Nascer do sol Maputo

April 27, 2011 in Sonder kategorie

Net na 5 die oggend stop ek besluiteloos by die verkeerslig in Avenida de 25 Setembro, en sit die flikker aan om regs te draai in Avenida Vladimir Lenin, maar bedink my, en skakel weer af. Nie dat daar enigsins ander verkeer is nie.

 

In die donker oggendskemer sien ek wel die twee ouens op die middelman oorkant die straat.

 

Die lig word groen,ek ry reguit oor. Die twee ouens het AK’s en ‘n flits waarmee hulle my wys om af te trek. Die ou storie. Maputo se flentergat polisie wil ‘n paar rand uit my wurg, maar ek is nog vaak en half moerig. Gisteraand eers omtrent 12 uur gaan slaap. Ek en Blommekind het by Zambi gaan eet. “The in place to be seen”, nie dat dit enigsins ‘n oorweging was om gesien te word nie, dis die plek se eie slagspreuk, maar die vis was okay. Intussen is dit nou vroeg Saterdagoggend, en ek wil Blommekind by die busterminaal kry. Die horlosie tik.

 

Die flentergat met die AK groet “boa noite”, en ek stel dit spottend reg met “bom dia”, hy moet weet dis al oggend. Eers word rybewys gevra. Toe paspoort. Toe volg die “pitch”. Fala Portogues ? ….. poco . … Jy mag nie jou flikker eers aansit en dan weer af nie ! …. jaja , maar daar is nie ander verkeer nie, en ek het dit net ‘n paar sekondes laat flikker voor ek van plan verander het..maar wys my in elk geval die regulasie war se ek mag nie… en by the way… kan ek jou ID ook sommer sien asseblief.

 

Flentergat is nie beindruk nie. Dit maak twee van ons. Good cop word nader geroep. Hy word ook in sy moer gestuur, ek word meegedeel dat hulle my swaar gaan “punish”. Kan ek asseblief my passpoort terug kry.. hy gee dit, maar nie die rybewys nie, en drentel weg. Ek skakel die voertuig af en sit stil. Blommekind gee ‘n sug.

 

Flentergat kom terug, en beveel my om summier Mosambiek te verlaat, ek stem saam, maar vra my rybewys terug …wat hy gee, synde dat ek nie grens toe kan ry sonder rybewys nie.

 

By die Avenida de Mocambique draai ons regs, by die terminaal klim Blommekind in die Inhambane bussie. Ek ry terug stad toe op soek na koffie, maar alles is nog toe. Behalwe Coconuts. Hier is die nag se bittereinders besig om stadig hulle pad huis toe te kry.

 

Ek is nou op Avenida de Marginal teen die see, en dit is hier waar die son stadig opkom oor Maputo.

 

 

skepe

bittereinders

Die bittereinders chill op Coconuts se stoep.

straatsmous

Gisteraand het sy haar koelboks tot na middernag beman, en soos haar kollegas net daar op die sypaadjie geslaap. Bo op die koelboks is die koeldrank en biere uitgestal. Na ‘n paar uur op die koue sement moet mens seker bene rek.

joe

Johannes die doper

 

 

 

dopelinge

 

Dopelinge

 

diens

 

Stranddiens ?

clube naval

Net verby Clube Naval vaar die skip nou die hawe binne

 

visvang

 

Die son is op, en ons hengel aan.

10 antwoorde op Nascer do sol Maputo

  1. loudavisi het gesê op April 28, 2011

    Goed om nuus van Blommekind te hoor.
    jy moet diplomaties werk met die flentergatte daar…so bietjie aansit en gatkruip help om gouer weg te kom..
    ; )

  2. Krokodilla het gesê op April 28, 2011

    Ek stem saam: sy moer, hy kry nie geld vir niks nie.

    Die res van die trip klink of dit grooot fun was.

  3. Ja, par for the course in Afrika…afrip.

  4. Vetjan het gesê op April 29, 2011

    Meer koud as cool sou ek dink. Tweedens , toffies wil gelek word.

  5. Vetjan het gesê op April 29, 2011

    Hi Lou, gatkruip nee, sin vir humor ja, maar 5 uur die oggend is my sin vir humor soms nog aan die slaap. 🙂

  6. Vetjan het gesê op April 29, 2011

    🙂

  7. Vetjan het gesê op April 29, 2011

    trip was okay, ek soek tans krokodille in die Okavango delta… sonder jokes !

  8. Vetjan het gesê op April 29, 2011

    kansvatters is wat hulle is !

  9. Vetjan het gesê op April 30, 2011

    🙂

Los ’n antwoord vir Vetjan. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.