensberge tipe nie.

Ek sit nog by die kampplek se rivierkroeg die die skuit die mense begin oplaai om te gaan eet.

Met almal weg, waarsku die kroegman, dat ek ook liewer maar my ry moet kry lodge toe, anders gaan hulle al die kos opvreet.

Terug by die lodge is oom Jan bietjie opgewerk, gooi vir my ‘n glas wyn en sê ek moet eers wag, die kombuis moes eers nog kos maak, meer mense as wat verwag was ….

Terwyl die kombuis swoeg en sweet, drink ek en oom Jan maar nog ‘n paar glase wyn..tot hy sê dat ek maar beter kos moet gaan kry want Van Rensburg se trekkers is honger …. en hulle sit die hele eetkamer vol.

Daar is nog een sitplek oop, maar nie by die trekgeselskap nie. Ek moet sit by die inboorlinge.

In hierdie geval was die inboorlinge die kommisaris, die stasiebevelvoerders van Maun en Shakawe, asook ‘n adjudant of twee.

So wys die tannie my toe wie is eintlik baas.

lawdons

Lawdon’s lodge.

‘n Swembad is vir swem.

 

Die komissaris is die een met die wit hemp.

 

 

okavango

 

Die Okavango rivier is nie ‘n swemplek vir mense nie.

 

Moenie eers daaraan dink nie.

 

Onderwater ? no way jose, nie hier nie.

 

Ons sal nog sien tannie.

10 antwoorde op Aandete met die Polisie

  1. elgado het gesê op Mei 14, 2011

    Krokodille en seekoeie?

    Btw het jy geweet ‘n seekoei kan ‘n krokodil in twee hap? Seekoeie word die gevaarlikste dier in Afrika ge-rate.

  2. monicahaddad het gesê op Mei 14, 2011

    O hete, jy soek vir skoor wat kon gebly het……

  3. TS het gesê op Mei 14, 2011

    mmmmm … ons sal maar sien wat gebeur… intussen lees ek lekker

  4. Blikskottel het gesê op Mei 14, 2011

    Alles nieteenstaande is Botswana tog ‘n lekker plek. dis net dat die lodges die toeriste vet uitbuit, aar nouja, hulle kom met Euro’s en betaal met ‘n smaail.

  5. loudavisi het gesê op Mei 14, 2011

    Wat ‘n lieflike plek!

  6. Vetjan het gesê op Mei 15, 2011

    Met die rand wat deesdae baie sterk is, is Botswana relatief goedkoop.

    By Island Safari lodge in Maun het ek in ‘n lekker kamer geslaap met lugreëling, TV en ontbyt teen R 265 per nag … bargain ! Steak in die restuarant vir R 65 .. ook nie sleg nie.

    Die top oorde in die Delta is nie vir Jan Alleman beskore nie, euros, dollars of rand, maak nie saak nie… dis maar dieselfde as enige plek in Sabie Sand.. of Bushmanskloof of Grootbos ens.

  7. Vetjan het gesê op Mei 15, 2011

    Kalinka , ek sou baie belangstel as jy vir my ‘n betroubare bron of verwysing kan gee van hoe ‘n seekoei ‘n krokodil in 2 gehap het !

  8. Vetjan het gesê op Mei 15, 2011

    miskien

  9. Vetjan het gesê op Mei 15, 2011

    haha…ons sal nog sien wat gebeur!

  10. Vetjan het gesê op Mei 15, 2011

    Dis goeie teerpad tot daar Lou, jy kan in jou kar spring en daar gaan kuier.

Los ’n antwoord vir TS. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.