Jy blaai in die argief vir 2011 Mei.

STRAB

Mei 25, 2011 in Sonder kategorie

Wat kan ek sê?

Hier is ‘n yskoue front aan die kom.

Die Kaap het die reën nodig, maar nouja julle weet hoe dit is.

Piet-hulle sal nie reg kan speel sonder die regte soort gehoor nie, en die weer daar gaan die naweek baie beter wees as hier.

here we go again

Wie het watter grond?

Mei 25, 2011 in Sonder kategorie

Ek het dit nie dadelik besef nie, maar die blikbreintjie was gestel op “kortste pad”.

So ry ek toe van die lughawe af die Oos Rand in. Boksburg, fokken Brakpan, Springs, Leandra, Kinross, Secunda, Bethal, en van ver af sien ek iets wat lyk na Sol se nuutste paleis van ‘n hotel. Baie indrukwekkend, ‘n replika van die “palace” by Sun City. Kon net nie verstaan wat Sol noop om so helse plek op die buitewyke van Ermelo langs die plakkershutte te bou nie. Dag toe nee, dis seker ‘n ryk sjeg van Saudi Arabië wat weer op ‘n sending was, en om een of ander rede ‘n Mekka in Ermelo wil bou. Die konstruksie bord buite die bouperseel sê toe dit is die nuwe munisipale kantore.

Ermelo mag dalk paaie vol slaggate hê, en die peepils mag dalk dienste en behuisingstekorte beleef, maar as hulle nie te koud kry nie, kan hulle maar rustig slaap, hulle verkose munisipale raadslede het die nuutste en beste kantore ter wêreld. Of was dit nou Bethal waar die munisipale kantore gebou word? Same diffs .

Ek dwaal nou eintlik van my eintlike onderwerp af, maar op ‘n manier is dit tog verwant.

So stoom ek to voort deur Amsterdam na Piet Retief toe, die padwerke word meer en so ook die slaggate. In die skemermis jaag ek in ‘n trop beeste in, en broadside so skuins tussen hulle deur tot ek een so ligte stampie op sy gat gee dat hy sommer meters wegspring.

Watter boer se hele trop beeste staan sommer in die aand in die middel van die pad ? Die R 65 wat nogal besig is omdat so baie groot vragmotors dit gebruik om die padwerke op die N2 te vermy.

Tussen Piet Retief en Pongola staan mens gewoonlik langer as ‘n uur by al die stop – ry bordjies waar hulle aan die pad werk.

Al die boere daar rond woon in sulke ronde huisies met grasdakke.

Okay dan ry jy deur die suikerriet plantasies, geniet die uitsig oor die Pongolapoortdam soos jy die berg uitry Jozini toe. Jy ry deur die Ngwavuma gebied deur na Manguzi toe. Geen twyfel oor wie al die grond hier rond besit nie. Derduisende boere.

Gaan oor die grens Ponta toe, waar ek 2 dae kamp, en vir Blommekind kry.

Nou ry ons weer Durbs toe.

Van Kosibaai tot by Mbazwana, en toe nog omtrent ‘n uur tot by Hluhluwe. Raai wie se beeste loop in die pad, en wie boer op die honderde lappies grond soos ons ry?

Na ‘n Durbs kuier is dit weer suid. Tussen Kingsburgh en Umkomaas is Umgababa. Kilometers krotte op die seefront. Ons ry die ou Suidkuspad. Aan oor die brug by Port Edward, op die R61, Bizana, Flagstaff, Lusikisiki , Port St Johns. Sover as wat die oog kan sien in ENIGE rigting is die hele land met strooise gespikkel.. en beeste in die pad… en lappies grond… en op te veel plekke HEWIGE erosie.

Toe weer Port St Johns na Umtata, Oos London, Port Alfred.. dieselfde storie, beeste in die pad, lappies grond, strooise.

Nog van die peepil se grond.

Wanneer Mantashe, Me Joemat-Petterson ( ons geagte Minister van Landbou), en die mal keffer allethande uitsprake maak wonder ek wanneer  Agriforum of mense soos Dr Lourie Bosman vir ons die ware prentjie kan gee oor wie in besit of beheer is van watter goeie landbougrond.

‘n Plaas van 100 000 hektaar in die Hantam kan geensins eers vergelyk word met ‘n plaas van 100 hektaar in die omgewing van sê maar Port St Johns nie, maar nou ja, mens kan nie effektief boer op 100 lappies van ‘n halwe hektaar nie.

Dit is hoogtyd die regte feite op die tafel geplaas word.  Waar de fok is Mulder? Die sogenaamde adjunk Minister van Lanbou.

Ek is moeg van die Mantashe ( hy het mos self ‘n plaas in die Oos Kaap) en sy mal keffer se smoke en mirrors act.

Een dag in die Wilde Weste

Mei 20, 2011 in Sonder kategorie

Aangesien dit Vrydagmiddag is, en aangesien die Stormers vandag teen alle verwagtinge die Blues gewen het, en aangesien almal se Vrydagaand jolifikasies netnou gaan begin, verskaf ek hier ‘n paar fotos wat ek op my reise na die wilde weste bekom het.

Die pofadder het klaarblyklik sitotoksiese gif en word beskou as ‘n redelike “pikkerige” slang.

 

 

bar

 

Die Bar op de Aar

 

slang

 

Ai, kan ek ook maar na jou troeteldiertjie kyk?

 

Is hy nie dalk lus vir bietjie coke nie?

 

 

slang3

 

“Nee, mammie, ek drink net gou’n dop saam met die ouens.”

 

* Names and places have been changed to protect innocent people involved en die fotos is ou argief fotos okay !”

 

en ek het dit nie afgeneem nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wat van Sondag

Mei 20, 2011 in Sonder kategorie

Môre wat Saterdag is gaan ek bietjie kyk hoe Tienks hokkie speel, en die einde van die wêreld sal ‘n redelike spanner in die works wees. Erger as die skroefie wat daai keer in Koeberg se reaktor geval het.

Ek wonder nou baie wat Camping , Coetsee en al die ander skape se verskoning Sondag gaan wees?

Hulle het absolute geloofsekerheid : “without shadow of a doubt”

In een opsig is dit beter as die ander kenners van God se Wil, wat almal deurmekaar boodskappe kry .. oor mens psalms of gesange moet sing, groot of klein moet doop, baie of min water moet gebruik, of dit sonde is om gay te wees of nie, of die duiwel alleenlik los is noord van die Hex riviervallei….

Hier in my dorp dink ek nie iemand gaan vir my kom en vertel dat hy môre weggeraap gaan word nie, want hy/sy sal weet dat ek summier aan so persoon gaan voorstel “to put your money where your mouth is”

Ek twyfel ongelukkig of enige delusionele biljoenêr vandag in die kroeg al sy bates aan my gaan oorteken omdat hy dit van môre af nie meer gaan nodig hê nie.

Uit news 24 :

Harold Camping, aged 89, previously made a failed prediction that Jesus Christ would return to Earth in 1994.

But the head of the Christian radio network Family Stations Incorporated says he is sure an earthquake will shake the Earth on May 21, sweeping true believers to heaven and leaving others behind to be engulfed in the world’s destruction over a few months.

“We know without any shadow of a doubt it is going to happen,” said Camping, whose Family Radio broadcasts in more than 30 languages and on US and international stations.

His supporters have posted about 2 200 billboards around the United States about the coming apocalypse, and dozens of followers are driving across the country to spread the news.

Visvang in die Ou Kalahari

Mei 17, 2011 in Sonder kategorie

Ngami meer, 1.8 km.

Dit staan so op die padteken. Toegegee, die teken is seker nie ouer as 5 jaar nie. Ek het laasjaar al op ‘n keer verby hom gejaag, maar het nie tyd gehad om bietjie rond te kyk nie.
Hierdie keer was dit anders.

ngami

Geheue is ‘n snaakse ding. Mens ry verby iets wat jou prikkel, en eensklaps onthou jy iets wat jy eintlik glad nie dedink het jy sal onthou nie.
Byvoorbeeld iets in ‘n artikel wat ek een keer gelees het, en vaagweg iets van onthou het. Soos almal seker nou al weet is google ‘n wonderlike ding, en mens kry nogal goed.

So het Don Pinnock in ‘n 2002 uitgawe van Getaway Magazine geskryf : “We tracked down the Nhabe River to search for the fabled Lake Ngami. It had disappeared.

By GPS reckoning we were in the dead centre of the lake, but all that surrounded us was flat yellow grass with a watchful patrol of vultures overhead.
Later enquiries established that it had dried up 20 years before, victim of the curious cyclical tilting of the Okavango basin.”

Iewers het die gedagte van eienaardige tektoniese bewegings of so iets  in die Kalahari  onder Engelse skrywers posgevat, sodra water beweging in die Okavango ter sprake kom, dan val hulle uit met die gedagte van die “curious cyclical tilting of the Okavango basin”.

Laasjaar met die Savuti kanaal wat weer begin vloei het, het die engelsmanne weer met dieselfde twak begin. Nouja, party van julle weet al ek is nie ‘n ou vir sulke “curious” goed nie, en natuurlik dink ek dis ‘n kakstorie, daar is dan ‘n bitter eenvoudige verklaring.

Reën.

Baie reën. Drie jaar lank al kry die drie groot riviere meer reën as normaal. Die Okavango, die Kwando en die Zambezi. Vic falls pomp, die Oos Caprivi is half onder water, van Rundu af ondertoe moan die kamp eienaars dat hulle grasperke en goed onder water is, dan vat dit nie vuurpylwetenskap om te besef dat as die rivier vol is, die damme of mere of panne vol water gaan loop nie.

Die droë lope loop nou vol water.

Hierdie keer het ek tyd gehad om 1.8 km  op die tweespoor paadjie te ry, en na die “fabled Ngami lake” te gaan kyk.

Ek het nie top bootse daar gehad nie, en ek gee nie om vir modder nie, maar modder met dorings in? Nee, nie vir my nie.

makou

So ek het my Ngami eksplorasie beperk tot die droë grond, en nie deur die vlak water en modder voortgeploeg tot by die al die doringbome verby nie.

Maar ek het wel die Kalahari vissermanne gekry.

visser

 

Blou mokoro ?

 

 

babers

 

Babers … jig!

 

okay , darem ander visse ook.

 

visvrou

 

Visvrou

Aandete met die Polisie

Mei 14, 2011 in Sonder kategorie

“Al my suster se hare het grys geword van hierdie soort van nonsens” sê die tannie. ” Die ergste is dat haar seun se vrou dit ook doen, en hulle het 2 klein kindertjies!. Dis bitterlik gevaarlik en onverantwoordelik !! As dit jou plan is , kan julle beslis nie hier by my plek kom bly of kamp of ‘n boot huur nie” Na so rukkie voel sy sleg oor die uitkak, en bied ‘n kamer op die huis aan. Net vir die aand natuurlik, enige kos is vir my rekening. Fair enough. Sy waarsku my dat ek nou nie moet begin planne kry nie, ons kan steeds nie later daar kom bly nie, sy het haar reputasie om aan te dink.

Oom Jan is nie so erg gepla nie, hy het al baie in die rivier gesnorkel. In sy jonger dae natuurlik.

Hy kry ‘n vuil kyk.

Ek kry ‘n kamer in die lanie lodge, volledig met DSTV.

Aandete moet jy bespreek, en ek doen dit ook. Alhoewel die Ismael se kerrie lekker was, het ek met my gat in die botter geval, en moet mens nou nie gegewe perde in die bek kyk nie ensovoorts.

Op pad dorp toe die middag draai ‘n konvooi van omtrent 8 voertuie in op die plaaspad. Op pad kampplek toe. Die lodge en die kamplek is op dieselfde plaas teen die rivier, so kilometer of wat uit mekaar uit. Die Afrikaner het die ossewa nou wel vir ‘n 4×4 verruil, maar die “trek” gedagte kry jy nie maklik uit hom uit nie. Van Rensburg se  trek bestaan toe uit 29 siele, en nadat die lot laer getrek het, boek hulle ook ‘n ete by die lanie lodge. Ek dink nie die vrouens was die kaalvoet oor die Drakensberge tipe nie.

Ek sit nog by die kampplek se rivierkroeg die die skuit die mense begin oplaai om te gaan eet.

Met almal weg, waarsku die kroegman, dat ek ook liewer maar my ry moet kry lodge toe, anders gaan hulle al die kos opvreet.

Terug by die lodge is oom Jan bietjie opgewerk, gooi vir my ‘n glas wyn en sê ek moet eers wag, die kombuis moes eers nog kos maak, meer mense as wat verwag was ….

Terwyl die kombuis swoeg en sweet, drink ek en oom Jan maar nog ‘n paar glase wyn..tot hy sê dat ek maar beter kos moet gaan kry want Van Rensburg se trekkers is honger …. en hulle sit die hele eetkamer vol.

Daar is nog een sitplek oop, maar nie by die trekgeselskap nie. Ek moet sit by die inboorlinge.

In hierdie geval was die inboorlinge die kommisaris, die stasiebevelvoerders van Maun en Shakawe, asook ‘n adjudant of twee.

So wys die tannie my toe wie is eintlik baas.

lawdons

Lawdon’s lodge.

‘n Swembad is vir swem.

 

Die komissaris is die een met die wit hemp.

 

 

okavango

 

Die Okavango rivier is nie ‘n swemplek vir mense nie.

 

Moenie eers daaraan dink nie.

 

Onderwater ? no way jose, nie hier nie.

 

Ons sal nog sien tannie.

Aandete by die Taliban.

Mei 13, 2011 in Sonder kategorie

“Daar is ‘n TV in my restaurant” sê Ismael, “met DSTV en al die sportkanale.”

 

Ek gooi petrol in, en Ismael het die ou in die Tazz pas gekonfronteer oor die blink rims op die kar nie by die Khan broers se onderdele winkel gekoop was nie. Ismael wag ook om petrol in te gooi, maar hy laat nie gras onder sy voete groei nie, so hy doen maar reklame terwyl hy wag vir sy ingooibeurt.

 

Al die pad van die Ngami meer af dink ek aan die wedstryd.

 

Die een tussen die Stormers en die Sharks.

 

Ek wou dit glad nie misloop nie. Onthou dit was nou die Saterdag so twee weke of so gelede, die groot wedstryd moes nog plaasvind.

 

By Shakawe draai ek in by Jan Drotsky se kampplek, en gaan kyk dadelik of die TV in die kroeg DSTV het. Nee, daar is nie DSTV nie, daar is glad nie eers ‘n donnerse TV nie. Kyk, die Okovangorivier is baie mooi. Die bome, die visarende, die seekoeie, alles baie mooi, ek stem saam, maar op daardie presiese minuut was ek ingestel op die groot wedstryd.

 

In die luukse “lodge” het die kamers wel TV’s in, volledig met DSTV ontvangs, en ek begin dit oorweeg om megabucks te blaas en in ‘n luukse kamer in te boek, hierdie opsie is plan C, die laaste uitweg.

 

Plan A, was om heerlik in die Drotsky’s kroeg te kyk.

 

Plan B – dit is die soektog na ‘n DSTV iewers in Shakawe.

 

Die petrolpomp is altyd ‘n goeie plek om goed by uit te vind, en so het ek vir Ismael Khan ontmoet, later sy broers ook.

 

Hy het so 3 jaar gelede uit Pakistan uit aangekom. Die 3 broers het 3 besighede hier. Die “restaurant”, die onderdele plek, en ook die slaghuis, streng halaal, verseker hy my. Ek moenie vir sy broers vertel nie, maar hy wat Ismael is geniet nogal ‘n bier ook.

 

Reg, ry gou “restaurant” toe, daar is ‘n pragtige nuwe platskerm TV besig om krieket op SS2 te wys.

Ek is min gepla oor enige ander aspek van die restaurant, want ek is nie daar om te eet nie.

 

Na die Stormers se pragtige oorwinning, moet ek saam met Ismael kerrie en rotis gaan eet agter in die kombuis. Ordentlike kerrie sê hy. Oxtail. Halaal. Nogal lekker ook.

 

Hulle wat Pakistani Khans is, se voorvaders het eens op ‘n tyd in Kabul gebly, ek moet weet die bergstamme is eintlik vriendelike ouens.

 

Ons praat bietjie godsdiens/politiek/Libië/Amerika… alles Amerika se skuld.

 

en die volgende dag breek die nuus oor Bin Laden.

 

tv

 

Die restaurant.

 

Die TV staan bo op die yskas.

Hulle het spesiaal vir my die kanaal van krieket na rugby verander.

 

Nee, sokker was nie ‘n keuse nie.

 

ismael

 

Ismael en een van die kombuisgirls ( Lerato)

 

Rotis en beesstertkerrie voor hulle.

 

 

dj

 

Ismael het geen beswaar teen die kroeg langaan nie. Op Saterdagaand is daar ‘n DJ op die stoep en hordes honger kliënte.

Die restaurant was besig, baie baie besig. Ek het maar ‘n black label of twee gaan koop en onopsigtelik by die TV sit en drink. Onopsigtelik , want die honger kliënte mag nou nie eintlik sterk drank in ‘n halaal restaurant inbring nie.

 

Die kroeg langsaan behoort obviously nie aan die Khans nie, maar gelukkig beinvloed die soberheid van jou klandisie nie jou halaal status nie.

 

 

tent

 

Ek het my tent voor die rugby al opgeslaan, altyd beter om dit op te slaan terwyl daar nog genoeg lig is.

 

Netjiese kampplekke.

 

Red die muskiete

Mei 2, 2011 in Sonder kategorie

Alle Bhoediste sal vanaand baie trots op my wees, want ek het my bene vol Tabard gesmeer om die muskiete van alkoholvergiftiging te probeer red.. maar dit help nie… hulle wil nie ophou nie.