Hoe ry die trein.

April 6, 2011 in Sonder kategorie

So beland ek toe by die lughawe, en besluit om gou trein te ry. Die Gautrein, en mens ry hom gou baie gou. Mens vee jou oë uit, en kyk weer, jy is al klaar in Sandton.

Die Gautengers is seker al gewoond aan hulle nuwe trein, maar die plaasjapies doer vanuit die Strandveld is nie so gewoond aan hoëspoed treine nie.

Wel, ek was by Jan Smuts lughawe, deesdae meer bekend as ORTIA.

Soos heeltyd deesdae is the vliegtuite bietjie vol, en die kaartjies peperduur, maar ‘n soektog op die internet verskaf toe ‘n oplossing. Die laataand vlug vanuit Lanseria lughawe.

Van laasjaar af , as ek so by die nuwe Gautrein spoorlyn verby ry, wonder ek hoe die Gautrein sal wees, en uit nuuskierigheid besluit ek toe om die Gautrein te ry as deel van die trip Lanseria toe.

Die kaartjie Sandton toe het R 110 gekos, en die rit was seker omtrent ‘n kwartier of so iets. Vinnig!

Dit was al na 8 die aand toe ek bo op Sandton se strate uitkom, en net wou begin woder hoe om nou verder te reis Lanseria toe. Gelukkig staan daar toe twee taxi manne reg voor my, en hulle wys my die tariewe.

“Ongehoord en belaglik duur !!!”

“Okay, hoeveel is jy beried om te betaal?”

“Nie ‘n sent meer as R 200 nie”

Uiteindelik skik ons op R 250, maar toe ons by Lanseria aankom besef ek hoe fokken ver dit eintlik was, en ek gee die taximan R 300. Hy was ‘n vriendelike ou, die tip was vir die geselskap. Hy het ‘n dogter en ‘n seun op Universiteit, en het uit Soweto uit Roodepoort toe getrek, om sy jongste kind in die suburbs te laat groot word, hy voel die township jeug het bietjie van ‘n slegte invloed op die kinders.

Die dogter is by UWK en die seun by Wits. Ons praat oor hoe baie dit kos om die kinders te laat swot. Ensovoorts.

Die kamera eksperiment gaan aan. Hier is die Gautrein fotos.

ingang

Die ingang van die stasie by die lughawe. Baie modern en alles.

 

gautrein

 

 

Daar is die Gautrein, sommer twee van hulle.

 

 

 

binnekant

Binne in die trein, kyk die ou waai sommer vir my.

 

NS: My voornemens is om nooit ooit weer enige tegniese inligting oor fotos te gee nie want dit is ‘n draadtrekkery wat afbreuk doen aan die werklike saak, naamlik die foto self.

8 antwoorde op Hoe ry die trein.

  1. Modigliani het gesê op April 6, 2011

    Die Gautrein is belaglik duur as jy lughawe toe of van die lughawe kom. By die volgende stasie (Rhodesfield) klim jy op en jou kaartjie kos R21 tot in Sandton.
    Maar ja, dit is super cool.
    Toe ons laasjaar Ierland toe is moes ons Visums kry vir Engeland en hulle Visa application centre is in Sandton City, die hele trippie, van op die trein klim, koffie drink (ek was heeltemal te vroeg vir my afspraak), visa afspraak, terugklim op die trein was minder as 3 ure.
    Toe ek die visa gaan haal besluit ek om sommer gou daar verby te ry. Van Snelweg tot in Sandton, visa optel (5 minute) en tot by die huis was amper 4 ure.
    Ek sal NOOIT weer Sandton toe met my kar nie!

    Hopelik eendag sal ons publieke vervoer se infrastruktuur verbeter sodat mens nie R300 moet betaal om by jou eindbestemming te kom nie. Kan jy dink hoe iemand wat R2000 ‘n maand verdien dit moet bekostig?

    Skuus. Ek babbel nou hier op jou blog.
    Cool fotos 🙂

  2. Maankind2 het gesê op April 6, 2011

    As ek daar kom, gaan ek ook ry. Sommer net heen en weer iewers heen. As ons oorsee is, dan ry ek moltreine en treine asof dit ‘n treat is en nie ‘n vervoermiddel nie.

  3. Vetjan het gesê op April 7, 2011

    Ek het eendag op ‘n moltrein stelsel verdwaal, dit het nie gehelp dat dit die wêreld se grootste moltrein netwerk was, en alles in sirilliese skrif was nie.. gelukkig het hulle by al die stasies bier verkoop so ten minste het ek nooit dors geword nie.

  4. Vetjan het gesê op April 7, 2011

    dankie Jeanne 🙂

  5. Trakie het gesê op April 7, 2011

    Kan nou nie meer wag vir die trein hier in Pretoria nie.

  6. Vetjan het gesê op April 7, 2011

    ek sien hy gaan oor ‘n maand of twee begin ry.

  7. Krokodilla het gesê op April 28, 2011

    og, dit lyk soooo lekker.

  8. Vetjan het gesê op April 29, 2011

    en vinnig verby 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.